SKUITE NUUSBLAD   
       
      

                                          

             DIE EERSTE FOTO VIR 2026!
                
Afgeneem hieronder op 1 Januarie 2026 skop
Trawler Heritage die 2026 visvang-seisoen af met "Berggans" op
die Gansbaai skeepshelling.

              

            
DIE LAASTE FOTO VIR 2025!
                
Afgeneem hieronder op 31 Desember 2025 in die Gansbaai ouhawe soos gesien vanaf die "Berggans" wat op die slip is, staan 43 pencil ducks nadat die bote padlangs vanaf Struisbaai vervoer moes word weens digte mis langs die kus tydens die Trans Agulhas wedvaart se laaste skof na die Strand.

 

         "WAFRA" TERUG IN DIE WATER
                
Afgeneem hieronder op 29 Desember 2025 in die Gansbaai ouhawe blink "Wafra" weer met 'n skoongeverfde romp nadat sy die slip verlaat het.

   

Afgeneem hieronder op 29 Desember 2025 op die Gansbaai skeepshelling word instandhoudingswerk nog verrig aan "Berggans" voordat die skuit vroeg in die nuwejaar weer terug sou gaan see toe.

   

   
N.S.R.I. SLEEP VIR
"SUD WEST" HUIS TOE
                
Afgeneem hieronder op 28 Desember 2025 is die hulp van die N.S.R.I. ontbied met die insleep van die kreefskuit "Sud West" vanaf Dasseneiland na Saldanhabaai weens 'n meganiese probleem  aanboord.

            
  

      
DIE LAASTE RUSPLEK VIR "EILAND URK II"
                
Afgeneem hieronder op 24 Desember 2025 in Swakopmund is die laaste rusplek vir die gewese skuit "Eiland Urk II" van Walvisbaai. Kom laat Trawler Heritage nou eerlik wees met die crew, maar dis tonele soos hierdie wat my laat gril en rillings in my rug afstuur om skuite in hierdie kondisie te sien - dan moet hulle maar eerder alles opbreek en gaan dump waar ek dit nie kan sien nie...en ek is doodseker oom Jan Bulletjies sou met my saam gestem het.
      
 

                  

              "BERGGANS" EN "WAFRA" HOU
                     KERSFEES OP DIE SLIP
                
Afgeneem hieronder op 22 Desember 2025 op die Gansbaai skeepshelling gaan beide "Wafra" (links) en "Berggans" (regs) oor die Kersfeesperiode op die slip bly staan terwyl hul voorberei word vir die 2026 pelagiese seisoen.

              

     "BERGGANS" EN "WAFRA" OP DIE SLIP
                
Afgeneem hieronder op 18 Desember 2025 op die Gansbaai skeepshelling word beide "Berggans" (links) en "Wafra" (regs) voorberei vir die 2026 pelagiese seisoen.

              

Afgeneem hieronder op 18 Desember 2025 in die Gansbaai nuwehawe loer "Stormgans" verby "Vleigans" se boeg terwyl sy pronk by die ander "ganse" in haar nuwe blou-en-wit kleurskema.

                     

              "BOETIE BERT"
KOM RUS IN
               SANDY POINT VIR KERSFEES

Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 arriveer die stokvistreiler "Boetie Bert" langs die Regeringskaai in Sandy Point hawe, waar die skuit gaan rus oor die kerstyd.

         SUID-ORANJE VLOOT LANGS DIE KAAI

Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 was slegs "Viva" en "Duinekus" afwesig langs die kaai by Suid-Oranje, vanwaar hulle hulself in Port Elizabeth en Saldanhabaai bevind het op daardie stadium. Hieronder van links na regs lê "Ruwekus", "Lisa Ann", "Sechaba" en "Odyssey".


 

  


                                                     
"LISA ANN"
  


                                                       
"ODYSSEY"
  


                                                      
"SECHABA"
 


   
 PELAGIESE VLOOT RUS IN SANDY POINT

Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 ondergaan die hele pelagiese vloot instandhoudingswerk in Sandy Point hawe ter voorbereiding van die nuwe seisoen.





Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 in Sandy Point hawe lê die Visko pelagiese vloot waaronder "Umfana", "Oom Arthur" en "Antonie W II". Heel links teen die kaai lê die snoekskuit "Debnal".



Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 in Sandy Point hawe van links na regs lê "Terrasan 1", "Annabelle Rose" en "Atlantic Rose".



Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 in Sandy Point hawe van links na regs lê "Silver Dolphin", "Silver Challenger" en "Sette Mari".



                        "SILVER CHALLENGER" (links);
                            "SILVER DOLPHIN
" (regs)



Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 langs die  Sandy Point Canning jetty van buite na binne lê "Star Crest", "Hesko" en "Alert III".



                                                           "STAR CREST"

                                                               
                                         "SILVER KATONKEL"

 

                      "SOUTH WEST FALCON" (links);
                                 "EBB TIDE
" (regs)



Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 op die  Sandy Point skeepshelling word die sardynskuit "Gondo" afkomstig van Mosselbaai voorberei vir die nuwe pelagiese seisoen.

 

Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 op die  Sandy Point skeepshelling staan die tunapaalskuit "Biskop I" nog net so roerloos, al sedertdien Junie-maand. Hoop nie hulle het van haar vergeet nie...

 

                     "ORION" OP DIE SLIP
               BY KEY WAY SHIPWRIGHT

Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 by die slip by Key Way Shipwrights op Laaiplek ondergaan "Orion" algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf ter voorbereiding van die 2026 pelagiese seisoen.


  

                  SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 op Laaiplek is 'n seleksie van pelagiese skuite wat rus na 'n moeisame 2025 pelagiese seisoen, terwyl ander weer voorberei word vir die 2026 pelagiese seisoen, en sommiges selfs opgebreek word... Skuite teenwoordig sluit in "Gregory Justin", "Eigeveld", "Doloreze", "Orion", "Samrock", "Stormkop" en "Char-Neil" om net 'n paar name te noem.

                                               
"EIGEVELD"

    

       "KAVALIER" (agter); "CHAR-NEIL" (voor)
   
 
Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 op Laaiplek blink "Noordeveld" weer in 'n skoon laag verf nadat die skuit onlangs vanaf Saldanhabaai terug gekeer het, vanwaar die skuit onderhoudswerk ondergaan het.
                                               
  
 
                                                    "RESTLESS WAVE"
  

Afgeneem hieronder op 17 Desember 2025 op Laaiplek neem ons stadigaan afskeid van nog drie geliefde skuite "Nossob", "Doloreze" en "Stormkop" wat in die komende maande gesloop gaan word.

                                                                "NOSSOB"
 

                                                              "DOLOREZE"
   

                                                            "STORMKOP"
   
 
                                                             "SAMROCK"
 

         
DIE LAASTE SIEN VAN "STORMGANS"
                     SE BLOU KLEURKEMA

Afgeneem hieronder op 11 Desember 2025 op die Gansbaai skeepshelling word beide "Kolgans" (links) en "Stormgans" (regs) voorberei vir die 2026 pelagiese seisoen. Hierdie was dan ook die laaste sien gewees van "Stormgans" se huidige kleurskema, waarna sy met anderse vere weer van die slip sal afgaan...

   

      
DIE "GANSE" STAAN DIE SLIP VOL

Afgeneem hieronder op 5 Desember 2025 op die Gansbaai skeepshelling word beide "Kolgans" (voor) en "Vleigans" (agter) gereed gemaak vir die 2026 pelagiese seisoen.

          

       DIE ONDERBAAIERS VANG SARDYN

Afgeneem hieronder op 24 November 2025 maak die sardynskuit "Umfana" maneuvres in die Gansbaai nuwehawe met 'n vrag sardyne in die hold.

   

Afgeneem hieronder op 24 November 2025 so net na sonsak loop "Sechaba" vanuit die Gansbaai nuwehawe, hoopvol vir nog 'n vrag vis, nadat die skuit vroeër gedurende die dag 'n vrag afgelaai het by Gansbaai Marine.

             

     SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 22 November 2025 was drie pelagiese skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling. Van voor na agter staan "Silver Bounty", "Boetie Akie" en "Duinekus".

  

   "BORDERER" MAAK NOG 'n SKEP DROOG

Afgeneem hieronder op 21 November 2025 in die suid-weste buitekant Danger Point is "Borderer" besig om nog 'n skep sardyn droog te trek, terwyl die skuit se gooiligte helder brand - die teken van volmaaktheid vir die pelagiese vissermanne.

   

             "VICTORY" KOM HUIS TOE

Afgeneem hieronder op 20 Oktober 2025 in Walvisbaai is die stokvistreiler "Victory" onderweg vanaf die treilgronde na die fabriek van Seawork. 
   
 

Afgeneem hieronder op 20 Oktober 2025 in Walvisbaai is nog 'n voormalige Suid-Afrikaanse skuit "Comet" wat in Namibië 'n nuwe tuiste gevind het in die stokvislanglyn sektor.

          

           "BORDERER" IN DIE SARDYNE

Afgeneem hieronder op 20 November 2025 in die suid-weste oorkant Hawston pomp "Borderer" nog 'n  "tally" sardyne.

           

                HOLD TOE, EN DAN BLIK TOE!
           

                  SKUITE IN WALVISBAAI

Afgeneem hieronder op 19 November 2025 volg 'n seleksie van skuite in Walvisbaai waaronder "Ocean Wave", "Tangeni Bay", "Astronaut", "South West Tern", "Monte San Roque", "Brothers", "Boy Russel" en "Dyrnesvag" om net 'n paar name te noem.

                                             
"OCEAN WAVE"
  
 

  
             
"JOAO N CASTRO" (links);
               "SOUTH WEST TERN
" (regs)

  

                                              
 "BOY RUSSEL"
 

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Iona", "Brothers" en "Voorwaarts".

  

 
   
"SIMONSBERG" (buite); "ASTRONAUT" (binne)
 

   

  

                                                 
"BROTHERS"
  

                                              
"DYRNESVAG"
  

                                    
"MONTE SAN ROQUE"
  

                                            
"TANGENI BAY"
   

           "BORDERER" LAAI SARDYN AF

Afgeneem hieronder op 19 November 2025 in die Gansbaai nuwehawe is "Borderer" besig om haar "tally" sardyne af te laai.

       

          
"STORMGANS" OPPAD SLIP TOE

Afgeneem hieronder op 19 November 2025 is "Stormgans" (links) oppad na die Gansbaai skeepshelling vir algemene instandhoudingswerk en 'n skoon laag verf, terwyl "Wildegans II" (regs) slegs oomblikke van tevore terug in die water geplaas was na 'n besoek aan die skeepshelling.

           

Afgeneem hieronder op 19 November 2025 wag "Rietgans II" geduldig by die nuwehawe se bek, totdat al die skuite klaar rondgeskuif het in die hawe.

           

   
UITGEDIENDE VISVANGTOERUSTING
                        VAN GISTER

Afgeneem hieronder op 18 November 2025 in die Walvisbaai waterfront area staan nog 'n gedeelte van die voormalige pelagiese skuit "Voorbok" se wielhuis, vanwaar dit nou as 'n kantoor gebruik word deur 'n plesierboot operateur.
  
   

Afgeneem hieronder op 18 November 2025 in die Walvisbaai waterfront lê en vergaan hierdie trawlbakkie, waarvan die hele romp nog uit houtplankies gebou is.

  

Afgeneem hieronder op 18 November 2025 in 'n boekwinkel op Walvisbaai, word hierdie egte oregon pine kreefbakkie nou aangewend vir 'n boekeuitstalling. Terug in tyd was meer as 600 van hierdie bakkies operasioneel aangewend in die Luderitz kreefbedryf - vandag is daar slegs enkeles nog oor wat nog behoue gebly het.

                

         
"BORDERER" OPPAD SEE TOE

Afgeneem hieronder op 18 November 2025 loop "Borderer" vanuit die Gansbaai nuwehawe oppad see toe om haar "tally" sardyne vir die nag te gaan vang. Hieronder lê "Berggans" (voor), terwyl "Vleigans" (links) en "Wildegans II" (regs) lê in die agtergrond.

         

Afgeneem hieronder op 18 November 2025 in die Gansbaai nuwehawe van links na regs lê "Wafra", "Kolgans" en "Berggans".

         

                                  
  "OCEAN BLUE"
         

Afgeneem hieronder op 18 November 2025 met die langmuur se punt heel regs, word daar koers ingeslaan in die suid-weste, opsoek na sardyne.

         

Afgeneem hieronder op 18 November 2025 met die langmuur se begin punt asook die perlemoenplaas in die middel van die foto.

         

          "BORDERER" SE NET OP DIE KAAI

Afgeneem hieronder op 17 November 2025 in die Gansbaai ouhawe lê "Borderer" se net op die kaai oopgetrek vir nodige herstelwerk en instandhoudingswerk.

           

           

             

        'n VROT NET GUARD VOL GATE

Afgeneem hieronder op 13 November 2025 op Gansbaai bekyk ons "Ocean Blue" se net guard van naderby, en gegewe al die geroeste gate kan mens sommer sien die net guard is vrot van die roes - maak nie saak hoe dik die anti-fouling geverf is nie...

        

Afgeneem hieronder en dis duidelik dat die netguard se ribs ook vervang moet word - mens kan dan sommer dwarsdeur hulle sien!

        

    "OCEAN BLUE" KRY NET IN DIE PROPELLER

Afgeneem hieronder vroegoggend op 12 November 2025 in die suid-weste buitekant Danger Point, lê "Ocean Blue" gestrand met 'n net in die propeller. Gelukkig vir hulle was "Borderer-insleepdienste" in die omgewing om hul te kon saam sleep Gansbaai toe.

         

     SKUITE IN GANSBAAI NUWEHAWE

Afgeneem hieronder op 11 November 2025 in die Gansbaai nuwehawe lê die sardynskuit "Umfana" (links) en die stokvislanglynskuit "Amoria" (regs).

              

Afgeneem hieronder op 11 November 2025 in die Gansbaai nuwehawe langs die Government jetty lê en wag "Borderer" om 'n vrag sardyn af te laai, terwyl die kreefskuit "Makarios" (regs in die foto) op haar mooring rus.

              

Afgeneem hieronder op 11 November 2025 in die Gansbaai nuwehawe lê "Rietgans II" (links) en "Ocean Blue" (regs) aan die buitekant van die kaai.

        

     "ATLANTIC ENTERPRISE"
OP DIE SLIP
               BY KEY WAY SHIPWRIGHT

Afgeneem hieronder op 11 November 2025 by die slip van Key Way Shipwrights op Laaiplek ontvang "Atlantic Enterprise" algemene herstelwerk na 'n moeilike 2025 seisoen.
 
   

Afgeneem hieronder op 11 November 2025 langs die Key Way shipwright jetty, ondergaan "Kavalier" nog nodige herstelwerk, nadat die skuit alreeds die Key Way shipwright skeepshelling besoek het, ter voorbereding vir die 2026 pelagiese seisoen.

   

                 
SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 11 November 2025 op Laaiplek is 'n seleksie van pelagiese skuite wat rus en voorberei word vir die 2026 pelagiese seisoen in die rivier. Skuite teenwoordig sluit in "Gregory Justin", "Loeriesfontein", "Doloreze", "Atlantic Leader" en "Char-Neil" om net 'n paar name te noem.

                              
"GREGORY JUSTIN"
   

                                       
"CHAR-NEIL"
   

                            
"ATLANTIC LEADER"
   

                              
"LOERIESFONTEIN"
   

                          
DIE EINDE VAN 'n ERA

Afgeneem hieronder op 11 November 2025 op Laaiplek is die hartseer gesig van drie pelagiese stryd-osse by name "Nossob", "Stormkop" en "Doloreze" wat nou die einde van hul leeftyd bereik het, en tans afgetakel word, ten einde die rompe te sloop in die komende maande.

                                           
"NOSSOB"
   

                                         
"DOLOREZE"
   

                                        
"STORMKOP"
   
    
         KREEFVLOOT IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 10 November 2025 was verskeie kreefskuite teenwoordig in Saldanhabaai waaronder "El Pescador", "Ghoerieman","Derek 1", "Zita 1", "Jenny Anne" en "Mbambatha".

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Tickey", "Ghoerieman" en "El Pescador".

  

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Derek 1", "Jenny Anne", "Mbambatha" en "Zita 1".

  

                                              
"TICKEY"
  

                                        
"PAKAMANI"
  

                           
"HARVEST KIRSTINA"
  

                   "ALERT III" OP DIE SLIP 

Afgeneem hieronder op 10 November 2025 staan "Alert III" op die Saldanhabaai skeepshelling, nadat "Lisa Ann" vroeër gedurende die dag die skeepshelling verlaat het.

  

                 
"LISA ANN" BLINK WEER 

Afgeneem hieronder op 10 November 2025 langs die Slipkaai in Saldanhabaai vertoon "Lisa Ann" spoggerig haar skoongeverfde romp, kort nadat die skuit die skeepshelling verlaat het. Bekyk ons die skuit se naamgeskrifte van naderby, sal mens oplet dat al die letters korrek geskilder is - dis nie sommer net onderstebo en agterstevoor om soos in die verlede nie. Daar moes sekerlik iemand toesig gehou met 'n lat in die hand, so nie sou die skuitverwers dit nie uit hul eie kon vermag het om enige foute te kon maak nie...

   
Dis ook maar net een gooi, dan is daai romp maar weer vuil, maar dis nie 'n passasierskip nie, dis 'n formidabele visvangmasjien hierdie!

Afgeneem hieronder op 9 November 2025 word "Alert III" se stuur weer terug in posisie ge-rig.

 

                                                  
"ALERT III"
 

Afgeneem hieronder op 9 November 2025 is "Lisa Ann" skoon geverf en gereed om terug water toe te gaan, vanwaar die skuit geskeduleer was om op 10 November die skeepshelling te verlaat het.

 
     

      
       KELPVLOOT IN DIE OUHAWE

Afgeneem hieronder op 6 November 2025 in die Gansbaai ouhawe lê drie semi-rigiede rubberbote volgelaai met bamboeste wat geoes is vir gebruik op die plaaslike perlemoenplase asook vir die vervaardiging van organiese bemestingstowwe. In die agtergrond teen die kaai lê "Wildegans II" en wag haar beurt af om die skeepshelling te besoek met 'n problematiese transducer.

             

          "BORDERER"
WORD TOE GEPLAK

Afgeneem hieronder op 3 November 2025 op die Gansbaai skeepshelling word voorbereidingswerk gedoen alvorens "Borderer" se romp 'n skoon laag spuitverf sou ontvang.
  
             
Soos wat die manne deur "masking tape" gaan, sal mens kon dink dat oom Piet Bokkie 'n uitverkoping gehad het...maar daai dae is ook al lankal iets van die verlede.

             

     
 GANSBAAI OUHAWE IN DIE SPRING

Afgeneem hieronder op 3 November 2025 tydens die gepaardgaande springgety beloer ons Gansbaai ouhawe van alle kante af, vanwaar daar maar "min" water in die hawe is, soos gesien vanaf "Borderer" wat bo-op die skeepshelling staan.

         

             

             

Afgeneem hieronder op 3 November 2025 is "Borderer" se propeller weer blink gepolitoer en terug op sy plek.

                 

             
    SUID-WESTE WEER

Afgeneem hieronder op 1 November 2025 op Franskraal is dit allermins nie 'n see-aand vanaand nie, met 'n fris suid-weste bries wat waai terwyl die houerskepe op die horison alreeds koers hou vir hul volgende draai koordinate buitekant Agulhas. 

  

               "BORDERER"
OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 31 Oktober 2025 op die Gansbaai skeepshelling word "Borderer" se romp skoon gespuit ter voorbereiding vir 'n skoon laag verf.

              

                                      "BORDERER"   
            

                 "BERGGANS" LANGS
            DIE GOVERNMENT JETTY

Afgeneem hieronder op 29 Oktober 2025 is die heelongewone gesig om "Berggans" te sien lê langs die Government jetty in die Gansbaai nuwehawe vir 'n geskeduleerde stabiliteitstoets.

                   

          "BORDERER"
EN "OCEAN BLUE"
                  OP SARDYN VANAAND

Afgeneem hieronder op 28 Oktober 2025 fynkam "Borderer" met "Ocean Blue" op stuurboord, die water aan die suid-weste kant van Danger Point na enige tekens van sardyn.

                

    
  GALLEY BOY OP SY STUKKE VANAAND!

Afgeneem hieronder op 28 Oktober 2025 word 'n vroeë aandete bedien by Ocean Basket, ekskuus in "Borderer" se wielhuis...waar gebakte vis & chips op die spyskaart is.


               

          "AMORIA" RUS IN DIE NUWEHAWE

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2025 in die Gansbaai nuwehawe vertoef die stokvislanglynskuit "Amoria" voordat haar volgende trip sou aandurf.
   
                    

            "BERGGANS"
MAAK GEREED
               VIR STABILITEITSTOETSE

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2025 in die Gansbaai nuwehawe staan die netlorrie met "Berggans" se kleinmasnet wat op die kaai afgetrek is ter voorbereiding van 'n stabiliteitstoets.

                    

Afgeneem hieronder is die staalgewigte wat tydens die stabiliteitstoets gebruik gaan word ook alreeds op die kaai afgelewer.

                    

                    

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2025 in die Gansbaai nuwehawe lê "Kolgans" (links) met "Wildegans II" aan haar binnekant.           

                    

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2025 in die Gansbaai nuwehawe lê "Borderer" en "Ocean Blue" langs die Government jetty, terwyl "Makarios" rus op haar mooring.

                    

Kyk net na hierdie topklas sardyne wat die baai vanaand opdis - dis reguit blik toe met julle!

                
           
 Wil darem graag 'n Geelbek sien wat
      sy neus gaan optrek vir so 'n geelkop sardyn...


                 
HOLD TOE MET JULLE!

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2025 en die sardyne stroom deur die "chute" tot binne-in "Borderer" se hold wat diep in die suid-weste regoor Kleinmond gevang is.

                

      "BORDERER" SE SNOR BESMEER
                          VAN VISVET


Afgeneem hieronder op 23 Oktober 2025 in
Gansbaai is die tekens van laasnag se goeie sardynvangste duidelik sigbaar op "Borderer" se snorbaard wat besmeer is van visvet.

              

Afgeneem hieronder op 23 Oktober 2025 in die 
Gansbaai nuwehawe rus die kreefskuit "Makarios" op haar mooring.


              

       SARDYNSKUITE MAAK REG OM
                  SEE TOE TE GAAN

Afgeneem hieronder op 22 Oktober 2025 op Gansbaai maak die sardynskuite "Borderer" en "Ocean Blue" gereed om elk hul "tally" sardyne vir die nag te gaan vang.

                               "BORDERER"
             
 

Afgeneem hieronder lê "Ocean Blue" langs die sardynkaai by Gansbaai Marine in die ouhawe, terwyl die kaai skoon gespuit word.

               

'n Mooier dag as dit kry mens nie sommer langs hierdie deel van die kuslyn nie. Afgeneem hieronder is die visverwerkingsaanleg van Dyer Eiland Visserye in die Gansbaai ouhawe.


               

     SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 12 Oktober 2025 was twee pelagiese skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling naamlik "Noordeveld" en "South West Falcon".

                                                "NOORDEVELD"
 

                              
"SOUTH WEST FALCON"
  

   
SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 11 Oktober 2025 was slegs twee pelagiese skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling naamlik "Noordeveld" en "South West Falcon", asook die akwakultuurskuit "Jesea".


  


                                  
 
"NOORDEVELD" 
   

                      
 
"SOUTH WEST FALCON" 
   

               DIE GANSE RUS IN DIE BAAI

Afgeneem hieronder op 8 Oktober 2025 op Gansbaai duur die treurmare van 'n uiterse swak pelagiese seisoen voort wat industriële vis aanbetref, terwyl diegene wat 'n paar ton sardyn het om te vang 'n bietjie beter daaraan toe is.

  

       SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 5 Oktober 2025 was vier skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling, naamlik die stokvistreiler "Vuna Elita", die kreefskuit "Ghoerieman" en twee pelagiese staalskuite naamlik "Adenia" en "Noordeveld"

 
 

                                                   "VUNA ELITA"
 
 
                                               
"NOORDEVELD"
  

       SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 28 September 2025 was twee stokvistreilers te siene langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai naamlik "Harvest Gavina" en "Harvest Selina".
                     

                            
 "HARVEST SELINA"
  
   

                              
"HARVEST GAVINA"
   

             SKUITE LANGS DIE SLIPKAAI

Afgeneem hieronder op 28 September 2025 was die akwakultuurskuit "Albatros" sowel as die tunapaal skuit "Jacqueline" te siene gewees langs die slipkaai in Saldanha.


                                       
"ALBATROS"
   

                                     
"JACQUELINE"
   

      
STOKVISLANGLYNSKUITE LANGS
                 DIE PRESIDENTSKAAI


Afgeneem hieronder op 28 September 2025 het vier stokvislanglynskuite langs die Presidentskaai gelaai by name "Emerald", "Pakamani", "Kianga" en "Karin 1".


                                         
"EMERALD"
  

                                            
"KIANGA"
  

                                             
"KARIN 1"
  

                                        
"PAKAMANI"
  

   PELAGIESE
SKUITE IN SALDANHABAAI

Afgeneem hieronder op 28 September 2025 was drie pelagiese skuite teenwoordig langs die Presidentskaai by name "Scomber", "Boetie Akie" en "Atlantic Endeavour", terwyl "Adenia" en "Noordeveld" te siene was op die skeepshelling.


                                        
"SCOMBER"
  

     
"BOETIE AKIE" (binne); "ATLANTIC
                 ENDEAVOUR"
(buite)  
 
  

  

  
SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 28 September 2025 was vier skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling, naamlik die stokvistreiler "Vuna Elita", die kreefskuit "Ghoerieman" en twee pelagiese staalskuite naamlik "Adenia" en "Noordeveld"


  

  

                                       
"VUNA ELITA"
  

                                   
"NOORDEVELD"
  

                                  
"GHOERIEMAN"
  

                 KREEF
SKUITE LANGS
                 DIE PRESIDENTSKAAI


Afgeneem hieronder op 28 September 2025 is 'n seleksie van kreefskuite langs die Presidentskaai waaronder "Mbambatha", "Derek 1", "Jenny Anne", "El Pescador" en "Zita 1".


  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Mbambatha", "Jenny Anne", "Derek 1" en "South West Sea Hawk".

  

                                                
"ZITA 1"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Zita 1", "El Pescador" en "Tickey".

  

     SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 15 September 2025 was vier skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling, naamlik die stokvistreiler "Vuna Elita", die kreefskuit "Ghoerieman" en twee pelagiese staalskuite naamlik "Adenia" en "Noordeveld"

 

   
                                           
"NOORDEVELD"
   

     
        HESPER ENGINEERING
OPPAD
                         DROOGDOK TOE

Afgeneem hieronder op 15 September 2025 in Paardeneiland is Hesper Engineering oppad om 'n versiende veranderlike-steek propeller te gaan aflewer vir 'n Koreanse sleeptreiler in die Robinson droogdok.


   

     GANSBAAI KREEFSKUITE OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 13 September 2025 op die Gansbaai skeepshelling staan die kreefskuite "Makarios" en "Emily-Marie" vir romp skoonmaak en algemene instandhoudingswerk.

                                  "MAKARIOS"
         

    NUWE KLEURSKEMA VIR "EMILY-MARIE"

Afgeneem hieronder op 13 September 2025 op die Gansbaai skeepshelling vertoon "Emily-Marie" 'n nuwe blou kleurskema wat op die oog af veel donkerder vertoon as voorheen.

                     "NUWE" KLEURSKEMA
         

                                "EMILY-MARIE"
         

                               "OU" KLEURSKEMA
  

                      GOOD-LUCK "BOYA"!

Nou ja mense, as Trawler Heritage nie in P.E. kan uitkom nie, dan kom P.E. na Trawler Heritage toe! Afgeneem hieronder op 10 September 2025 langs Jetty No.2 in die Kaapse dokke is nog 'n nuwe toevoeging tot die Suid-Afrikaanse treilbedryf genaamd "Boya" wat werksaam sal wees vanuit Port Elizabeth hawe. Die 108-voet "Boya", ook voorheen bekend as "Poble De Campello", is aangekoop vanaf Embwindo Fishing in Walvisbaai, vanwaar dit ook voorheen deel gevorm het van Tunacor se treilvloot. Die "Boya" was ter water gelaat gedurende 1989 in Spanje.

  


    
SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Adelette", "Nicolette", "Sea Pride II", "Ku-Ula", "Kentucky", "Estrela Do Mar", "Abe Shapiro", "Ku-Ula" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.


        

  

                                               "MPHO"
  

                                          "ADELETTE"
  

                              "ESTRELA DO MAR"
  

 
"KENTUCKY" (binne); "ABE SHAPIRO" (buite)     
  

    "KARIBA"
(binne); "NICOLETTE" (buite)
  

                                       "SEA PRIDE II"
  

   "SOUTHERN CROSS"
OP SYNCROLIFT

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 op die synchroniseerhyser staan die tunapaalskuit "Southern Cross" vir 'n vars laag anti-fouling verf en algemene instandhoudingswerk.
  

   


       
CONCENTRA OOSKAAI BLINK!

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 is die Concentra ooskaai weer silwer skoon en vry van enige rommel en houtsplinters nadat beide die rompe van "Luderitz Star" en "Fiskorn" vanuit die hawegebied verwyder was. Soos dinge tans daarna uitsien sal hierso waarskynlik nooit weer houtskuite te siene wees nie. Hoe lank nog die "Wilmag", die laaste oorblywende vistreiler wat nog gebruik maak van Concentra Ooskaai hierso gaan kan uithou tussen al die seiljagbedrywighede, sal net tyd leer...

   


Afgeneem hieronder moes Trawler Heritage eers die omgewing beveilig teen alle vorme van "maritieme pornografie" - daai goedters met die lang maste wat het niks uit te waai met Tietiesbaai-sake nie, net om te wys waar "Wilmag" nou eensaam die laaste oorblywende houtskuit is wat heel links in die foto teen die Concentra ooskaai lê. 

  

   
NUWE AGTERSTEWE KLEURSKEMA VIR
          "SOUTH WEST LAPWING"


Afgeneem hieronder op 10 September 2025 langs die Vismark kaai in die Kaapse dokke is die stokvislanglynskuit "South West Lapwing" te siene met 'n nuwe anti-fouling kleurskema op haar agterstewes, wat toe gevoeg was onlangs tydens 'n besoek aan die Sandy Point skeepshelling.


                     
  
"NUWE" KLEURSKEMA
  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder is hoe "South West Lapwing" se agterstewe-kleurskema voorheen daarna uitgesien het.

                            
"OU" KLEURSKEMA
  

              "SOUTH WEST LAPWING"
 
   GOOI HAAR SPEELGOED OP DIE KAAI

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 lê feitlik al "South West Lapwing" se "top lines" op die Vismark kaai in die Kaapse dokke, vanwaar die bemanning besig was om voorberedingswerk te doen vir 'n opkomende stokvis trip.

  

         
GEE MY 'n DEFICIENCY, DEFICIENCY EN
                      NOG 'n DEFICIENCY!

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 langs die Vismark kaai in die Kaapse dokke is daar 'n surveyor te bespeur onder "Valhalla" se shelter deck. Geen verdere kommentaar is nodig nie - julle ken immers die "drill"...
    
  


                                       
"VALHALLA"
  

       "LEONTINA MARIA"
GAAN LAAI AAS

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 is die "Leontina Maria" onderweg na die Vismark kaai vanaf haar lêplek langs die Ooskaai om aas te gaan laai vir 'n opkomende stokvis trip.

  


  

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 langs die Vismark kaai in die Kaapse dokke is "Leontina Maria" se bemanning besig om boksies ingevoerde "pike" aanboord te laai vir 'n opkomende stokvis trip.
  
  

    
NUWE NAAMBORD VIR "NICOLETTE"

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 langs
die Collier jetty is 'n nuwe naambord te siene op "Nicolette" se agterstewe, vanwaar daar voorheen slegs "Cape Town" aangetoon was, word die skuit se naam sowel as "Cape Town" nou op die nuwe naambord vertoon.

                             "NUWE" NAAMBORD 
  

                                "OU" NAAMBORD
  

          SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Amalia", "Southern Cross", "Allison", "Blue Dolphin", "Sailfish", "Windhoek", "Poseidon" en "South West Petrel" om net 'n paar name te noem.                         

  

                                "SANTA MONICA"
  

                                      "POSEIDON"
  

                                         "ALLISON"
  

                                         "SAILFISH"
  

                                         "ARMANDO"
  

                        "SOUTH WEST PETREL"
  

     STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 10 September 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers teenwoordig waaronder "Beatrice Marine", "Laverne", "Okombahe", "Lisinda" en "Andromeda" om net 'n paar name te noem.

                                           
"LISINDA"
  

                            
"BEATRICE MARINE"
  

                                      
"OKOMBAHE"
  

                                    
"ANDROMEDA"
  

                                         
"LUCERNE"
  

                           
"HARVEST CAMISSA"
  

                                            
"SISTRO"
  

                                              
"ALLIN"
  
Die skuit was dan net die ander dag nog op die synchroniseerhyser vir 'n skoon laag verf en kyk net hoe loop die roes-trane alweer van die dek af...watse verf het julle gebruik - waterverf?

      "WILMAG"
SE DEK WORD GESEëL

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 langs Concentra Ooskaai word "Wilmag" se deknate verseël met poly putty.

  

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 in die Kaapse dokke en om verskeie redes sal Trawler Heritage nie die skuit se naam noem nie, maar hierdie poly putty is gereed vir applikasie nie op 'n houtskuit nie, en ook glad nie vir 'n glasveselskuit nie, maar wel 'n staalskuit wat lek...o'dammit tog, hierdie poly putty is "evil" wanneer dit in die verkeerde hande beland...

  

                  
 LIG LOOP "AQUILLA"!

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 in die Kaapse dokke en "Aquilla" se visbakke loop rond in die hawegebied, dit nadat "Aquilla" slegs 'n week van tevore die Synchroniseerhyser besoek het.

  

Na aanleiding van 'n reddingspoging onlangs waar duikers ter see treilnette uit "Aquilla" se propeller moes sny, wil dit voorkom asof die stokvismanne alreeds planne beraam om hul volgende "trap" vir "Aquilla" te stel, met 'n baal grootmastreilnet wat deur 'n vurkhyser op die Collier jetty verskuif word na die visnet herwinningseenheid...

  

         "UMLUNGISI"
LAAI VISMEEL AF

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke word nog 'n vrag wit-vismeel gelig vanuit die stokvistreiler "Umlungisi" se ruime.

          

    
           SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Southern Cross", "Amalia", "Southern Cross", "Allison", "Blue Dolphin", "Sailfish", "Windhoek", "Poseidon", "Cape Challenger" en "South West Petrel" om net 'n paar name te noem.     

  

             "SANTA MONICA"
(links);
          "SOUTHERN CROSS"
(regs)
  

                           
 "SOUTHERN CROSS"
  

                                         
 "ALLISON"
  

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 van links na regs lê "Amalia", "Abraham T" en "Poseidon".
   
  

                                     
 "ABRAHAM T"
  

                         
 "CAPE CHALLENGER"
  

                                       
 "POSEIDON"
  

                                      
 "ARMANDO"
  

                                 
 "BLUE DOLPHIN"
  

                                          
 "TOMREN"
  

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 van links na regs lê "Oceana Topaz", "Windhoek" en "Sailfish".

  

  

                                 "CONQUISTADOR"

  

  
NUWE KLEURSKEMA VIR "WERKENDAM"

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 het daar nog nie veel vordering plaas gevind sedertdien daar gedurende Augustus-maand waargeneem is dat "Werkendam" moontlik 'n nuwe anti-fouling kleurskema oor haar agterstewes gaan kry nie.
                                      
  
Intussen sit en wag ons geduldig om te sien wat gaan gebeur want hierso langs die Ooskaai gebeur daar in elkgeval nooit iets wat vinniger as 8.3 knope loop nie...

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 langs die Ooskaai sit 'n skuitverwer op sy vlot terwyl hy besig is om "Werkendam" se rubbing bands te verf. So op die oog af is dit nie net sy top-bootse wat vol rooi verf is nie, die visbak sowel as sy vingers is ook besmeer met rooi verf - morsig!

  

                                              "WILMAG"

  

           
NUWE SAT-NAV VIR "ALLISON"

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 langs die Ooskaai in die Kaapse dokke toon die rooi sirkel 'n nuwe Furuno Sat-nav antenna aan op die "Allison" se wielhuisdak.

  

              
  DIE EINDE VAN "FISKORN"

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 op die Concentra Ooskaai is dit wat nog behou gebly het van "Fiskorn" met die skuit-brekers en hul kettingsae wat die skuit feitlik onherkenbaar vervorm het namate die romp se struktuur ineengestort het. Die skuit se boeg is heel regs te siene, met die stuurboordboeg-area wat op die kaai rus, terwyl die bakboordboeg-area alreeds gesak het, nadat die dekbalke verwyder was.

  

  

  

  

    
SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Adelette", "Nicolette", "Sea Pride II", "Ku-Ula", "Kentucky", "South West Lapwing", "Valhalla", "Mpho" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.

  

                                
"VALHALLA"
         

                    
"SOUTH WEST LAPWING"
  

                                               
"MPHO"
  

                                         
"ADELETTE"
  

                             
"ESTRELA DO MAR"
  

                                                  
"TINA"
  

                                      
"SEA PRIDE II"
  

    HERSTELWERK AAN "SOUTH WEST
           LAPWING"
SE WHALE BACK

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 langs die Collier Jetty werk 'n skeepstimmerman dat die stof staan, namate herstelwerk verrig word aan "South West Lapwing" se whale back op die bakboord sy.

  

   
STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers teenwoordig waaronder "Umlungisi", "Foxglove", "Harvest Veronica", "Lisinda" en "Lee Anne" om net 'n paar name te noem.

                                         
"FOXGLOVE"
  

                                           
"LISINDA"
  

                          "HARVEST VERONICA"
  

                                           "LEE ANNE"
  

                                        "KEY LARGO"
  

                                           "LUCERNE"
  

                                          "UMLUNGISI"
  

                                               "FEROX"
  

                             "ISABELLA MARINE"
  

Afgeneem hieronder op 2 September 2025 langs South Arm van links na regs lê "Lisinda", "Casblanca" en "Isabella Marine".

  

                         "I DO" OPPAD SEE TOE

Afgeneem hieronder op 31 Augustus 2025 loop die stokvislanglynskuit "I Do" vanuit Saldanhabaai na die stokvisgronde wes van Hondeklipbaai, waarna die vangs weer in Gansbaai afgelaai sou word.

    

        "SHELLFISH"
TERUG IN SUID-AFRIKA

Afgeneem hieronder op 31 Augustus 2025 op Yachtport terrein in Saldanhabaai staan die tjokkaskuit "Shellfish" vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf nadat die skuit weer vanuit Walvisbaai terug gekeer het vanwaar sy deel geneem het aan eksperimentele tjokkavangste in Namibië se gebiedswaters.

  
 

    CONCENTRA OOSKAAI WORD OPGERUIM

Afgeneem hieronder op 28 Augustus 2025 is duikers besig om die gesinkte rompe van "Luderitz Star" en "Fiskorn" te berg. Ten tyde dat die fotos geneem was, was die "Luderitz Star" se romp alreeds verwyder, met baie moeite daarby nadat die skuit se kiel tydens die uithaal in twee stukke gebreek het.

  


Afgeneem hieronder verrys "Fiskorn" se agterstewe uit die water.

  

  

Sou 'n spreader beam byderhand gewees het, sou sake dalk makliker verloop het. Hoe dit ookal gedoen word maak seker nie saak nie. Heel agter op die kaai lê die agterste helfte van "Luderitz Star" met "Fiskorn" in die voorgrond. Allermins nie 'n mooi gesig om vir oulaas hierdie twee formidabele skuite in hierdie kondisie te moet aanskou nie. En op hierdie somber nooit groet Trawler Heritage dan vir "Luderitz Star" en vir "Fiskorn".

          

               
SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 28 Augustus 2025 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Amalia", "Southern Cross", "Allison", "Blue Dolphin", "Sailfish", "Windhoek", "Conquistador" en "South West Petrel" om net 'n paar name te noem.

  

   "AMALIA"
(binne); "ABRAHAM T" (buite)
  

                           "CAPE CHALLENGER"
  

                                            "SAILFISH"
  

                                          "POSEIDON"
  

                                "CONQUISTADOR"
  

                             "SOUTHERN CROSS"
  

     
NUWE KLEURSKEMA VIR "WERKENDAM"

Afgeneem hieronder op 28 Augustus 2025 langs die Ooskaai is daar tekens dat hierdie skuitverwer besig is met die toevoeging van 'n nuwe kleurskema op "Werkendam" se agterstewes.

  

Slegs oomblikke later en "Werkendam" skop om na haar bakboordsy, en Trawler Heritage se vermoede word bevestig dat "Werkendam" ook binnekort 'n anti-fouling kleurskema oor haar agterstewes gaan hê.

  

  

Afgeneem hieronder op 28 Augustus 2025 langs die Concentra-Ooskaai word daar aandag geskenk aan "Wilmag" se houtvensterame op die wielhuis se voor-aansig.

  
  
       SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 28 Augustus 2025 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Adelette", "Nicolette", "Sea Pride II", "Ku-Ula", "Kentucky", "South West Lapwing", "Valhalla", "Mpho" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.

  

   
    "MPHO" (links); "KU-ULA" (regs)
          

                                           
 "KARIBA"
 

                                                
 "TINA"
 

  
STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 28 Augustus 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers teenwoordig waaronder "Lucerne", "Key Largo", "Bluebell", "Foxglove" en "Sistro" om net 'n paar name te noem.

                                         
"LAVERNE"
 

                                       
"FOXGLOVE"
 

                                           
"SISTRO"
 

                                         
"LUCERNE"
 

                                         
"BLUEBELL"
  

                                       
"KEY LARGO"
  

                                    
"FLAMETHORN"
  

                "ALLIN"
OP DIE SYNCROLIFT

Afgeneem hieronder op 28 Augustus 2025 staan die stokvistreiler "Allin" op die Kaapse synchroniseerhyser in afwagting vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

  
  
                                                "ALLIN"
  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Ooskaai is "Conquistador" weer skoon geverf nadat sy onlangs weer terug gekeer het huis toe na 'n besoek aan die Kalkbaai skeepshelling.

  

                             "SOUTHERN CROSS"
  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Ooskaai blink "Sailfish" weer in 'n skoon laag verf nadat sy onlangs die Sandy Point skeepshelling besoek het.

  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Ooskaai van links na regs lê "Oceana Topaz", "Windhoek" en "Sailfish".

  

                                        "POSEIDON"
  

                                         "ARMANDO"
  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Ooskaai is "Blue Dolphin" weer by die huis nadat die skuit vroeër die oggend teen dagbreek in die Kaapse dokke gearriveer het na 'n besoek aan die Sandy Point skeepshelling.

  

                                             "TOMREN"
  

                           "CAPE CHALLENGER"
  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 op die Ooskaai staan leë verfblikke, verfrollers en talle laaitjies afkomstig van die "South West Petrel" (in die agtergrond) namate die skuitverwers besig is om die skuit weer mooi te maak.

  

   SKUITE OP DIE SYNCHRONISEERHYSER

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die stokvislanglynskuit "Aquilla" (links) asook die  stokvistreiler "Allin" (regs) vir algemene instandhouding en 'n skoon laag verf.
                               
  

                  
 "AQUILLA" KOM KAAP TOE

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die "Aquilla", afkomstig van Houtbaai. Die "Aquilla" het vir die eerste keer sedert 1992/93 'n draai kom maak in die Kaapse dokke vir 'n skoon laag verf en algemene instandhoudingswerk. "Aquilla" was destyds gebou gewees letterlik bo-op die sypaadjie langs Tafelbaai Boulevard op 'n oop stuk grond reg langs die klubhuis van die Royal Cape seiljagklub - 'n werkswyse wat vandag met al sy health & safety regulasies feitlik onmoontlik sal wees om herhaal te kan word... 

  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Concentra-Ooskaai lê die tunapaalskuit "Wilmag".

  

   
KAAPSE SKUITE SINK BO-OOR MEKAAR


Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs Concentra Ooskaai het "Luderitz Star" ook uiteindelik (soos verwag) die stryd verloor en letterlik bo-oor die "Fiskorn" gesink. Dit is egter nie die eerste keer dat skuite op die wyse bo-oor mekaar sink nie. In Saldanhabaai met die sink van "Atlantic Pride II" langs die slipkaai het sy die "Namutoni" wat aan haar buitekant gelê het saam met haar afgetrek die ewigheid in...

  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 en die rooi sirkel wys die plek uit waar "Luderitz Star" se naamborde eens gemonteer was op die skuit se agterstewes, vanwaar beide naamborde nou vertoon word in die Trawler Heritage se hall of fame.

Vandag is dit nog net die "Wilmag" wat nog behoue gebly het van die Concentra Ooskaai-vloot. Slegs 25 jaar gelede het hierdie kom nog vol skuite gelê, sommer so vier-vier, vyf-vyf en ses-ses langs mekaar het hulle gelê, daar was skaars genoeg plek vir almal gewees waaronder "Bevelyn", "Stormy Weather", "Karasberg", "Skipness", "Bosveld", "Maria-Louisa", noem maar op...en in ons leeftyd het hulle almal uitgesterf, weg, "gone"...maar hul name is in my wese ingraveer en bly aanhou maal in my kop... "Rosalyn-Joy", "Modern Maid", "Tiger Reef", "Anesta", "Newlands"; "Winburg", "Otterdam", "Kingklip", "Marina", "Swift"... En voor ons was daar weer 'n ander generasie vissermanne gewees wat in hulle tyd weer 'n ander generasie skuite geken het wat vir ons generasie vandag slegs name op papier is..."Benjamin L.Collett", "Kernwood", "Forget-me-Not"...

  
Ek's jammer "Luderitz Star", maar Trawler Heritage het gedoen wat gedoen kon word om iets van jou behoue te kon laat bly...
  
    
STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers teenwoordig waaronder "Okombahe", "Andromeda", "Ferox", "Santo Do Mar" en "Harvest Camissa".

                                       
"OKOMBAHE"
  

                                     
"ANDROMEDA"
  
 

                                               "FEROX"
 

                                           
"FUCSHIA"
 

    "KEY LARGO"
(links); "SISTRO" (regs)
 

                                      
"KEY LARGO"
 

                               
"SANTO DO MAR"
 

                          
"HARVEST CAMISSA"
 

                 
"COMPASS CHALLENGER"
 

                                       
"BLUEBELL"
 

               "WERKENDAM" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 op die Kaai 4 skeepshelling word die tunpaalskuit "Werkendam" voorberei vir die nuwe seisoen.

            

  

       "ESTRELA DO MAR" SE AGTERMAS


Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Vismark kaai beloer ons "Estrela Do Mar" se agtermas van naderby. Met tegnologie wat oor die jare heen drasties verbeter het, het die gebruik van 'n agtermas op Suid-Afrikaanse skuite heeltemal oorbodig geraak, met die gevolg dat dit oor die jare heen feitlik uitgesterf het.

          

                              "ESTRELA DO MAR"
  

  NUWE FLEETONE SATNAV VIR "ABE SHAPIRO"


Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty is 'n splinternuwe Fleetone satnav antenna nou staande gemaak bo-op "Abe Shapiro" se wielhuis.

  

  

    
  SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Adelette", "Nicolette", "Sea Pride II", "Ku-Ula", "Kentucky", "South West Lapwing", "Valhalla", "Mpho" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.

  

                                                "MPHO"
  

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty lê "South West Lapwing" met 'n skoon geverfde romp nadat sy onlangs die Sandy Point skeepshelling besoek het.

  

                                          "ADELETTE"
  

                                              "KARIBA"
  

     
NUWE NAAMGESKRIFTE VIR "TINA"


Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty pryk nuwe naamgeskrifte op "Tina" se agterstewes.

                   
"NUWE" NAAMGESKRIFTE    
  

                      
  "OU" NAAMGESKRIFTE
    

     
"KENTUCKY" KRY NUWE WIELHUIS


Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2025 langs die Collier jetty is 'n kykie na "Kentucky" se nuwe dubbelwielhuis wat op die oog af mens baie herhinner aan "Groenveld II" en "Mercury" se ou dubbelwielhuise van destyds...

  

  

     
NUWE KLEURSKEMA VIR "LEEUKOP"

Afgeneem hieronder op 11 Augustus 2025 op die Gansbaai skeepshelling vertoon die stokvistreiler "Leeukop" ook nou 'n nuwe navy-blou kleurskema tesame met 'n wit streep op die deklyn. Voorheen het die "Leeukop" 'n konings-blou kleurskema vertoon.

                              "NUWE"
KLEURSKEMA
   

                               
"OU" KLEURSKEMA
   

 
NUWE KLEURSKEMA VIR "HARVEST SELINA"

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 slegs oomblikke nadat "Harvest Selina" die Saldanhabaai skeepshelling verlaat het, kompleet met 'n Sea Harvet logo op die romp, nuut ontwerpte roepletters asook 'n nuwe blou-en-room kleurskema.

                          "NUWE"
KLEURSKEMA
  

  

  

                              
 "OU" KLEURSKEMA
  


   
DIE SLIP WAG VIR "VUNA ELITA"

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 staan die slip gereed om vir "Vuna Elita" uit die water te haal.

  

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 langs die Presidentskaai gooi die stokvistreiler "Vuna Elita" los, vir haar beurt om die skeepshelling te besoek.

  

                                       "VUNA ELITA"
  

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai is "Harvest Cap Nord" te siene in 'n nuwe blou-en-room kleurskema, nadat die skuit onlangs nuut oor geverf was in die Robinson droogdok.

                          "NUWE" KLEURSKEMA
  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is "Harvest Cap Nord" nog te siene in haar vorige rooi-en-room kleurskema.

  
                               "OU" KLEURSKEMA
  


   
MURASIES VAN SOUTHERN SEA FISHING

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 op Saldanhabaai toon die rooi sirkel 'n groot gedeelte aan waar die sy-muur van die voormalige fabriek van Southern Sea Fishing heeltemal verwyder is - mens kan letterlik dwarsdeur die fabriek sien.

  

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 op Saldanhabaai skeepshelling staan Barend See hoog en droog op die slip se houtbalke.

  

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 in Saldanhabaai staan 'n "inheemse" pienk-kop meeu op 'n bollard in die hawegebied. Vergeet maar van omgewingsinpakstudies, hierso is dit al vir baie jare sigbaar wat die impak van besoedeling het op die plaaslike diereryk. 

  

Afgeneem hieronder op 8 Augustus 2025 in Saldanhabaai is "Scomber" se crewmanne naarstigtelik op soek na die mannetjie-ring wat iewerste in die net verdwyn het...

  

                 
SKUITE LANGS JETTY NO.3

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs Jetty No.3 in Houtbaai was talle skuite teenwoordgi waaronder "Elbe", "Langeberg", "Swordfish", "Alalunga", "Water Baby", "Oceana Clipper", "Sandalene", "Captain De Sousa" en "Tigerfish" om net 'n paar name te noem.

                                          
"ELBE"

          

                                       
"ALALUNGA"
  

                                     
"WATER BABY"
  

                             
"OCEANA CLIPPER"
    

                         
"CAPTAIN DE SOUSA"
 

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai toon die rooi sirkel 'n nuwe visvangkodebord aan op "Sandalene" se whaleback.

 

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai vertoon "Tigerfish" nie net die skuit se naam en area kode nie, maar sommer ook die visvangkode, roepletters sowel as die port of registry- hulle wil seker maar net seker maak al die gegewens is sigbaar?

 

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs Jetty No.3 in Houtbaai is "Langeberg" nou te siene in 'n baie eienaardige lig-groen kleurskema, vanwaar die skuit voorheen 'n blou kleurskema gehad het.

                           "NUWE" KLEURSKEMA
  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is "Langeberg" nog te siene in haar vorige blou kleurskema.

                               "OU" KLEURSKEMA
  

'n Skuit se waterlyn is immers nooit waterpas nie, maar aai ouens, dit kos mos net 'n rolletjie masking tape om daai waterlyn veel mooier te kon laat vertoon het of hoe? Aai bliksem, die skuitverwers darem...

  

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs die yskaai in Houtbaai vertoon die kreefskuit "Impala" so effe verwaarloos, vanwaar die skuit normaalweg skoon en goed instand gehou word.


 

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs die yskaai in Houtbaai is die stokvislanglynskuit "Esra Cruz".

 

   
NUWE FLEETONE SATNAV VIR "THORFIN"

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs die slipkaai in Houtbaai is 'n splinternuwe Fleetone satnav antenna nou staande gemaak bo-op "Thorfin" se wielhuis.

 

                                         
"THORFIN"
 

 
SKUITE OP HOUTBAAI SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 was vier skuite teenwoordig op die Houtbaai skeepshelling by name "Rijger", "Bolero", "Penkop II" en "Elandsberg".

Afgeneem hieronder lyk "Rijger" se houtwerke maar woes, maar wat, dis nou maar hoe dit gaan in die lewe van 'n houtskuit, waar talle ribbes, planke en skuitspykers nou die einde van hul leeftyd bereik het en vervang moet word. Een ding is wel seker, en dit is dat "Rijger" na alle waarskynlikheid die eerste helfte van die nuwe tuna seisoen op die slip gaan deurbring.


  

  

                                   
"ELANDSBERG"
  

                                         
"PENKOP II"
  

Afgeneem op 2 Augustus 2025 op die Houtbaai skeepshelling herhinner hierdie oop gekraakte boeg mens aan die huidige kondisie van "Nossob", maar in hierdie geval is dit eerder die voormalige Franse vistreiler "Bolero" wat ook intussen die stryd verloor het met die aarde se gravitasiekragte wat die skuit se romp in flardes getrek het. 'n Houtskuit word immers nie gebou om op droeë grond te staan nie, 'n houtskuit word gebou om in die see te kan dryf!

          

Afgeneem hieronder is daar feitlik niks wat mens meer vir hierdie skuit kan doen nie, die hele romp met kiel en al het in twee gesplit.

   

    DA GAMA VISMEELFABRIEK STORT INEEN

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai het vandale 'n staalbalk uit die fabrieksmuur gekap en weg gedra - die gevolg? Soos te siene kan die struktuur nie meer die gewig dra nie, en begin die muur nou voor-oor te hang. Dis nou nie meer lank nie, dan gaan hierdie hele muur ineenstort...


        

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai vertoon "Swordfish" nou vir die eerste keer ooit haar naam sowel as 'n embleem van 'n swaardvis op die wielhuis se vooraansig - netjies!

 

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai lê die kreefskuit "Bressa" met "Potberg" aan haar buitekant.
 

  

                                          
"POTBERG"
  

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai lê die verlate rompe van "Africa Unity" en "Edelweiss" nog doelloos langs die kaai.

  

 
"AFRICA UNITY" (links); "EDELWEISS" (regs)
  
 
          "HANGBERG"
SINK IN HOUTBAAI

Afgeneem op 2 Augustus 2025 in Houtbaai, en soos korrek voorspel deur Trawler Heritage het "Hangberg" ook nou die stryd gewonne gegee, vanwaar sy langs die Noordekaai gesink lê. Gedurende die vroee 2000's was "Hangberg" nog een van Hermanus se spogskuite gewees, waarna sy weer na Houtbaai verhuis het. Nadat die De Stadler familie haar verkoop het was daar sprake dat die skuit in 'n "backpackers" omskep sou word, maar daardie tipe van drome het nog nooit pos gevat in Suid-Afrika nie, gegewe die paadjies wat "Groenveld II" asook "Drakenskop" moes geloop het.

            

  
            "MARTIN J" Lê VERWOES
                             IN HOUTBAAI

Afgeneem op 2 Augustus 2025 voor die Houtbaai skeepshelling lê die laaste oorblyfsels van "Martin J" se bilges en kiel nadat die skuit letterlik stuk-vir-stuk opgekap en weg gedra is vir brandhout. En dis nou maar hoe dinge deesdae op Houtbaai gedoen word...skandelik om die minste te sê.

  

Afgeneem op 2 Augustus 2025 aan die anderkant van Houtbaai se hawe dryf "Martin J" se dek rond tussen "Merlene" en "Edelweiss". Hoe op dees aarde die dek hierso kon opeindig sal nugter alleen weet?

  


Afgeneem op 2 Augustus 2025 lyk hierdie kaai in Houtbaai meer soos tonele uit 'n burger-oorlog vanwaar wrakstukke afkomstig van "Khoe-Rasi", "Rooiberg" en "Martin J" die wêreld vol lê.

  

  

                       
EN NOU "KHOE-RASI" ?

Afgeneem op 2 Augustus 2025 langs die slipkaai in Houtbaai vertoef die kaal gestroopte romp van die "Khoe-Rasi", vanwaar die skuit vroeër vanjaar langs die "Emerald Isle" gesink het, weer vlot gemaak is en nou langs die kaai lê en vertoef. Dalk Houtbaai se volgende wrak? Net tyd sal leer of die Houtbaaiers haar enige genade sal betoon.  

  

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai, en die half-gesinkte romp van "Marcon" dien vir oulaas nog 'n doel, vanwaar haweloses hulself tuis gemaak het binne-in die skuit se galley/meshroom area...wel, dit wat nog staande is van die skuit se wielhuis.

  

                                            "MARCON"
  


  
                NUUTSTE TOEVOEGING
             TOT DIE HOUTBAAI TUNA VLOOT
                             IN WORDING

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 by die C-Craft skeepswerf in Houtbaai staan die jongste bousel se wielhuis alreeds buitekant gereed vir montering, vir wanneer die romp uit die mould gehaal gaan word.

  

             TUNAPAALSKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai is 'n seleksie van tunapaalskuite waaronder "Silverfern", "", "Frenchy Maria", "Ilda", "Oceanic Hunter", "Common Wealth", "Sneeuberg", "Kingfisher" en "Endurance" om net 'n paar name te noem.

                                       "ENDURANCE"
  


Afgeneem hieronder van links na regs lê "Silverfern", "Kraken" en "Frenchy Maria".

  

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê die
kreefskuit "Ocean Harvest", die stokvislanglynskuit "Monnickendam" en die sardynskuit "Ocean Blue".


  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Southern Tiger", "Radiant Star", "Perle Du Atlantic" en "Endurance".

  

                                              
"COVI II"
  

                                    
"TYLER'S TIDE"
  

                                                 
"ILDA"
  

                                        
"HOT LINE II"
  

                                         
"MAVERICK"
  

                                       
"ROOI GOUD"
  

                            
"COMMON WEALTH"
  

                                                 
"OUMA"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Sneeuberg", "Baluguru" en "Covi II".

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Kingfisher", "Gypsy Rose" en "Freedom".

  

Afgeneem voor in die water van links na regs lê "Prospector", "Easy Rider" en "Christina", terwyl "Maine" en "Dr.Fish" op droeë grond staan vir instandhoudingswerk by die Hout Bay Boat Yard.
 
  

  

                                      
"SNEEUBERG"
  

                                    
"SAO GABRIEL"
  

  
              HOUTBAAI N.S.R.I.
         SLOOP HUL STASIEGEBOU


Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai is dit nog net die slip se spore in die sand wat oorgebly het van die voormalige stasiegebou van die plaaslike N.S.R.I. nadat die gebou slegs twee weke van tevore gesloop is om plek te maak vir 'n splinternuwe stasiegebou. Die nuwe stasiegebou se ontwerp sal geskoei word op die van die Tafelbaai N.S.R.I se stasiegebou wat geleë is by Quay Four in die V&A Waterfront, wat op die oog af meer lyk soos 'n glaskasteel. Of die Houtbaaiers hul nuwe stasiegebou met rus gaan laat sonder om die glaspanele stukkend te gooi, is iets waaroor mens net kan wonder...

  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder is hoe die Houtbaai N.S.R.I. stasiegebou altyd daarna uitgesien het. Hoeveel duisende kere het Trawler Heritage nie verby hierdie gebou al geloop en nooit ooit gedink dat dit tot niet gemaak sal word nie. Dit bewys maar net weereens dat niks op aarde permanent is nie - alles is maar net tydelik...

  

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai kom die lynvisskuite terug huis toe by name "Vicky Lee" en "Ross W".
 
                                       
"VICKY LEE"
 

                                           
"ROSS W"
 

  
          'n VISSERMAN MAAK 'n PLAN?!


Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai en iemand het dit goed gedink om sommer 'n leë koeldrankbottel te omskep in 'n omhulsel vir 'n deklig. Ja ou maat, hoop maar vir jou part die surveyor het nie sy brille aan op die dag nie, so nie gaan jy nie "pass" met daai gedoente nie.

  
Kyk, daar is nog een ding van 'n trawlskuit wat Trawler Heritage nog nooit kon verstaan nie, want hoekom en waarom die crewmanne alewig, of die focsle, of die mesh room, of beide, se ligomhulsels afskroef, en dit in asbakkies omskep...En dan staan jy daar voor die surveyor soos iets wat rym met "oos", want die blêrrie ligomhulsel was dan op sy plek gewees die laaste keer dat jy daar verby geloop het...sal dit nooit ooit kan verstaan nie.


                 
NUUTSTE TOEVOEGING
            TOT DIE HOUTBAAI TREILVLOOT   
    
        GOOD-LUCK "OCEAN SPRAY"!

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai is die nuutste toevoeging tot die plaaslike stokvisvloot genaamd "Ocean Spray" wat voorheen aangewend was as 'n garnaalsleeptreiler vanuit Durban. Die "Ocean Spray" vertoon alreeds met trots haar nuwe Houtbaai areakode naamlik "HTB 6", wat terug in dae trots vertoon was deur die eertydse tunapaalskuit genaamd "Excelsior".

  

Gou-gou! Bring die dryfysters en die putters, hier lê "n "Titleist bobbin" op die kaai! Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai is talle van hierdie hidrodinamiese bobbins in "Ocean Spray" se sleepnet "in-gesim". Nes regte gholfballe, verrig hierdie dimpels in die bobbins presies dieselfde funksie, naamlik om water weerstand te verminder wanneer die net deur die water gesleep word.

 

   "SEEKATTE" OP "SILVER HUNTER" SE DEK

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai het twee "seekatte" hulself tuis gemaak op die dek van die onaktiewe skuit "Silver Hunter".


 

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 is een van Houtbaai se bes versorgde skuite, die stokvislanglynskuit "Aquilla".

        

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 is nog twee skuite wat deel uitmaak van Houtbaai se groeiende vloot van onaktiewe skuite naamlik "Cristo Rei" en "Golden Eagle".

                                        
"CRISTO REI"
  

                                
"GOLDEN EAGLE"
  

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai lê en vertoef die stokvistreiler "Teya-Nikka" vir 'n wyle, voordat die skuit weer na die treilgronde sou vertrek het.

  

    HOU JOU HANDE VAN MY VISBAKKE AF!

Nou kyk, vissermanne wat mekaar se visbakke steel is al so oud soos die berge. Dit wil tog voorkom asof die manne van Letap Fishing radeloos is aangaande hul visbakke wat gesteel word, siende dat hul die saak baie persoonlik opneem met 'n boodskappie vir al die visbak-diewe daarbuite...


   

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 langs die Yskaai in Houtbaai is "Herman S" nou te siene in 'n nuwe groen kleurskema, vanwaar die skuit voorheen 'n grys kleurskema vertoon het.

                         "NUWE" KLEURSKEMA
  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is "Herman S" nog te siene in haar vorige grys kleurskema.

                               "OU" KLEURSKEMA
  

                             
HOUTBAAI YSTORING
                                 WORD VERNUWE

Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 is een van Houtbaai hawe se kenmerkende landmerke wat tans 'n nuwe baadjie aangetrek word. Die ystoring wat terugdateer vanuit 1964 in die dae van Table Top fishing word tans geheel en al vernuwe ten einde noodsaaklike ys aan die groeiende stokvisvloot te kan lewer wat opereer vanuit die hawe.

  


Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2025 in Houtbaai en dis net kaal elektriese bedrading waar mens kyk, vanwaar hierdie kragvoorsieningspunt met omhulsel en al vernietig en weg gedra is...

            

Mense, naas kuile wat bol van die vis, kry mens nie 'n veel mooier gesig as dit wat hieronder uitgebeeld word nie. Ons sluit hierdie uiters treurige kolom genaamd "Die sink en opbreek update" af met 'n brokkie goeie nuus van 'n staalromp seiljag wat tans gesloop word op die Houtbaai skeepshelling...hip-hip hooray! Nog 'n hip-hip, daarsy!

  

  "DAGBREEK" KOM RUS IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 arriveer "Dagbreek" in die Bergrivier onderweg vanaf die aflaaikaai van Suid-Oranje, vanwaar daar oor die afgelope paar dae sporadiese vangste van Rooi-oog was, wes van Kaap Columbine.

      

                    SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 op Laaiplek is 'n seleksie van pelagiese skuite wat rus in die rivier. Skuite teenwoordig sluit in "Stormkop", "Towerkop", "Vegkop", "Loeriesfontein", "Doloreze", "Atlantic Leader" en "Char-Neil" om net 'n paar name te noem.
                               
   
  

                                      
"TOWERKOP" 
  

                                         
"ARANOS"
  

                          
"OCEANA PARAGON"
  

                                
"OCEANA RUBY"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 op Laaiplek is die lynvis skuit "Malgas" afkomstig van Mosselbaai, wat na afloop van 'n baie kort snoek-seisoen, haar tot tyd en wyl tuis gemaak het in die Bergrivier.

  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 op die Keyway Shipwright skeepshelling word onderhouds werk verrig aan "Gregory Justin" terwyl daar gewag word vir beter skole pelagiese vis om hul opwagting te maak. 

  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 op die Keyway Shipwright skeepshelling in Laaiplek vertoon "Gregory Justin" weer tradisionele houtnaamborde soos aangetoon met die rooi sirkel, en kom ons wees nou baie eerlik met mekaar, maar dit lyk strate beter as die vorige poging wat aangewend was...

  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe "Gregory Justin" se naamgeskrifte voorheen daarna uitgesien het - mens doen nie 'n kaliber skuit soos "Gregory Justin" die onreg aan met sulke verflenterde naamgeskrifte nie...

  


                                       
"KAVALIER"
  

          
"CHAR-NEIL" WORD HERBOU

'n Mens kan nie anders om jou hoed af te haal vir almal wat 'n bydra gelewer het om die "Char-Neil" weer in hierdie kondisie te kon kry nie. Gegewe die haglike omstandighede waarin die skuit haarself in bevind het - eers onseewaardig verklaar, toe afgeskryf met gepaardgaande hofsake en al daardie lelike dinge waaroor mens nie wil praat nie. Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 op Laaiplek, en die Suid-Afrikaanse pelagiese bedryf is op die vooraand om nog 'n skuit ryker te word, nadat die sektor alreeds gedurende die 2025 seisoen vier skuite verloor het.

  

 "ADENIA" (buite); "ATLANTIC LEADER" (binne)
  

                                           
"ADENIA"
  

Die treurmare op Laaiplek kry net nie einde nie. Afgeneem op 28 Julie 2025 op Laaiplek lê "Nossob" nog gekoppel aan 'n "lewens apparaat", met 'n waterpomp wat onverpoos water uit die romp pomp. Op hede is alle navigasie toerusting bo-op die wielhuis verwyder, tesame met die voorste maspaal, winch, sowel as gedeeltes van die shelter deck op portside.

  

  

  

                                  
"NOORDEVELD"
  

                              
"LOERIESFONTEIN"
  

                                         
"UMFANA"
  

                                        
"BORDERER"
  

                                        
"DOLOREZE"
  

                               
"RESTLESS WAVE"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 is die haglike kondisie van die Regeringskaai op Laaiplek - 'n totale gebrek aan waardes en dissipline vanaf die Suid-Afrikaanse regering se kant af, ten einde 'n beter lewe te bied aan alle Suid-Afrikaners soos hulle tans (en voorheen al) belowe op elke lamppaal in die dorp...

  

      "STORMKOP"
SE STACKER VERDWYN

Afgeneem op 28 Julie 2025 op Laaiplek toon die rooi sirkel aan dat nie net "Stormkop" se stacker, maar ook gedeeltes van die aerial stand verwyder is van die skuit af. Of "Stormkop" ooit weer op die see gaan kom, begin by die dag al skraler te lyk...aai dammit.

  

                                        "STORMKOP"
  

  
"ATLANTIC SKIPPER" SE RINGBOEI
            DWAAL ROND IN LAAIPLEK


Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Laaiplek is een van "Atlantic Skipper" se ringboeie te siene op die dek van "Excalibur" (Die Ark). Hoe op dees aarde hierdie ringboei sy weg gevind het tot op Laaiplek sal g'n mens seker ooit weet nie, maar tog bly die skuit se gewese Houtbaai areakode (HTB 37) nog steeds in ons harte na al die jare.  


  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Laaiplek se hawe begin die jaarlikse blomme seisoen plek-plek kop uitsteek al langs die Weskus.

  

   
 PELAGIESE VLOOT IN SANDY POINT

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 was feitlik die hele pelagiese vloot by die huis weens 'n gebrek aan pelagiese vis in die area. Hieronder volg 'n seleksie van die pelagiese vloot in Sandy Point hawe waaronder "Oceana Mercury", "Wildekus", "Ebb Tide", "South West Falcon", "Oom Arthur", "Star Crest", "Restless Wave", "Orion", "Odyssey" en "Atlantic Rose" om net 'n paar name te noem.
                           

  

  
 "RUWEKUS" (links); "DUINEKUS" (regs)
  

                                          
"LISA ANN"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 by Suid-Oranje ly "Odyssey" aan die een of ander vorm van dubbelvisie, terwyl die skuitverwers ook 'n veel beter poging kon aanwend het om die areakode netjies en univorm te laat vertoon het.

  

                                         
"ODYSSEY"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 trek daar nog so 'n effense rokie uit die boilers se skoorstene by die fabriek van Suid-Oranje.

  

                                           
"DEBNAL"
  

                                    
"ANTONIE W II"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point lê die omgekeerde voordek van die voormalige sardyn skuit genaamd "Anna" op die kaai, dit nadat die gesinkte skuit se romp gedurende die winterstorms gedisintegreer het.

  


                           
"OCEANA NEPTUNE"
  

                           
"OCEANA PEGASUS"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 langs die Sandy Point Canning jetty van voor na agter lê "Hesko", "Alert III" en "Star Crest".

  

                                              
"HESKO"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point van links na regs lê "Silver Dolphin", "Orion" en "Highland Queen".

  

  

                            
"HIGHLAND QUEEN"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point lê die stokvislanglynskuit "Malagas II" in die hawe in afwagting vir 'n geskeduleerde besoek aan die Sandy Point skeepshelling.

  

Aangetoon hieronder met die rooi sirkel val die klem op "Malagas II" se bilge keel. Sy is immers net een van twee houtskuite in die Suid-Afrikaanse vloot wat oor 'n bilge keel beskik.

  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point pik 'n mossie aan uitgedroogde oats pap wat die die galley boy oorboord gegooi het en op die skuit se rubbing band beland het.

  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point
van links na regs lê "Silver Bounty", "Silver Challenger" en "Sette Mari".


  

                             
"SILVER BOUNTY"
  

   
            "SILVER CHALLENGER" KRY 'n 
                       ONDERSTEBO VLAGGIE

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point hawe vertoon "Silver Challenger" ook nou 'n Suid-Afrikaanse vlag...onderstebo en al, en daarby wonder Trawler Heritage hoe patrioties is jy werklik, as jy na 31 jaar nog nie weet watter kant van jou landsvlag is bo en watter kant is onder nie?

  

     SKUITE OP SANDY POINT SKEEPHELLING

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 was vier skuite te siene op die Sandy Point skeepshelling by name "Windhoek", "South West Lapwing" en "Biskop 1" ter voorbereiding van die 2025/2026 tunapaal seisoen, asook die vragboot "Tygerberg".

                                 "WINDHOEK"

          

                   
"SOUTH WEST LAPWING"
  

                         NUUTSTE TOEVOEGING
                     TOT DIE HOUTBAAI VLOOT   
    
                 GOOD-LUCK "BOLOKO 2"!

Mooi was nog nooit lelik nie, maar mens moet erken dat die "Boloko 2" die koppe gaan laat draai met hierdie rooi kleurskema. Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point hawe is die nuwe 76-voet stokvislanglyn skuit "Boloko 2" te siene, vanwaar die finale afrondingswerk nog voltooi moet word by die Tallie Marine skeepswerf.

  
Gedurende 13 Julie 2025 het nog 'n nuwe Tallie bousel genaamd "Seamaster" die skeepswerf verlaat op haar afleweringsvaart na Port Elizabeth vir die plaaslike tjokkabedryf, maar aangesien sy 'n catamaran-bousel is, loop die storie ook sommer net hierso dood...

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point
van links na regs lê "Atlantic Enterprise", "Terrasan 1" en "Atlantic Endeavour".


  

         
"ATLANTIC ENTERPRISE" (links);
                   "TERRASAN 1"
(regs)

  

                   
"ATLANTIC ENDEAVOUR"
  

                            
"SILVER KATONKEL"
  

                                
"ATLANTIC ROSE"
  

            
STEENBERGS COVE FISHING TREK
                           NUWE BAADJIE AAN


Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 staan die uitgediende visstore van die voormalige pelagiese fabriek van Steenbergs Cove Fishing wat onlangs opgeknap is met 'n skoon laag wit verf.

  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe die uitgediende fabriek van Steenbergs Cove nie te lank gelede nog vertoon het nie...

  


Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point
van links na regs lê "Boetie Akie", "South West Falcon" en "Ebb Tide".


  

                                          
"EBB TIDE"
  

                                     
"BOETIE AKIE"
  

Afgeneem hieronder op 28 Julie 2025 in Sandy Point en die eerste tekens begin wys dat "South West Falcon" se uitlaatpyp begin so bietjie "dun" raak...

  

  
  SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 21 Mei 2025 was slegs twee skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling, naamlik die stokvistreiler "Harvest Selina" en "Barend See" waarvan haar wielhuisie net-net uit steek heel links in die agtergrond.

  

   SKUITE LANGS TALLIE MARINE KAAI

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 was drie skuite te siene langs die Tallie Marine kaai waaronder "Annabelle Rose" en "Atlantic Rose" (heel links), terwyl die nuwe rooi stokvislanglynskuit "Boloko 2" te siene is regs in die foto. 

  

                              "ANNABELLE ROSE"
    
 

      "BOETIE BERT" WORD GESTREEP

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 langs die Regeringskaai in Sandy Point hawe vertoon die stokvistreiler "Boetie Bert" nou 'n nuwe blou streep op haar awning soos aangetoon met die rooi sirkel. Voorheen het "Boetie Bert" se awning slegs uit 'n oranje kleurskema bestaan.
 
        "NUWE" AWNING KLEURSKEMA
   

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder is "Boetie Bert" nog te siene in haar vorige oranje geverfde awning.

          
"OU" AWNING KLEURSKEMA
   


Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 in Sandy Point langs die goewermentskaai lê die stokvistreiler "Boetie Bert".

  

   SKUITE OP SANDY POINT SKEEPHELLING

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 was drie skuite te siene op die Sandy Point skeepshelling by name "Windhoek" en "Biskop 1" ter voorbereiding van die 2025/2026 tunapaal seisoen, asook die vragboot "Tygerberg".

                                      "WINDHOEK"
  

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 op die  Sandy Point skeepshelling staan die vragboot "Tygerberg" in afwagting op beter dae.

                                     "TYGERBERG"
  

                                       "BISKOP 1"
  

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 in Sandy Point hawe ondergaan die "Terrasan 1" se RSW 'n toetslopie.

  

       "MALAGAS II" WAG VIR DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 in Sandy Point lê die stokvislanglynskuit "Malagas II" in die hawe in afwagting vir 'n geskeduleerde besoek aan die Sandy Point skeepshelling.

  

                                     "MALAGAS II"
  

                                "SILVER BOUNTY"
  

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 lê "Oceana Neptune" langs die Sandy Point Canning jetty.

  

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 in Sandy Point hawe lê "Silver Dolphin" (links) en "Orion" (regs).

  

     SUID-ORANJE VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2025 was vier skuite van die Suid-Oranje vloot tuis naamlik "Ruwekus", "Duinekus", "Odyssey" en "Sechaba".

    "DUINEKUS" (buite); "RUWEKUS" (binne)     
  

     "ODYSSEY" (buite); "SECHABA" (binne)   
  

             "RENJA" GAAN VRAG AFLAAI

Afgeneem hieronder op 15 Julie 2025 in Saldanhabaai is die span van Malgas Marine en "Renja" gereed om vrag te gaan aflaai aan 'n afwagtende skip in die baai, van enigiets van verf tot rafts tot kopkole.

                  


          
    "KIANGA" LAAI VIS AF

Afgeneem hieronder op 13 Julie 2025 in Saldanhabaai is die bemanning van die tuna longliner "Kianga", besig om 'n vrag tuna en swaardvis af te laai.

   

   

   

       DIE EINDE VAN "VLAEBERG"

Afgeneem hieronder op 10 Julie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling lê die laaste oorblyfsels van die voormalige tunapaalskuit "Vlaeberg" se romp, kort nadat sy ook die stryd teen die kettingsae verloor het.

  

Afgeneem hieronder lê "Vlaeberg" se kiel en bilge
nog bo-op die slip - nou is dit al's oor...

  

Afgeneem hieronder op 10 Julie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling is die stokvistreiler "Harvest Selina" se romp bedek in 'n skoon laag onderlaag verf.

  

Afgeneem hieronder op 10 Julie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling staan die "Barend See"
in die voorgrond.

  

 
   SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 10 Julie 2025 was twee stokvistreilers te siene langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai naamlik "Harvest Gavina" en "Harvest Nandi".
                     

                         
 "HARVEST GAVINA"
  

                             
 "HARVEST NANDI"
    

     "LILIAN NGOYI" LANGS SLIPKAAI


Afgeneem hieronder op 10 Julie 2025 is 'n ongewone gesig om die patrollievaartuig "Lilian Ngoyi" langs die slipkaai te sien lê in Saldanhabaai in pleks van die Portnet kaai. 

  
Nou ja, hoe dan gemaak as al die hoenderbraaipakke opraak en 'n man moet winkel toe stap. In daai geval is die slipkaai mos heelwat nader aan die plaaslike supermark as wat 'n man al die pad van daar doer anderkant in die hawe van die Portnet kaai moet stap dorp toe...maak sin.

    "SILVER EAGLE" OPPAD SEE TOE

Afgeneem hieronder op 6 Julie 2025 in Port Elizabeth gooi die tjokka-catamaran "Silver Eagle" los.

  

Afgeneem hieronder lê "Silver Eagle" saam met die res van die tjokka vloot op anker in afwagting vir sonsak.

  

        SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Amalia", "Leontina Maria", "Allison", "Blue Dolphin", "Sailfish", "Windhoek", "Conquistador" en "Werkendam" om net 'n paar name te noem.

  

                               
"CONQUISTADOR"
  

                             
"LEONTINA MARIA"
  

   "WESKUS II"
(buite); "AMALIA" (binne)
  

                                  "BLUE DOLPHIN"
  

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 van links na regs lê "Windhoek", "Oceana Topaz" en "Sailfish".

  

                                          "SAILFISH"
  

                                     "ANDROMEDA"
  

   "LOUISA-CLAIRE" OP DIE SYNCROLIFT

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 staan die suidkus-kreefvanger "Louisa-Claire" op die Kaapse synchroniseerhyser in afwagting vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

  

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 staan 'n wit kokkerot van Oosterse-afkoms op die synchroniseerhyser. Hierdie besoekers vanuit die Ooste verskaf broodnodige werkskepping en finansiële inspuiting aan plaaslike verskaffers betrokke in die maritieme bedryf, maar die vet weet, daarbuite op die see doen hulle meer kwaad as goed...

  
Taiwan, Viëtnam, China, hierdie skuite se bemannings weet ook nie altyd van watter nasionaliteit hul is, nog watter landsvlag hulle
moet laat wapper nie...

  
STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers teenwoordig waaronder "Avro Warrior", "Key Largo", "Andromeda", "Isabella Marine" en "Dona Jane" om net 'n paar name te noem, asook die nuutste toevoeging tot die Suid-Afrikaanse stokvisvloot genaamd "Harvest Camissa".
                                       

  

                                "AVRO WARRIOR"
  

                                      "DONA JANE"
  

                                          "FUCHSIA"
  

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke is die "Key Largo" weer terug by die huis met 'n skoon geverfde romp, na 'n onlangse besoek aan die Saldanhabaai skeepshelling.
                                   
  

                               "HARVEST SELINA"
  

                              "SVEINN JONSSON"
  

                            "ISABELLA MARINE"
  

                 
NUUTSTE TOEVOEGING
                     TOT STOKVISVLOOT   
    
     GOOD-LUCK "HARVEST CAMISSA"!

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke is die 147-voet "Harvest Camissa", die nuutste toevoeging tot die Suid-Afrikaanse stokvisvloot. Die "Harvest Camissa" sal deel vorm van die Viking Fishing vloot en is aangekoop vanaf Marin in Spanje.

  

      
SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Adelette", "Nicolette", "Sea Pride II", "Ku-Ula", "Kentucky", "South West Lapwing", "Valhalla", "Mpho" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.

          

                                       "MALAGAS II"
  

                                             "KU-ULA"
  

                                    "ABE SHAPIRO"
  

                                         "VALHALLA"
  
  
     
   
   "FISKORN" SINK IN KAAPSE HAWE

Afgeneem op 1 Julie 2025 langs Concentra Ooskaai in die Kaapse dokke lê die gesinkte romp van die voormalige tunapaalskuit "Fiskorn". Net langs die "Fiskorn" lê en wag die "Luderitz Star" ook vir die finale doodskoot, tot tyd en wyl daar besluit word om die skuite finaal te verwyder.

                          
"FISKORN"
          

  


                                 "LUDERITZ STAR"
 
  

   
   VERNUWINGS EN VERBOUINGS
          
 

Met die 2025/2026 tunapaal seisoen wat oor bietjie minder as twee maande begin, word talle bote alreeds versien vir die nuwe seisoen soos in die geval van "Blue Dolphin" en "Armando" hieronder gesien op 1 Julie 2025, waar die skuitverwers besig is om die skuite weer skoon te verf.

                               
 "BLUE DOPLHIN"
  

                                      "ARMANDO"
 

  
NUWE DUBBELWIELHUIS VIR "KENTUCKY"

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs die Collier jetty in die Kaapse dokke is die "Kentucky" nou te sien met haar splinternuwe dubbelwielhuis.

  


       
"STAALKOP" - A TASTE OF PORTUGAL

Met groen seegras wat kleef aan "Staalkop" se romp, vertoon die skuit die nasionale kleure (rooi-wit-groen) van Portugal...soos afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs die Collier jetty.
 
  


      
NUWE NAVIGASIE TOERUSTING VIR           
            "TINA" 
EN "SEA PRIDE II"

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke vertoon "Tina" ook nou 'n Fleetone satnav antenna op die wielhuis se dak soos aangetoon met die rooi sirkel.

  


                                               "TINA"
  


Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke is 'n nuwe Onwa radar gemonteer op "Sea Pride II" soos aangetoon met die rooi sirkel. Vir 'n hele aantal maande voorheen was daar geen radar te siene gewees op die skuit nie, vanwaar die skuit voorheen met 'n Furuno radar toegerus was.

  


                                      "SEA PRIDE II"
  


           
NUWE VLEKVRYE STAAL TRAPLEER
                               VIR "WILMAG"

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke is 'n nuwe vlekvrye trapleer gemonteer op die "Wilmag", vanwaar die skuit voorheen ook toegerus was met 'n vlekvrye staal trapleer wat om die een of ander rede verwyder is.

  


Afgeneem hieronder is die betrokke vervaardiger se barcode nog te siene op die nuwe trapleer - die ding is nog nat-nuut!

  



Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe die "Wilmag" se eertydse vlekvrye staal trapleer daarna uitgesien het.

   

   
"WILMAG" SIT LIG OP DIE ONDERWERP

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 toon die rooi sirkels verskeie nuwe LED sowel as 'n nuwe deklig aan wat onlangs bo-op "Wilmag" se wielhuis gemonteer is.

   

Nou kyk mense, by die tyd weet ons almal dat die skuitverwers 'n spesie op hul eie is. Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in die Kaapse dokke staan en kyk die een skuitverwer vir die ander een hoe hy die awning se onderdak verf...gedog dis dalk 'n toesighouer, maar blykbaar toe nie...

  

Afgeneem hieronder en beide skuitverwers is nou in aksie met 'n verfroller in die hand, besig om die awning se onderdak te verf...dit terwyl 'n derde skuitverwer nou naderstaan om te kyk hoe die ander twee hul taak verrig...

  

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in die Robinson droogdok staan hierdie twee manne in die madndjie gereed om die boeg-area van die "Harvest Cap Nord" skoon te spuit.

  

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 langs die Ooskaai in die Kaapse dokke vertoon "Chris Trautman" nog meer anti-fouling verf op haar romp soos aangetoon met die rooi sirkel.


                         
"NUWE" KLEURSKEMA
  
Wie weet, teen hierdie tempo mag die hele romp dalk teen volgende jaar met anti-fouling verf
bedek wees?...

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe "Chris Trautman" se romp kleurskema voorheen daarna uitgesien het met veel minder anti-fouling verf op die romp.

                              "OU" KLEURSKEMA

  
 
 
        STERK WATER OP PORT NOLLOTH


Afgeneem hieronder op 1 Julie 2025 in Port Nolloth ruk "Luna Sea" aan haar ankers, terwyl die branders in die agtergrond los bo-oor die veradelike "bar" breek.


    

      
"ALBATROS" SINK IN PORT NOLLOTH

Afgeneem hieronder tydens beter dae is hoe die diamantskuit "Albatros" van Port Nolloth daarna uitgesien het. Die "Albatros" is die jongste slagoffer van die veraadelike Port Nolloth hawe wat oor dekades heen al tientalle bote van die Port Nolloth vloot vernietig het.

                                                "ALBATROS"

  

Afgeneem op 1 Julie 2025 in Port Nolloth toon die rooi sirkel die skade opgedoen aan die diamantskuit "Azania", na vermoede was die "Albatros" en die "Azania" in 'n botsing betrokke nadat die "Albatros" se mooring ketting die gees gegee het, waarna die "Albatros" die stryd verloor en gesink het.

  


   
         DIAMANTVLOOT RUS OP ANKER

Afgeneem hieronder op 30 Junie 2025 in Port Nolloth rus talle diamantskuit op hul moorings waaronder "Alabama", "Thundercat", "Albatros", "Alana", "Northern Star", "Luna Sea", "Azania" en "Ocean Heritage".


    

               OVENSTONE NALATENSKAP


Afgeneem hieronder op 30 Junie 2025 in Port Nolloth toon die rooi sirkels nog oorblyfsels aan van 'n 3-duim stoompyp wat na al die jare nog behoue gebly het waardeur 'n kragkabel geloop het vanaf die Ovenstone kreeffabriek na die vissermanshuise, vanwaar die fabriek eens op 'n tyd gratis elektrisiteit van 06:00 tot 21:00 saans aan die vissermanne en fabriekswerkers gelewer het.


                  

Afgeneem hieronder op 30 Junie 2025 met sonsak in Port Nolloth se hawe. Môre word daar weer sterk water al langs die Weskus voorspel en sal die huidiglike stilte en vrede heeltemal versteur word...

    

       

           DIAMANTVLOOT RUS OP ANKER

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2025 in Port Nolloth rus talle diamantskuit op hul moorings waaronder "Alabama", "Thundercat", "Albatros", "Alana", "Northern Star", "Luna Sea", "Azania" en "Ocean Heritage".

        

Afgeneem hieronder van voor na agter rus "Seedelwer V", "Azania" en "Ocean Heritage" op anker.

      

                                            

    
"THUNDERCAT" (links); "JAKKIE V" (regs)
      

                                             
"JAKKIE V"
      

"GEO SEARCHER" EN "NAMATSI" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2025 op Port Nolloth staan "Geo Searcher" op die slip. Ook te siene op droeë grond is die onaktiewe diamantskuit "Namatsi".


  

                               
"NAMATSI"
                  

                                          
"GEO SEARCHER"
 

                                               
"BANDIT"
  

                             
"LUNA SEA"
              

      

                                              
"ALABAMA"
 

      

        
PORT NOLLOTH COASTER JETTY

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2025 langs die Port Nolloth Coaster Jetty lê die De Beers Marine vragbote "Aukatowa" en "Aogatoa".


 

              "MARQUERITE" SPOEL OP
                           DIE WAL UIT

Afgeneem hieronder op 30 Junie 2025 lê die diamantskuit "Marquerite" hoog en droog op die wal uitgespoel op Hondeklipbaai se strand nadat die skuit tydens 'n verbygaande winterstorm van haar mooring in die baai los gebreek het.

  


     
DIE LAASTE SIEN VAN "ARISTEA"

Afgeneem hieronder op 28 Junie 2025 buitekant Hondeklipbaai is dit wat nog oor is van die wrak van die "Aristea", nadat die erge stormsee oor die afgelope drie jaar groot gedeeltes van die wrak weg gespoel het.

  

                  "UMZABALAZO"
TREF 'n
                       DRYWENDE ROTS

Afgeneem hieronder op 16 Junie 2025 in Kaapse hawe hel die stokvistreiler "Umzabalazo" oor na stuurboord nadat die skuit na alle waarskynlikheid 'n "drywende rots" getref het. Per definisie word 'n "drywende rots" soos volg gedefinieer: Wanneer die skipper sweer dat daardie klip/paal/onderwater obstruksie wat hy raak gery het, nie daar was die vorige keer toe hy daar verby gegaan het nie...Goeie nuus is egter dat alle skade opgedoen alreeds herstel is, en dat die skuit weer terug in die see is.

   

         "RENJA" OPPAD SKIP TOE

Afgeneem hieronder op 10 Junie 2025 so op die sonsak loop "Renja" vanuit Saldanhabaai met nog 'n vrag op die agterdek wat bestem is vir 'n afwagtende ertsdraer in die baai.

  

          DIE LAASTE SIEN VAN "VIOLA"


Afgeneem hieronder op 1 Junie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling is dit wat nog behoue is van die voormalige langlynskuit "Viola" vanwaar die skuit 12 jaar gelede langs die Slipkaai kom lê het, maar nooit weer see toe gegaan het nie.

    

   

       "VLAEBERG"
- DIS NET 'n LEë DOP...

Afgeneem hieronder op 1 Junie 2025 langs die Presidentskaai is hoe "Vlaeberg" tans daarna uitsien nadat die skuit se wielhuis ook intussen verwyder is, terwyl sy omring word deur "Imbaza" (links) asook "Hagar" (links voor) en "Jacqueline" (voor).


   

Afgeneem hieronder is die enjinkamer van "Vlaeberg" waarvan al die toerusting, bedrading en pype alreeds verwyder is.

     
Trawler Heritage vermoed dat die manne van Ritco Marine iewerste gedurende 'n laatmiddag daar was om die enjin te kom verwyder het, en gemaak het dat hulle wegkom, net voordat iemand hulle sou gewaar in besit van 'n Cummins... (#maardisnieconfirmnie)

   
SEA HARVEST, VIKING FISHING EN SEAVUNA
                    SKUITE DEURMEKAAR

Afgeneem hieronder op 1 Junie 2025 in Saldanhabaai, was 'n unieke gesig om verskeie bote saam te sien wat almal deel uitmaak van die groter Sea Harvest Groep waaronder "Harvest Gavina" (Sea Harvest), "Harvest Selina" (Sea Harvest), "Key Largo" (Viking Fishing) en "Amsteldiep" (Seavuna).

                     
"HARVEST GAVINA"
      

                      
"HARVEST SELINA"
      

                             
"KEY LARGO"
      

                              
"AMSTELDIEP"
   

       SKUITE SKUIL IN SALDANHABAAI

Afgeneem hieronder op 21 Mei 2025 het Saldanhabaai skuiling gebied aan beide die "Grey Ghost" ('n stokvislanglynskuit afkomstig van Houtbaai) asook die "Harvest Lindiwe" wat op anker gelê het tydens 'n periode van ongunstige seetoestande met gepaardgaande storm sterk noordwestewind.
    
                                     "GREY GHOST"
    

                             "HARVEST LINDIWE"
    

     
 STOKVISLANGLYNSKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 21 Mei 2025 was drie stokvislanglynskuite te siene langs die Presidentskaai naamlik "Kianga", "Karin 1" (wat ook vroeër gedurende Mei-maand 'n draai op die Gansbaai skeepshelling gemaak het) en "Emerald".

                                         "KIANGA"

    

                                         
 "KARIN 1"
    

                                       
 "EMERALD"
    

       
SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 21 Mei 2025 was vier stokvistreilers te siene langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai naamlik "Harvest Saldanha", "Harvest Nandi", "Harvest Mzansi" en "Harvest  
Veronica".
                      

    
                   
                        "HARVEST MZANSI"
           

                 
"GONDO" IN MOSSELBAAI

Afgeneem hieronder op 16 Mei 2025 maneuver die sardynskuit "Gondo" binne-in Mosselbaai se hawe.

 


              
"VIOLA" WORD GESLOOP

Sedertdien die langlynboot "Viola" haar opwagting gemaak het in Saldanhabaai gedurende 2012, het die skuit nog nie weer terug gegaan see toe, en het sy haar permanent gaan tuis maak langs die Slipkaai. Afgeneem hieronder op 14 Mei 2025 in Saldanhabaai word 'n mobiele hyskraan in gespan om hulp te verleen met die sloping van die "Viola".

            

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is die "Viola" tydens meer gelukkiger dae langs Slipkaai in Saldanhabaai.

   

     SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 14 Mei 2025 was drie stokvistreilers teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling, naamlik "Key Largo" wat deel vorm van die Viking Fishing vloot in die Kaapse dokke, die plaaslike Sea Harvest treiler, "Harvest Georgina" asook die "Amsteldiep" wat deel vorm van die Seavuna vloot van Mosselbaai. 
                                           

   

                          "HARVEST GEORGINA"
   

                                      "AMSTELDIEP"
   

                                        "KEY LARGO"
   

      
SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 14 Mei 2025 was slegs twee stokvistreilers te siene langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai naamlik "Harvest Saldanha " en "Harvest Bounty".


                        
"HARVEST SALDANHA"
   

                            
"HARVEST BOUNTY"
   

  
"VLAEBERG
" SE BULWARKS WORD
                     PLAT GESLAAN

Afgeneem hieronder op 14 Mei 2025 in Saldanhabaai is hoe "Vlaeberg" se kaal gestroopte dek tans daarna uitsien, vanwaar die skuit stuk-vir-stuk afgetakel word om gesloop te word, met die bulwarks wat ook intussen heeltemal plat geslaan is.

   

   

      
"JACQUELINE
" MAAK MAATJIES...

Afgeneem hieronder op 14 Mei 2025 in Saldanhabaai het "Jacqueline" intussen van kaaie verwissel vanaf Slipkaai na die Presidentskaai. Hieronder lê "Hagar" vas gemaak aan die buitekant van "Jacqueline".

   

                                    
 "JACQUELINE"
   

            "LAPPOP"
WORD VERSKUIF

Afgeneem hieronder op 8 Mei 2025 op die perseel van Ritco Marine in Brackenfell word die "Lappop" verskuif ten einde meer vloerspasie binne-in die werkswinkels te kon bewerkstellig het.

  

             DIE "GANSE" VANG SARDYN

Afgeneem hieronder op 8 Mei 2025 is die sardynskuite bedrywig in die Gansbaai ou-hawe namate die skuite terugkeer met hul "tally" vir die dag waaronder "Borderer", "Wafra" en "Kolgans".

                                 "BORDERER"
  
            

                                    
"KOLGANS"
            

                                      
"WAFRA"
            

               
 "KARIN 1" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 op die
Gansbaai skeepshelling staan die stokvislanglynskuit "Karin 1" wat werksaam is vanuit Saldanhabaai, vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

            

     
       SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Amalia", "Abraham T", "Werkendam", "Armando", "Tomren" en "South West Petrel".

   

                                           
"AMALIA"
   

                                         
"WESKUS II"
   

  
"WERKENDAM" (links); "ARMANDO" (regs)
   

                                          
"ARMANDO"
   

                                            
"TOMREN"
   

                          
"CAPE CHALLENGER"
  

                                    
"WERKENDAM"
  

    
"DONA JANE" OP DIE SYNCROLIFT

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 staan die stokvistreiler "Dona Jane" op die Kaapse synchroniseerhyser in afwagting vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.


  

  "LUDERITZ STAR" EN "FISKORN" DRYF NOG    
                  (OOK MAAR NET-NET)

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 langs die Concentra Oos-kaai is dit wat nog oor is van die twee gewese tunapaalskuite, "Fiskorn" (voor) en "Luderitz Star" (agter).


  

Afgeneem hieronder is dit wat nog behoue is van die skuite se enjinkamers. (nie veel nie)

  

                                            
"WILMAG"
  

     
  SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Adelette", "Nicolette", "Kentucky", "Chris Trautman", "Valhalla", "Mpho" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.


          

                                               
"MPHO"
  

Benewens nuwe naamborde, het "Adelette" ook nou hierdie nuwe staalplaat bedekking oor haar agterstewe bygekry.


  

                                      
"MALAGAS II"
  

                             
"CHRIS TRAUTMAN"
  

           
"LEONTINA MARIA" GOOI
                 HAAR KRAGBLOK AF

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 by die Vismark kaai in die Kaapse dokke, het "Leontina Maria" tot tyd en wyl eers ontslae geraak van haar kragblok, terwyl die skuit op die oomblik slegs fokus op die vang van stokvis met langlyne.


  

                              
"LEONTINA MARIA"
  

             "KENTUCKY"
WORD HERBOU

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 staan die tunapaalskuit "Kentucky" se wielhuis bo-op die Collier jetty vanwaar die skuit se Cummins masjien nou die einde van sy leeftyd bereik het, terwyl 'n splinternuwe dubbelwielhuis tans in aanbou is.

  

           "KENTUCKY"
SE "OU" WIELHUIS
  

    
DIE HOUTBAAIERS VLUG KAAP TOE

Weens toenemende misdaad en diefstal wat geheel en al hand uitgeruk het binne-in Houtbaai hawe, laat dit booteienaars met geen ander keuse as om veiliger lê-plekke te gaan opsoek nie. Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 het beide die stokvislanglynskuite "Estrela Do Mar" en "Valhalla" Houtbaai hawe vaarwel geroep nou 'n nuwe tuiste gevind in die Kaapse dokke.

                           "ESTRELA DO MAR"
  

                                   "VALHALLA"
           


           
DEFICIENCY, DEFICIENCY,  
                       DEFICIENCY!

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2024 in die Kaapse dokke het die manne met die groen oorpakke en wit harde-hoede hul opwagting gemaak op die beide die "Nicolette" en "Chris Trautman". Hul missie? Om "deficiency" op "deficiency" op nog 'n "deficiency" op te spoor...

  

Daar's dit nou! Afgeneem hieronder met notaboekie op die skoot, word 'n hele rits "deficiencies" skynbaar gedokumenteer...


  

O'aarde tog, hieronder word die maatbande uit gehaal om die bulwarks se hoogte gemeet...en dan maak hulle sommetjies net om te bepaal dat "Chris Trautman" se bestaande freeing ports moontlik nie voldoende is nie...daar gaat jy, "deficiency", "deficiency", "deficiency"...
  
  

  
Op die een of ander wonderbaarlike manier oor 'n tydperk van amper 15 jaar het die manne van "SAAMSLAAP" dit vermag om nooit op te let dat "Elomi" die verkeerde areakode vertoon het nie...hoe weet julle dan of jul werklik die regte skuit survey het? Ek vra maar net?

           HELP TOG NET DAAR MET 'n TYRE!

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2024 by die vismark in die Kaapse dokke lê 'n staatsvaartuig wat haarself aan flardes stamp teen die kaai. In skerp kontras soos gesien hierbo waar staatsamptenare elke hoek en draai van privaatbooteienaars se bote deursoek vir enige teken van onseewaardigheid, is dit inderwaarheid die staat self, wat skynbaar nie mooi weet hoe om hul eie vaartuie behoorlik te hanteer nie...

  

  
                    DIT WAS 'n VISFABRIEK!

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 in East Pier Road in die Kaapse hawe is hierdie splinternuwe kompleks opgerig op die einste stuk grond waar die voormalige kantore en fabriek van Premier Fishing, ook voorheen bekend as Atlantic Trawling eens gestaan het, en daarby saam word die maritieme bedryf al meer en meer vervreem vanuit die Kaapse dokke.

  

     
          SKUITE VAN ELDERS

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 in die Robinson-droogdok staan die Russiese langlynboot "Alpha-Crux".

  

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 langs die Weskaai in die Alfred Kom wag nog 'n Russiese langlynboot "RHTAPb-31" (wat ookal daai naam mag wees) vir 'n beurt om die Kaapse synchroniseerhyser te kan besoek.

  

  
Ou-maat ou-maat, met daai klas embleme op jou skuit, sowat 40 jaar gelede sou die regering 'n patrollieboot van die Vloot op gereedheidsgrondslag geplaas het, terwyl die lugmag se Albatros en Shackelton patrollie vliegtuie permanent in hul ore sou gedreun het, tot tyd en wyl hulle sou pad gee vanuit Suid-Afrikaanse gebiedswaters... 

    
STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers teenwoordig waaronder "Boronia", "Laverne", "Andromeda", "Isabella Marine" en "Sandile" om net 'n paar name te noem.

                                          "BORONIA"

  

                                         
 "FUCHSIA"
  

                           
 "ISABELLA MARINE"
  

                                          
 "LAVERNE"
  

                                    
 "ANDROMEDA"
  

                                         
 "SANDILE"
  

                                         
 "REALEKA"
  

       
DAAR "START" DIE BOILERS!


Afgeneem hieronder op 7 Mei 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke waai 'n swart rokie deur die lug, vanwaar 'n boiler opgestart word vir 'n produksielopie vir die vervaardiging van witvismeel.


  

          "MIZPAH"
VAT VLAM

Die onverskrokke 2025 pelagiese seisoen duur voort, en beproef tans ons vissermanne se reg op voortbestaan tot op die uiterste. Afgeneem hieronder in die vroeë oggendure van 25 April 2025 sowat 6.5 myl noord van Paternoster is "Mizpah" se agterstewes in ligte laaie. Die "Adenia" het egter bygestaan en kon suksesvol daarin slaag om die brand aanboord te blus, waarna die "Mizpah" na Sandy Point hawe gesleep is. 

   

Afgeneem hieronder by aankoms in Sandy Point hawe is die erge brandskade wat "Mizpah" opgedoen het baie duidelik sigbaar. Hierso gaan dit iets verg in die lyn van 'n "halwe Boetie Akie oefening" om die skuit weer in die see te kry.

 
En skielik kry Trawler Heritage weer terug flitse van die "Langeveld II" wat destyds ook aan die brand geslaan het, maar onder ander omstandighede - die skade was feitlik presies dieselfde as in die geval van "Mizpah", maar in die "Langeveld II" se geval kon hulle haar ongelukkig nie weer gered het nie, die skade was te groot...aai dammit tog "Mizpah"... 

          DIAMANTVLOOT IN LAMBERTSBAAI

Afgeneem hieronder op 21 April 2025 was vier diamantskuite teenwoordig in Lambertsbaai naamlik "Santa Isabel", "Tuppence", "Mkuzwe" en "Ariel".

                                                  
"ARIEL"
   
 

  
"TUPPENCE" (buite); "SANTA ISABEL" (binne)  
    

Afgeneem hieronder en "Santa Isabel" is besig om 'n bamboes-baard te groei aan haar kielskoen.

    

                                          
"SANTA ISABEL"
    

                                                      
"MKUZE"
  

             
SNOEKSKUITE IN LAMBERTSBAAI


Afgeneem hieronder op 21 April 2025 arriveer die snoekskuite terug in Lambertsbaai hawe met hul vangste vir die dag.


  

     

  

                                                
"POTBERG"
  

Afgeneem hieronder en "Potberg" is besig om 'n bamboes-baard te groei aan haar kielskoen.

  

Afgeneem hieronder op 21 April 2025 in Lambertsbaai van links na regs lê die kreefskuite "Potberg", "Dabulamanzi" en "Jenny-Anne".

    

    
"THREE COINS" (links); "MARIA J" (regs)
   

  

Afgeneem hieronder op 21 April 2025 in Lambertsbaai van links na regs lê die kreefskuite "Boesmanland", "Penny" en "Askala".

  

Afgeneem hieronder op 21 April 2025 in Lambertsbaai van links na regs lê die kreefskuite "Hiram", "Eland II" en "Conrad".

  

                                           
 "THREE COINS"
  

                                                  
 "HIRAM"
  

                                                 
 "BOLAND"
  

  

    
'n TWEEDE KANS VIR "JAMES ARCHER"?


Afgeneem hieronder op 21 April 2025 in Lambertsbaai is hoe die voormalige Lamberts Bay Canning kreefskuit "James Archer" tans daarna uitsien, nadat die skuit vir bykans twee jaar op die Lambertsbaai skeepshelling gestaan het. Watter rol die skuit voortaan gaan vertolk is onbekend, maar hopelik is dit nie nog 'n poging om 'n houtskuit in 'n drywende restaurant te omskep nie...


  

                                         "JAMES ARCHER"
   

Afgeneem hieronder op 21 April 2025 by Doringbaai loop die diamantskuit "Carin W" verby in 'n noordelike koers.

                   

                       
NUUTSTE TOEVOEGING
                     TOT DIE HOUTBAAI VLOOT   
    
                 GOOD-LUCK "TIGHTLINE"!

Afgeneem hieronder op 16 April 2025 in Saldanhabaai is 47-voet "Tightline", die nuutste tunapaalskuit wat te water gelaat is deur Sachal, en op 30 April 2025 tydens haar afleweringsvaart na Houtbaai vertrek het.

              

        SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Abraham T", "Allison", "Blue Dolphin", "Sailfish", "Windhoek", "Santa Monica" en "Werkendam" om net 'n paar name te noem.

   

                                          
"WESKUS II"
   

                             
"SOUTHERN CROSS"
   

                               
"LEONTINA MARIA"
   

                                        
"ABRAHAM T"
   

                                   
"BLUE DOLPHIN"
   

                 
HET DIE SKUITE VIS-GRIEP?

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 langs die Ooskaai wat inder waarheid soos gesigmaskers vertoon, word "Werkendam", "Sailfish", "Windhoek" en "Oceana Topaz" se boegareas met seile bedek ten einde te voorkom dat die houtnate uitermatig uitdroog en die nate oop trek.

                                     
"WERKENDAM"
   

                                            
"SAILFISH"
   

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Oceana Topaz", "Windhoek" en "Sailfish".
  
   

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 langs die Ooskaai lê die twee suster skuite naamlik "Cape Challenger" (links) en "Ubuntu" (regs) langs mekaar te siene.

   

                                              
"UBUNTU"
   

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 in die Kaapse dokke pryk nuwe viniel naamgeskrifte op die whaleback van die tunapaalskuit "Predator".

   

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe "Predator" se naamgeskrifte voorheen daarna uitgesien het.

   

                                         
"PREDATOR"
   

    
SKUITE OP DIE SYNCHRONISEERHYSER

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die stokvistreiler "Ludwani" vir algemene instandhouding en 'n skoon laag verf, terwyl die tuna langlynboot "Prins Willem I" ook teenwoordig was.

                                            "LUDWANI"
   

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 langs Concentra Ooskaai lê "Wilmag".

   

     
SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Adelette", "Ku-Ula", "Mpho", "Nicolette", "Kentucky", "Chris Trautman", "Triton", "Staalkop" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.

   

                                        "MALAGAS II"
   

                                         "STAALKOP"
   

                               "CHRIS TRAUTMAN"
   

                                               "TRITON"
   

                                           "VALHALLA"
   

                                              "KU-ULA"
   

                                          "ADELETTE"
   

                                              "KARIBA"
   

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 is "Kentucky" se bestaande wielhuis nou staande gemaak op die Collier Jetty, in afwagting vir 'n nuwe dubbel-wielhuis sowel as 'n nuwe masjien.

   

      
SKUITE LANGS DIE VISMARK JETTY

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 was drie skuite teenwoordig langs die Vismark jetty by name "Abe Shapiro", "Mpho" en "South West Lapwing".

                                     "ABE SHAPIRO"
   

                     
"SOUTH WEST LAPWING"
   

                                                 
"MPHO"
   

   
STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2025 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers asook een garnaaltreiler teenwoordig waaronder "Lincoln", "Lee-Anne", "Umlungisi", "Isabella Marine" en "Santo Do Mar" om net 'n paar name te noem.

                                          "LINCOLN"

   
 

                                        "LEE-ANNE"

   

                                   "SANTO DO MAR"

   

                                            
 "FUCHSIA"
   

                                         
 "BLUEBELL"
   

                                       
 "UMLUNGISI"
   

                               
 "AFRICAN QUEEN"
   

                            
 "ISABELLA MARINE"
   

  
SKUITE OP SALDANHA SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2025 was twee skuite teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling, naamlik die stokvislanglynskuit "Emerald", asook die stokvistreiler "Amsteldiep", afkomstig van Mosselbaai. 
                                           
   

                                     
"AMSTELDIEP"
   

                            
              "EMERALD"
   

   
KREEFVLOOT LANGS DIE PRESIDENTSKAAI

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2025 langs die Presidentskaai van links na regs lê die kreefskuite "Mbambatha", "Jenny-Anne", "Zita 1" en "Ghoerieman".

   

                                     
"MBAMBATHA"
   

                                            
  "ZITA 1"
   

                                      
  "PAKAMANI"
   

   

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2025 langs die Presidentskaai van binne na buite lê "Tickey", "Ghoerieman" en "El Pescador".

   

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2025 in Saldanhabaai is hoe "Vlaeberg" se kaal gestroopte dek tans daarna uitsien, vanwaar die skuit stuk-vir-stuk afgetakel word om gesloop te word.

   

   

   

   

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2025 langs die Presidentskaai van links na regs lê "Vlaeberg", "South West Seahawk" en "Mbambatha".

   

                    "SOUTH WEST SEAHAWK"
   

   
  SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2025 was slegs drie stokvistreilers te siene langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai naamlik "Harvest Bounty ", "Harvest Gavina" en "Harvest Veronica".

   

                             "HARVEST BOUNTY"
   
 
                               "HARVEST GAVINA"
   

                                "HARVEST SELINA"
   

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2025 langs die Presidentskaai lê die stokvislanglynskuit "Karin 1".

   

 
"OCEANA MERCURY" ONDER DIE AFLAAIPOMP

Afgeneem hieronder op 5 Maart 2025 in Stompneusbaai is "Oceana Mercury" besig om 'n
vrag Rooi-oog af te laai by St.Helena Bay Fishing.
 

    

   SKUITE OP SALDANHABAAI SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 25 Februarie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling was slegs twee skuite teenwoordig naamlik "Harvest Gavina" en "Hagar",
vir algemene instandhoudingswerk en 'n skoon laag verf.       

   

                      "HARVEST GAVINA"
   
 
                                      "HAGAR"
   

         

Afgeneem hieronder op 25 Februarie 2025 langs die Slipkaai in Saldanhabaai lê die akwakultuurskuite "Irma" (links) en "Mokooli" (regs).

            
     

Afgeneem hieronder op 23 Februarie 2025 het die "ganse" nie die vorige nag weer die see aangedurf nie. Hieronder lê "Kolgans" aan die buitekantse muur in die Gansbaai Nuwehawe vol hoop dat vanaand weer 'n see-aand sal wees.

        

Afgeneem hieronder op 23 Februarie 2025 lê "Rietgans II" in die Gansbaai Ouhawe, terwyl die reduksieaanleg van Gansbaai Marine nog in volle produksie was om al die vis te kon verwerk.

   

Afgeneem hieronder op 23 Februarie 2025 en die kleurskakerings van die water is 'n duidelike aanduiding dat hierso nou goed vis gevang word.

   

      "VLAEBERG" SE WIELHUIS WORD GELIG

Afgeneem hieronder op 23 Februarie 2025 langs die Presidentskaai in Saldanha staan 'n mobiele hyskraan gereed om "Vlaeberg" se wielhuis vir die laaste keer ooit vanaf die skuit te tel.

     

    
DIE GANSBAAIERS VANG ROOI-Oë

Afgeneem hieronder op 22 Februarie 2025 arriveer "Stormgans" in die Gansbaai Nuwehawe met 'n vrag rooi-oog in die holds.

   

Afgeneem hieronder op 22 Februarie 2025 skop "Berggans" uit onder die aflaaipompe by Gansbaai Marine, slegs oomblikke nadat die skuit haar vrag rooi-oog afgelaai het.

   

Afgeneem hieronder is "Berggans" oppad na die Gansbaai Nuwehawe om 'n lê-plekkie te gaan opsoek.

   

Afgeneem hieronder op 22 Februarie 2025 lê "Kolgans" onder die aflaaipomp by Gansbaai Marine met rooi-oog in die hold.

   

Afgeneem hieronder lê "Rietgans II" aan die buitekantse muur in die Gansbaai Nuwehawe in afwagting om haar vrag rooi-oog te gaan aflaai.

   

Afgeneem hieronder arriveer "Rietgans II" in die Gansbaai Ouhawe in afwagting dat "Kolgans" klaar afgelaai moes word.

  

Afgeneem hieronder op 22 Februarie 2025 skop "Wafra" uit ten einde die aflaai volgorde te vergemaklik, terwyl "Wildegans II" nou weer omgeskuif het na die buitenste muur.

  

                                       
  "WAFRA"
  

Afgeneem hieronder op 22 Februarie 2025, en die suid-weste weer is alweer besig om op te tel, terwyl "Vleigans" (regs) nog wag vir haar aflaaibeurt.

  

Afgeneem hieronder op 22 Februarie 2025 is "Atlantic Endeavour" gelaai met 210 ton rooi-oog, onderweg na die fabriek van West Point Fishing in Slippersbaai.

     

   
TUNAPAAL EN STOKVIS BOTE IN HOUTBAAI


Afgeneem hieronder op 22 Februarie 2025 is 'n seleksie van tunapaal en stokvislanglyn skuite in Houtbaai, vanwaar die geelvin-tuna seisoen nog nie lekker op dreef wou kom nie.


                                     
 "JULIETTE"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Baluguru", "Covi II" en "Sneeuberg".

  

                                   
 "MALACHITE"
  

                                       
 "SHAYA"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Seawin Sapphire", "Seawin Ruby" en "Hooked".

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Swordfish", "Sandalene" en "Oceana Clipper".

  

                                           
"ESRA CRUZ"
  

                                            
"PENKOP II"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Kingfisher", "Gypsy Rose" en "Freedom".

  

   
"PENKOP II" (buite); "AQUILLA" (binne)  
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Endurance", "Radiant Star" en "Southern Tiger".

  

                                
"OCEANIC HUNTER"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Kraken", "Silver Fern", "Perle Du Atlantic" en "Frenchy Maria".

  

                
SKUITE VAN ELDERS

Afgeneem hieronder op 20 Februarie 2025 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die Portugese langlynboot "Ribeira Do Mar".

  

       "KOLGANS" HET KLAAR AFGELAAI

Afgeneem hieronder op 17 Februarie 2025 vaar "Kolgans" die Gansbaai Nuwehawe binne kort nadat die skuit nog 'n vrag rooi-oog klaar afgelaai het by Gansbaai Marine.

           

            SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 16 Februarie 2025 op Laaiplek is 'n seleksie van pelagiese skuite wat rus in die rivier na 'n periode van goeie vangste wat gemaak was ver in die noorde. Skuite teenwoordig sluit in "Stormkop", "Towerkop", "Vegkop", "Loeriesfontein", "Doloreze", "Atlantic Leader" en "Char-Neil" om net 'n paar name te noem.

                                 "STORMKOP"
    
    

                                   
"DAGBREEK"  
    

                              
"RESTLESS WAVE"  
    

                                    
"DOLOREZE"  
      

                  
"LOERIESFONTEIN"  
           

  
"CHAR-NIEL" (binne); "ELOMI" (buite)  
   

Afgeneem hieronder op 16 Februarie 2025 op Laaiplek is "Nossbob" se boeg, waarvan die boeg en die apron van mekaar geskei het...

    

                           
"ATLANTIC LEADER"
    
 
Afgeneem hieronder op 16 Februarie 2025 op die Keyway shipwright skeepshelling op Laaiplek staan "Vegkop" buite aksie weens 'n "shaft" was getrek moes word.
                               
    

Afgeneem hieronder op 16 Februarie 2025 op Laaiplek lê "Towerkop" langs die Amawandle kaai.

             

                       "SKUIT SONDER NAAM"
                     SPOEL UIT OP DIE KLIPPE

Afgeneem hieronder op 16 Februarie 2025 lê die akwakultuurskuit "Skuit sonder Naam" (die skuit het nie 'n naam nie) op die klippe uitgespoel in Peperbaai vanwaar die skuit van haar mooring los gebreek het. "Skuit sonder Naam" was sowat 10 jaar gelede in Club Mykonos se hawe gesien vir die eerste keer, daarna weer gedurende 2018 waar die skuit op die Bergrivier se walle uitgespoel het naby die Sishen spoorlyn, en meer onlangs toe sy deel geword het van die akwakultuurvloot in Peperbaai - en na bykans 10 jaar het sy nog steeds nie 'n naam nie, aldus noem Trawler Heritage haar "Skuit sonder Naam".

         

             "WAFRA" OPPAD IN BAAI TOE


Afgeneem hieronder op 13 Februarie 2025 is "Wafra" oppad terug huis met rooi-oog aanboord vanwaar die wes 15 myl reg wes buitekant Gansbaai gevang was.

        

          MOSSELBAAIERS PAK DIE SLIP TOE


Afgeneem hieronder op 13 Februarie 2025 staan die Gansbaai skeepshelling gepak met Mosselbaaiers in afwagting vir geskeduleerde instandhoudingswerk en 'n skoon laag verf. Agter op die slip staan "Lady Imelda" met "Lindiwe" in die voorgrond.

          

                 ONWETTIGE IMMIGRANTE
             WORD VAN DIE SEE AFGEHAAL

Afgeneem hieronder op 12 Februarie 2025 buitekant Port Elizabeth is die SAPD se watervleuel besig om onwettige immigrante van die tjokkavloot te verwyder, vanwaar hulle nie oor die nodige werkspermitte beskik het nie. Sover vasgestel kon word, is tot soveel as 40 onwettige immigrante op die manier van die tjokkavloot ter see afgehaal.

   

                  "HAGAR" OP DIE SLIP


Afgeneem hieronder op 11 Februarie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling pryk die voormalige Vloot-skuit "Hagar" nou in 'n nuwe navy-blou met rooi kleurskema, vanwaar die skuit voorheen slegs 'n grys kleurskema vertoon het.

    

         
"NOSSOB" STAMP HAAR KOP OOP

Laaiplek se hawe is dalk nie die maklikste hawe te navigeer nie, alhoewel die hawe 'n baie veilige skuiling bied aan skuite gedurende die wintermaande. Wanneer die huidige regering, onder aanvoering van Departement Publieke Werke, ooit ag daarop sal slaan om fondse daar te stel om weer die hawe ordentlik oop te bagger kan mens maar net oor wonder. Die gepaardgaande stroom in die passasie het al menigte skippers 'n koue sweet gegee, terwyl botsings met Laaiplek se mure en kaaie al telkemale in die verlede plaas gevind het. Dit het nou weer gebeur, en dit sal in die toekoms weer gebeur. As jy jouself met die uitgaande stroom misgis, kan jy jouself baie vinnig in die moeilikheid kry, om nie eens te praat van die vlak sandbanke nie. Afgeneem hieronder op 3 Februarie 2025 op Laaiplek is hoe "Nossob" tans daarna uitsien, vanwaar mens dwarsdeur die skuit kan sien tot teenaan die voorste partition. Dit gaan egter maande se oplê kos voordat die skuit weer see toe sal kan gaan. Alles behalwe wat 'n man nou nodig het, hier reg aan die begin van die seisoen.

             

                  DIE SKUITE VANG VIS


Afgeneem hieronder op 1 Februarie 2025 suid-wes buitekant Danger Point is "Borderer" besig om 'n skep sardyn in te pomp.

                  

                        

Afgeneem hieronder op 1 Februarie 2025 buitekant die Olifantsriviermond is "Duinekus" besig om 'n skep rooi-oë in te pomp.

         

               "ILOVANE" KEER OM

Afgeneem hieronder op 27 Januarie 2025 buitekant St.Francisbaai lê die omgekeerde lynvisskuit "Ilovane", 'n 30-voet Sachal romp, nadat 'n fratsbrander oor die agterstewe gebreek het en die skuit omgeslaan het. Die "Ilovane" het egter vlot gebly, en is na die St.Francisbaai hawe gesleep vanwaar die skuit weer regop getrek is.

     

Afgeneem hieronder op 29 Januarie 2025 in St.Francisbaai hawe word die "Ilovane"met behulp van 'n mobiele huiskraan weer regop getrek.

               

     SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 rus talle stokvistreilers langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai waaronder "Harvest Atlantic Peace", "Harvest Selina", "Harvest Veronica", "Harvest Lindiwe", "Harvest Mzansi", "Harvest Georgina", "Harvest Gavina" en "Harvest Saldanha".

                
    

                  "HARVEST ATLANTIC PEACE"
   

                                "HARVEST LINDIWE"
   

                                  "HARVEST MZANSI"
   

                              "HARVEST VERONICA"
   

                                   "HARVEST SELINA"
   

                            "HARVEST GEORGINA"
   

                                "HARVEST GAVINA"
   


      "KARIN 1" EN "EMERALD" BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 langs die Presidentskaai in Saldanha rus die stokvislanglyn skuite "Karin 1" en "Emerald".

                                         "KARIN 1"
   

                                      "EMERALD"
    


Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 daar anderkant teen die Slipkaai in Saldanha, vertoef die tunapaalskuit "Jacqueline" nog steeds onaktief.

     

        SKUITE BY PREMIER FISHING KAAI

Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 langs die kaai van Premier Fishing moet ons eers die foto "beveilig" teen al die goddelooslike vaartuie in die voorgrond, waarna die klem val op "Southern Belle", "Windward" en "Swartberg" wat langs die kaaie by Premier Fishing rus.

   

   SKUITE OP SALDANHABAAI SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 op die Saldanhabaai skeepshelling was drie skuite teenwoordig naamlik "Silver Challenger", "Atlantic Leader" en "South West Condor" vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

                         "SILVER CHALLENGER"
   

                     "SOUTH WEST CONDOR"
   


             "ATLANTIC LEADER"
(middel)
   

         KREEFSKUITE IN SALDANHABAAI

Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 in Saldanhabaai was twee kreefskuite teenwoordig naamlik "Ghoerieman" (links) en "Derek 1" (regs).

   

Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 langs die Presidentskaai van links na regs lê "Tickey", "Vlaeberg" en "Irma".

   

Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 is die "Tickey" se boeg besig om 'n swartmosselbaard te groei...

   

              PELAGIESE SKUITE LANGS
                  DIE PRESIDENTSKAAI


Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 langs die Presidentskaai lê "Atlantic Endeavour" (links) en "Restless Wave" (regs).

    

            FREEING PORTS...SAMSA SE
                VEREISTE ORNAMENTE
   


Afgeneem hieronder op 17 Januarie 2025 langs die Presidentskaai lê "Boetie Akie" gereed vir die begin van die nuwe seisoen, met die kleinmasnet wat alreeds op getrek is, tesame met 'n nuwe "stacker spool" en skoon geverfde romp.

  

  

  


                                      "BOETIE AKIE"
   

 

               NUUTSTE TOEVOEGING
                 TOT STOKVISVLOOT   
    
      GOOD-LUCK "SANTO DO MAR"!

Afgeneem hieronder op 15 Januarie 2025 in die Kaapse dokke is die 164-voet "Santo Do Mar", die nuutste toevoeging tot die Suid-Afrikaanse stokvisvloot, nadat die skuit vroeër gedurende die dag in Kaapstad aangekom het vanaf Marin in Spanje, op haar afleweringsvaart.

                      "SANTO DO MAR"
   

                  "GABA-IPHWE"
OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 12 Januarie 2025 is die diamantskuit "Gaba-Iphwe" tydens haar eerste besoek aan die slip op Port Nolloth.

   
    
     
                   KREEFVLOOT IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 11 Januarie 2025 was verskeie kreefskuite teenwoordig in Houtbaai waaronder "Bressa", "Sud West","Jacob V", "Southern Horizon", "Jenny Anne", "El Pescador", "Zita 1" en "Mbambatha".

                    "JACOB V"
(binne);
          "SOUTHERN HORIZON"
(buite)
            

Afgeneem hieronder van links na regs lê "El Pescador", "Mbambatha", "Zita 1" en "Jenny Anne".
      
             

     "BRESSA"
(binne); "PAULSBERG" (buite)
             

Afgeneem hieronder op 11 Januarie 2025 in Houtbaai van links regs lê die tunapaalskuite "Frenchy Maria", "Kraken" en "Radiant Star".

              

                 "WILDEGANS II" EN "KOLGANS"
                         KOM VAN DIE SLIP AF

Afgeneem hieronder op 10 Januarie 2025 op Gansbaai is die water besig om te stoot, terwyl beide "Wildegans II" en "Kolgans" op die skeepshelling gereed staan om weer terug water toe te gaan, nadat altwee skuite die nodige instandshoudingswerk en 'n skoon laag verf ontvang het.

   

              
 NUWE ROEPLETTERS VIR  
                         "JACQUELINE"

Afgeneem hieronder op 9 Januarie 2025 in Saldanhabaai vertoon die tunapaalskuit "Jacqueline" nou 'n nuwe roepletter ZR9169 soos aangedui met die rooi sirkel. Voorheen het "Jacqueline" die roepletters ZR5687 vertoon.  

   

            LANK LEWE DIE TRADISIE
        VAN LAMBERTS BAY CANNING!

Jislaaik mense, Trawler Heritage het lanklaas so 'n mooi gesig gesien soos hierdie een wat afgeneem is op 7 Januarie 2025 in Houtbaai van die "Bressa" se nuwe kleurskema. Mens kan kyk, en weer kyk, en tog is dat asof iemand die tyd terug gedraai het na 1960 toe, om 'n houtskuit te sien (sonder 'n whaleback) in die kleure van Lamberts Bay Canning. Welgedaan aan ieder en 'n elk wat betrokke was by hierdie idee om vir "Bressa" 'n nuwe baadjie aan te trek.

              
"NUWE" KLEURSKEMA
   
 

                  
"OU" KLEURSKEMA
      


        SKUITE OP HOUTBAAI SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 was vier skuite teenwoordig op die Houtbaai skeepshelling. Van links na regs staan "Bolero","Silverfern", "Staalkop" en "Herman S", waarvan "Silverfern" probleme met cutlass gehad het, "Staalkop" was in afwagting vir 'n skoon laag verf, terwyl "Herman S" nog oorgespyker word.

   

                                 "HERMAN S"
           


               'n OOP WIELHUISVENSTER

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 staan een van "Khoe-Rasi" se wielhuisvensters oop. Op Houtbaai van alle plekke, beteken dit net probleme...

   
Twee maande nadat hierdie foto geneem was, het "Khoe-Rasi" op die plek gesink...was die oop wielhuisvenster dalk die rede daarvoor?

         HOUTBAAI SE YSTORING WAAI WEG

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 op Houtbaai is hoe die ystoring tans daarna uitsien, met meer sinkplate afwesig vanuit die struktuur as wat daar nog gemonteer was op daardie stadium...
   
    

      "ROOIGOUD" EN "PERLE DU ATLANTIC"

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 toon die rooi sirkels nuwe "Fleetone" satnav antennas aan aanboord van die tunapaalskuite "Rooigoud", "Perle Du Atlantic" en "Hotline II".

                                       "ROOIGOUD"
   


                         "PERLE DU ATLANTIC"
   


                                          "HOTLINE II"
   


                    SKUITE LANGS JETTY NO.3

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 van links na regs in Houtbaai lê "Seawin Sapphire", "Tigerfish" en "Ocean Dynamo".

   

       STOKVISLANGLYN SKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 in Houtbaai is 'n seleksie van stokvislanglyn skuite waaronder "Cape Frio", "Shivon", "Avril W", "Aquilla".

                                       "CAPE FRIO"
   

                                          "AQUILLA"
   

                                         "SHIVON"
   

                                   "AVRIL W"
   


Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 in Houtbaai word die "Grey Ghost" se uitleg aangepas om benewens tunapaal ook aangewend kan word in die stokvislanglyn sektor.

   

          

                                 "GREY GHOST"
   


Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 in Houtbaai lê en vertoef die stokvistreiler "Teya-Nikka" vir 'n wyle, voordat die skuit weer na die treilgronde sou vertek het.

   

             TUNAPAALSKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 in Houtbaai is 'n seleksie van tunapaalskuite waaronder "Shaya", "Radiant Star", "Frenchy Maria", "Ilda", "Oceanic Hunter", "Common Wealth", "Sneeuberg", "Kingfisher" en "Endurance" om net 'n paar name te noem.

                                         "SHAYA"
   

                          "OCEANIC HUNTER"
   

                           "RADIANT STAR"
   


Afgeneem hieronder van links na regs lê "Frenchy Maria", "Kraken" en "Radiant Star".

   

                                   "KINGFISHER"
   

                         "COMMON WEALTH"
    

                                  "SNEEUBERG"
    


Afgeneem hieronder van links na regs lê "Endurance", "Southern Tiger" en "Perle Du Atlantic".

   

                          
   "ENDURANCE"
   

                                               "ILDA"
   
  

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 in Houtbaai lê die verlate rompe van "Africa Unity" en "Edelweiss" nog doelloos langs die kaai, terwyl nog 'n onaktiewe skuit "Silver Hunter", ook nog verbete probeer vasbyt om nie ook dieselfde paadjie te loop nie...

   

                              "SILVER HUNTER"
   


             KREEFSKUITE KOM HUIS TOE

Afgeneem hieronder op 7 Januarie 2025 is die "Paulsberg" en "Southern Horizon" oppad terug na Houtbaai vanaf die kreefgronde suid van Slangkop.

                                     "PAULSBERG"
   

   

                          "SOUTHERN HORIZON"
   

                                     "JACOB V"
   


   SKUITE OP SALDANHABAAI SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 5 Januarie 2025 van voor agter op die Saldanhabaai skeepshelling staan "Silver Challenger", "Boetie Akie" en "South West Condor" vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

   

           DIE LAASTE FOTO VIR 2024!

Afgeneem hieronder op 31 Desember 2024 op die Baai-se-kop by Gansbaai, so net na sonsak, word die heel laaste foto vir 2024 geneem, en daarmee saam groet ons die 2024 visvang-seisoen.

  

        DIE WRAKKE VAN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 is die jongste stand van sake aangaande Houtbaai hawe waar die algehele situasie alreeds buite beheer is, waar misdaad, dwelmisbruik, smokkelary, verouderde en vervalle infrastruktuur en rou riool wat die hawegebied binnestroom. Tog is daar diegene wat hulself voordoen dat Houtbaai hawe een van die top toeristeatraksies in die Kaapse Skiereiland is. Kyk, en besluit maar vir u self...

                                     
"EDELWEISS"
  

                                       
"MERLENE"
  

                                       
"MARCON"
  

                                        
"MARTIN J"
  

                                         
"ASTERIX"
  

                                      
"SPES NOVA"
  

   DIT WAT OOR IS VAN DA GAMA VISBEDRYF...
  
  

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai lê "Emerald Isle" nog doelloos langs die Yskaai in die hoop vir 'n beter toekoms elders.

  

 
"KHOE-RASI" SE AERIAL STORT NA BENEDE

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai toon die rooi sirkel aam dat een van "Khoe-Rasie" se aerials om gewaai het.

  

  
Trawler Heritage sal nie verbaas wees indien dit die werk van 'n kwaaddoener was, wat die hegboute gesteel het, en die aerial aan sy eie lot oor gelaat het nie...

                                   
"KHOE-RASI"
  
En sedertdien hierdie foto geneem was, het "Khoe-Rasi" op die plek langs "Emerald Isle" gesink, dit nadat Trawler Heritage al by verskeie kere die eienaars mooi versoek het om hul skuit weg te skuif aangesien daar alreeds tekens was waarheen die skuit oppad is heen. Nodeloos het daar niks gebeur nie, en so is daar nou ten minste nog vier tot vyf lê-plekke in Houtbaai se hawe daarmee heen vanwaar die hawe alreeds gebuk gaan onder 'n reuse tekort aan voldoende lê-plekke vir die bestaande vloot.

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai lê die "Ouma", wat presies dieselfde pad gaan loop as die van "Khoe-Rasi", wag kyk maar.

  

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai lê die "Cristo Rei" wat ook bitter laas seewater oor haar planke voel spoel het...

  

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai is daar nog nie veel vordering gemaak ten einde die "Flamingo" weer te herbou nie.

  

   
HOUTBAAI SE SLIP STAAN VOL SKUITE

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 op die  Houtbaai skeepshelling van links na regs staan "Herman S", "Staalkop", "Silver Fern" en "Bolero".

  

Afgeneem hieronder word intensiewe aandag gegee aan "Herman S" se houtwerke, vanwaar die oor gespyker word en nuwe planke toe gevoeg word waar benodig.

  
En sedertdien hierdie foto geneem was, het die kwaaddoeners gegaan en "Herman S" se grid cooler terwyl sy op die slip staan, af gesaag en weggedra - dis nou die tipiese Houtbaai gedrag waarmee die booteienaars deesdae mee moet saam leef.

                                    "SILVER FERN"
  

                                        "STAALKOP"
  

  
NOG 'n HOUTBAAI MISDAAD TONEEL...

Dis nie net die Houtbaaiers wat misdaad pleeg nie, dis ook in die plaaslike diereryk waar die diere nou die mensdom se gewoontes begin aanleer..Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 wag hierdie meeutjie geduldig se kans af om 'n chovy te steel uit een van "Ilda" se live bait tenke...

  

    
Wag-wag, ek sien 'n chovy wat nou
             boontoe swem in die tenk...

  

   
Daar het hy die chovy! In die agtergrond
     jubel een van sy makkers aangaande
              die buit wat gemaak is!


  

     
               Smaaklike ete...

  

 
"GREY GHOST" WORD HERBOU VIR STOKVIS

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai word addisionele verbouings gedoen aanboord van die tunapaal skuit "Grey Ghost", ten einde die skuit ook in staat te stel om stokvis met die langlyn te vang.

  

Aangetoon met die rooi sirkel is 'n addisionele venster toegevoeg in "Grey Ghost" se wielhuis.

          

        
KREEFSKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 is 'n seleksie van kreefskuite teenwoordig in Houtbaai waaronder "Zita 1", "Jacob V", "Southern Horizon",
"El Pescador", "Bressa" en "Paulsberg" om net 'n paar name te noem.

  

                                    "JENNY ANNE"
  

                               "OCEAN HARVEST"
  

                          "SOUTHERN HORIZON"
  

Afgeneem hieronder van binne na buite lê "Zita 1", "El Pescador" en "Southern Horizon".

  

                                               "ZITA 1"
  

                                             "JACOB V"
  

                                    "PLETTENBERG"
  

                                            "BRESSA"
  

   NUWE BOEGKLEURSKEMA VIR "PAULSBERG"


Dis nie elke dag dat mens 'n nuwe boegkleurskema op 'n skuit raak loop nie. Aangetoon met die rooi sirkel spog "Paulsberg" nou met 'n nuwe rooi boegkleurskema, vanwaar die skuit voorheen (eintlik haar hele lewe lank nog) 'n grys boegkleurskema vertoon het.

                 "NUWE" BOEGKLEURSKEMA
  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder, is hoe "Paulsberg" voorheen daarna uit gesien het met 'n grys boegkleurskema.

                    "OU" BOEGKLEURSKEMA
  

          
TUNAPAALSKUITE IN HOUTBAAI

Na 'n uitstekende begin tot die 2024-2025 tunapaal seisoen, het Houtbaai se tunavloot 'n blaaskans geniet tydens die feesseisoen. Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 is 'n seleksie van die tunapaalvloot  teenwoordig in Houtbaai waaronder "Ilda", "Sneeuberg", "Covi II", "Kingfisher", "Radiant Star", "Dr.Fish", "Thorfin", "Sea Hunter", "Baluguru", "Perle Du Atlantic", "Frenchy Maria", "Kraken" en "Shaya" om net 'n paar name te noem.

          "ILDA"
(binne); "TIYALINA" (buite)
  

                                                 "ILDA"
  
                        
                                        "BALUGURU"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Endurance", "Southern Fisher", en "Perle Du Atlantic".

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Frenchy Maria", "Kraken", en "Radiant Star".

  

  

   "SHAYA"
(buite); "BRAVEHEART" (binne)
  
                              
                                       "ROOIGOUD"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Kingfisher", "Gypsy Rose", en "Freedom".

  

                                          "FREEDOM"
  

                                        "KINGFISHER"
  

                                      "GYPSY ROSE"
  

                             "COMMON WEALTH"
  

                                       "SNEEUBERG"
  

                                             "COVI II"
  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Dr.Fish", "Nicky B", en "Maverick".

  

  

                                  "RADIANT STAR"
  

                                        "ESRA CRUZ"
  

                                            "THORFIN"
  

                  SKUITE LANGS JETTY NO.3

Afgeneem hieronder 30 Desember 2024 in Houtbaai het talle skuite gelê wat deel uitmaak van die plaaslike tunapaal en tunalanglyn vloot langs Jetty No.3 waaronder "Alalunga", "Maine", "Tamara", "Elandsberg", "Puffin", "Gary", "Waterbaby", "Seawin Ruby", "Seawin Sapphire", "Hooked" en "Western Explorer" om net 'n paar name te noem.

  

                                     "WATERBABY"
  

  

                              "OCEANA CLIPPER"
  

Afgeneem hieronder van binne na buite lê "Seawin Sapphire", "Seawin Ruby", "Ocean Wanderer" en "Hooked".

  

                                             "HOOKED"
  

Afgeneem hieronder lê "Ocean Dynamo" met "Tiger Fish" en "Tierkop" aan haar binnekant.
                                         
  

                                             "PUFFIN"
  

                                            "TAMARA"
  

                        "WESTERN EXPLORER"
  

                                        "ALALUNGA"
  

Afgeneem hieronder 30 Desember 2024 in Houtbaai vertoon "Sandalene" ook nou vir die eerste keer haar tunapaal-lisensie op die whale back soos aangetoon met die rooi sirkel.

  

                                       "SANDALENE"
  

Afgeneem hieronder 30 Desember 2024 in Houtbaai is die bulwarks van "Elandsberg" rooi van die roes - maar wat, die skuit is suksesvol en vang goed vis! Dis al wat tel.

  

                                     "ELANDSBERG"
  

Afgeneem hieronder 30 Desember 2024 in Houtbaai lê "Swellendam" met "Joe Doe" en "Rooigoud" aan haar buitekant.

  

Afgeneem hieronder 30 Desember 2024 in Houtbaai is die stokvislanglyn skuit "Shivon".

  

  

Afgeneem hieronder 30 Desember 2024 in Houtbaai is die tunapaalskuit "Abdul Latief" nog steeds buite aksie nadat die skuit se Doosan masjien gedurende Oktober-maand ter see die gees gegee het...

  

                                    "ABDUL LATIEF"
  

Afgeneem hieronder 30 Desember 2024 in Houtbaai is die tunalanglyn skuit "Ocean Hercules".
                             
  

                        "LOCQUERAN" LAAI YS


Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai is die stokvistreiler "Locqueran" besig om ys te laai vir 'n opkomende stokvistrip.

  

                                      "LOCQUERAN"
  

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai lê die stokvistreiler "Teya-Nikka" afkomstig van Port Elizabeth.

  

  

   NUWE TRACPHONE KVH SATCOM DOME
                     VIR "ESRA CRUZ"
        
Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai is 'n nuwe Tracphone KVH Satcom dome wat bo-op "Esra Cruz" se radarstaander gemonteer is.

  

   "ESRA CRUZ"
(buite); "CAPE FRIO" (binne)  
  

         NUWE FLEETONE SATCOM DOME
                     VIR "PENKOP II"

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai is 'n nuwe "Fleetone" antenna te siene op die "Penkop II", vir aanboord-internet toegang.

          

                                         "PENKOP II"
  

            NUWE SAILOR SATCOM DOME
                     VIR "SEA HUNTER"

Afgeneem hieronder op 30 Desemberin Houtbaai 2024 is 'n nuwe "Sailor" satcom antenna te siene op die "Sea Hunter", vir aanboord-internet toegang.

  

                                       "SEA HUNTER"
  

        NUWE FLEETONE SATCOM DOME
                  VIR "TYLER'S TIDE"

Afgeneem hieronder op 30 Desember 2024 in Houtbaai is 'n nuwe "Fleetone" antenna te siene op die "Tyler's Tide", vir aanboord-internet toegang.

  

                                      "TYLER'S TIDE"
  

         SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai was vyf stokvistreilers teenwoordig naamlik "Harvest Georgina", "Harvest Gavina", "Harvest Bounty", "Harvest Saldanha" en "Harvest Selina".

                         "HARVEST GEORGINA"
  

                             "HARVEST GAVINA"
  

                              "HARVEST SELINA"
  

                              "HARVEST BOUNTY"
  

                         "HARVEST SALDANHA"
  

         PELAGIESE VLOOT IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 was agt pelagiese skuite te siene in Saldanhabaai. Terwyl "Silver Challenger", "Boetie Akie" en "Restless Wave" hul beurte moes afwag om die skeepshelling te besoek, was "Sette Mari" sowel as "Star Crest" op die skeepshelling vir hul jaarlikse roetine instandhoudingswerk.

                        "SILVER CHALLENGER"
  

  "BOETIE AKIE"
(buite); "ATLANTIC
             ENDEAVOUR"
(binne)  
  

                              "RESTLESS WAVE"
  

  

  

  

  "STAR CREST"
(links); "SETTE MARI" (regs)  
  
 
                                     
"SETTE MARI"
  

                
MANNETJIE-GUARD 2.0 VIR
                        "RESTLESS WAVE"


Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 in Saldanhabaai vertoon "Restless Wave" nou 'n addisionele toevoeging tot haar mannetjie-guard soos aangetoon met die rooi sirkel.

  

      STOKVISLANGLYN SKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 was vier stokvislanglyn skuite in Saldanhabaai by name "Emerald", "Karin 1", "Kianga" en "Pakamani".

                                          "EMERALD"
  

                                             "KARIN 1"
  

                                             "KIANGA"
  

                                         "PAKAMANI"
  

  

  "PAKAMANI"
(links); "BOETIE AKIE" (regs)  
  

    
NUWE WIELHUISDEURE VIR "TICKEY"

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 langs die Presidentskaai is nuwe houtskuifdeure sowel as houtrame te siene op die agterkant van "Tickey" se wielhuis.

  

   
         NUWE KLEURSKEMA VIR "IRMA"

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 op die Saldanhabaaiskeepshelling vertoon die akwakultuurskuit "Irma" nou 'n nuwe ligblou kleurskema vanwaar die skuit voorheen 'n donkerblou kleurskema vertoon het.

                          
"NUWE" KLEURSKEMA
  


                               "OU" KLEURSKEMA

  

  
Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 op die Saldanhabaaiskeepshelling staan die vragboot "Penquin 1".

  

                                        
"PENQUIN 1"
  

         "IRMA"
(links); "PENQUIN 1" (regs)  
  

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 langs die Presidentskaai lê die kreefskuite "Derek 1" met "Ghoerieman" aan haar binnekant.

  

                                              "DEREK 1"
  

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 langs die Presidentskaai lê "Vlaeberg" met "Tickey" aan haar binnekant.

  

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 in Saldanhabaai is hoe die "Vlaeberg" tans daarna uitsien vanwaar die skuit stuk-vir-stuk afgetakel word om gesloop te word.
  
  

Afgeneem hieronder op 21 Desember 2024 langs Slipkaai in Saldanha vertoef die tunapaalskuit "Jacqueline" nog in die hawe.

  

Afgeneem hieronder op 20 Desember 2024 is die span van Malgas Marine onderweg na Yachtport in Saldanhabaai met die "Renja".
  
  

Afgeneem hieronder op 20 Desember 2024 op die Saldanhabaai skeepshelling staan "Sette Mari" in die voorgrond met "Star Crest" langsaan.

  

  

  
     AAI OU "STAR CREST", HULLE GAAN
                    DIT NOOIT REG KRY NIE!

Afgeneem hieronder op 20 Desember 2024 op die Saldanhabaai skeepshelling toon die rooi sirkel aan dat die (dom) skuitverwers alweer die eerstydse areakode van Peterhead (PD) in Skotland op "Star Crest" se kop geverf het, wat inderwaarheid geen betekenis meer het nie. 

  


Afgeneem hieronder op 19 Desember 2024 in die Gansbaai Nuwehawe lê "Kolgans" (links) nog in afwagting vir 'n skoon laag verf, terwyl "Stormgans" (regs) blink in die son vanwaar die skuit alreeds die Gansbaai skeepshelling besoek het gedurende November-maand.
       
         

   
"RESTLESS WAVE" OPPAD SALDANHA TOE
             
Terwyl die meeste vakansie hou, is die bemanning van "Restless Wave" te siene op die see. Afgeneem hieronder op 19 Desember 2024 buitekant Tietiesbaai is "Restless Wave" onderweg vanaf Laaiplek na Saldanhabaai, vanwaar die skuit op die slip gesit gaan word.

  

                "CAPE FRIO" VANG STOKVIS
             
Afgeneem hieronder op 14 Desember 2024 sowat 15 myl reg wes buitekant Dasseneiland is die stokvislanglynskuit "Cape Frio" besig om een van
haar langlynstringe op te trek.

  

      LUDERITZ KREEFVLOOT BY DIE HUIS
             
Afgeneem hieronder op 12 Desember 2024 in Luderitz is 'n seleksie van die plaaslike kreefvloot teenwoordig in die hawe waaronder "Moira D", "Heroes Day", "Patience", "Elizabeth V", "Canan", "Lil'Meha", "Steenbok 1" en "Mary V".

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Goldfish", "Heroes Day" en "Patience".

  

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Helen D", "Bluefish" en "Elizabeth V".

  

Afgeneem hieronder lê "Canan" (voor) met "Moira D" aan haar binnekant.

  

  

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Lil'Meha", "Steenbok 1" en "Mary V".

  

 "CHARLENE" WORD HERDOOP "ELIZABETH V"
             
Afgeneem hieronder op 12 Desember 2024 in Luderitz is die voormalige aas-skuit van Mosselbaai genaamd "Charlene", wat intussen herdoop is tot "Elizabeth V", en nou deel vorm van die kreefvloot
wat werksaam is vanuit Luderitz.

  

                           "GANSE" OP DIE SLIP
             
Afgeneem hieronder op 10 Desember 2024 op die Gansbaai skeepshelling word "Berggans" (links) en "Wafra" (regs) voorberei vir die 2025 pelagiese seisoen.

  

     "WAFRA"
(voor); "BERGGANS" (agter)  
  

Afgeneem hieronder op 6 Desember 2024 in die Gansbaai Ouhawe lê "Kolgans" met haar stuurboordsy teen die kaai, onderwyl haar net op die kaai oop getrek is ter voorbereiding van die nuwe pelagiese seisoen.

  

             PASSASIERSKIP IN MOSSELBAAI
             
'n Passasierskip op anker in Mosselbaai is besig om 'n alledaagse gesig te word in hierdie deel van die wêreld. Afgeneem hieronder op 2 Desember 2024 lê 'n passasierskip op anker buitekant Mosselbaai hawe, vanwaar die plaaslike hawe veels te klein is om hierdie kaliber skepe te kan hanteer.

             

    DIE MOSSELBAAIERS GAAN SEE TOE
             
Afgeneem hieronder op 2 Desember 2024 so net na sonsak loop die sardynskuite "Sagax" en "Castella" vanuit Mosselbaai hawe om sardyn te gaan soek in die suid-weste buitekant Mosselbaai.
 
                                
"SAGAX"
             
        
                           
"CASTELLA"
             

                DIE VIS BEGIN TE SKRYF
             
Afgeneem hieronder op 2 Desember 2024 begin die sardyn te skryf op "Borderer" se sonar, so in die suid-weste buitekant Mosselbaai.

                 

                     NUWE KLEURSKEMA
                       VIR "ADELETTE"

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 in Saldanhabaai vertoon die stokvislanglynskuit "Adelette" nou 'n nuwe blou kleurskema vanwaar die skuit voorheen 'n grys kleurskema vertoon het.

                       
"NUWE" KLEURSKEMA
  

      

                               "OU" KLEURSKEMA
  

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 in Saldanhabaai vertoon "Sette Mari" maar taamlik rof na afloop van die pelagiese seisoen. Aag wat, niks wat 'n blik verf nie weer kan mooi maak nie. 

  

  
"SETTE MARI" (links); "SILVER CHALLENGER" (regs)  
  

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 in Saldanhabaai is die "spool" van "Boetie Akie" se stacker verwyder vir herstelwerk.

  

                                       "BOETIE AKIE"
  

  

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 op die  Saldanhabaai skeepshelling blink "Atlantic Endeavour" weer in 'n skoon laag verf.

  

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 langs die Presidentskaai in Saldanha rus die stokvislanglynskuit "South West Condor".

  

Afgeneem hieronder beloer ons "South West Condor" se freeing ports - eenvoudig, tog doeltreffend genoeg om die owerhede se monde te snoer...

  

  

                      "SOUTH WEST CONDOR"
  

                 KREEFVLOOT IN SALDANHA


Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 was nege kreefskuite wat behoort aan Lusitania Fishing teenwoordig langs die Presidentskaai. Hieronder, van binne na buite lê "Jenny-Anne"; "Mbambatha en "Derek 1".


   

   

Afgeneem hieronder lê daar selfs nog bokse aas op "El Pescador" se dek...

   

   

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 lê "Zita 1" met "Tickey" aan haar binnekant.   

   

   
    "VLAEBERG" WORD AFGETAKEL

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 langs die Presidentskaai is hoe sake tans uitsien met die sloping van die voormalige tunapaalskuit "Vlaeberg", vanwaar die skuit stelselmatig afgetakel word om uiteindelik gesloop te word.


   

   

     

  
"ADELETTE
" (buite); "VLAEBERG" (binne)  
   

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 langs die Presidentskaai beloer ons "Adelette" se navigasie antennas wat by die dag net meer en meer word...

   

                      "TICKEY" WORD HERBOU

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 langs die Presidentskaai breek ons skuit af aan die een kant, en bou weer skuite op aan die ander kant...In hierdie geval is dit die "Tickey" wat intensiewe aandag kry, en feitlik alles wat op die agterstewes hoort, lê nou verstrooi op die skuit se voor-dek waaronder die uitlaatpype sowel as die "veranda".

   


Afgeneem hieronder sal mens oplet dat selfs die skuit se Phyfer winch ook verwyder is vir 'n ordentlike "overall".

   

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 langs die Presidentskaai is die stokvislanglynskuit "Karin 1", met "Boetie Akie" reg agter haar.

   

                                             "KARIN 1"
   

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 op die Saldanhabaai skeepshelling is die tunapaalskuit "Jacqueline".

  

  
   NUWE TOEVOEGENS OP "KIANGA"

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 langs die Presidentskaai is 'n aantl nuwe toevoegens op die stokvislanglynskuit "Kianga" opgemerk waaronder 'n nuwe vlekvryestaal uitlaatpyp soos aangedui hieronder met die rooi sirkel.

  

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder, is hoe "Kianga" se uitlaatpyp konfigurasie voorheen daarna uit gesien het.

  

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 is nog twee nuwe toevoegens soos aangedui met die rooi sirkels naamlik die Metzer soeklig asook 'n nuwe Tracphone KVH Satcom dome.


  

             "EKIKIMBO" SE VISBAK RY
                 SAAM MET
"KIANGA"

Afgeneem hieronder op 1 Desember 2024 aanboord van "Kianga" is 'n verlore visbak van die stokvistreiler "Ekikimbo" van Walvisbaai wat deel vorm van Novanam se treilvloot, waarvan "Kianga" ook terug in tyd deel van gevorm het.


  

Afgeneem hieronder op 25 November 2024 het "Stormgans" die Gansbaai skeepshelling se hekkie oop gemaak, en daardeur verseker dat sy die ander "ganse" voorgespring het, en terselfde tyd kon daar ook aandag gegee word aan haar problematiese side-thruster.

         

Afgeneem hieronder op 25 November 2024 op Gansbaai lê die kreefskuit "Atlantic Blessing" in die voorgrond, terwyl "Vleigans" se net afgetrek word in die agtergrond.

            

             SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 lê slegs sewe skuite langs die Ooskaai by name "Abraham T", "Amalia", "Sailfish", "Werkendam", "Conquistador", "Southern Cross" en "Tomren", terwyl die res van die vloot op daardie stadium op die see was en baljaar het onder groot skole langvin-tuna.

  


    "ABRAHAM T" MAAK REG VIR STOKVIS-TRIP

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 langs die Ooskaai word "Abraham T" se visbakke reg gepak ter voorbereiding van 'n opkomende stokvis-trip.

  

  
Dis darem vreemd hoe kulture en tradisies verskil tussen die onderskeie visvangsektore in die Suid-Afrikaanse visbedryf...ek meen waar in die wêreld sal jy 'n ooit 'n pelagiese visserman sien wat werk met handskoene aan? Jy sal uitgelag word, en waarskynlik nooit die einde daarvan hoor nie...

                                  
"ABRAHAM T"
  

                                     "AMALIA"
  

                             "SOUTHERN CROSS"
  

                                "CONQUISTADOR"
  

                                     "TOMREN"
  

                                 "WERKENDAM"
  

       SKUITE OP DIE SYNCHRONISEERHYSER

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die stokvistreiler "Lucerne" vir algemene instandhouding en 'n skoon laag verf, terwyl die tuna langlynboot "Intrepid" ook teenwoordig was met 'n oop gesnyde romp.

                                  "LUCERNE"
         

   

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die langlynboot "Intrepid", waarvan 'n gedeelte van enjinkamer se rompplate verwyder is ten einde toegang tot die enjinkamer te kon verkry. Trawler Heritage kon nie vasstel presies wat haar pyne is nie, want net op daai spesifieke oomblik kon niemand wat daar werksaam was Afrikaans, Engels of selfs gebare taal verstaan nie - geheimsinnigheid op sy beste, maar gegewe die tydelike oogbout wat bokant die opening op die romp vasgesweis is, kon mens aflei dat daar 'n swaar stuk toerusting uit die opening "ge-rig" was.

   

                                            "INTREPID"
   

          DIE LONGLINERS LAAI VIS AF

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 word beide die "Leontina Maria" se vrag stokvis, sowel as die "Seawin Emerald se vrag tuna en swaardvis afgelaai by die Vismark-kaai in die Kaapse dokke.

   

Afgeneem hieronder staan die visbakke vol stokvis in afwagting vir die vissmouse om elkeen hul geallokeerde "tally" te kom afhaal wat aan wal gebring is deur "Leontina Maria".

   

Afgeneem hieronder is "Leontina Maria" se crew besig om al die oortollige ys uit die skuit se ruime te verwyder.

   

                               "LEONTINA MARIA"
   

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 word "Seawin Emerald" se vangs afgelaai, waarvan heelparty van die tunas en swaardvisse veel groter as mense was!

   

   

   

Terwyl hulle besig is met die aflaai van "Seawin Emerald" se vangs, loop ons sommer terselfde tyd tussen die skuite deur en hou ook ander skuite se bewegings dop, terwyl ons 'n ogie hou op die aflaaiproses...

              
 "KU-ULA" (links); "MPHO" (regs)
   

                                         "STAALKOP"
   

                                              "RRR"
   

Terug by "Seawin Emerald", en die eerste swaardvis (een van baie) word uit die visruim getrek.

   

                                                "TINA"
   

   

"SOUTH WEST LAPWING" KRY INTERNET EN TV

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 langs die Ooskaai toon die sirkel 'n nuwe "Fleetone" antenna aan aanboord van die "South West Lapwing", vir aanboord internet toegang.

   

                      
"SOUTH WEST LAPWING"
   

'n Bak vol van die "kleiner" tunas wat deel gevorm het van "Seawin Emerald" se vangs...

   

                                         "NICOLETTE"
   

   

                 TRANSITO-WA OP DIE KAAI?

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 op die Vismark-kaai het hierdie transito-wa sy verskyning gemaak...een van die skuite het dan sekerlik 'n "goudvis" in die hold gehad?

   

   

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 langs die Vismark-kaai vertoon "Chris Trautman" haar vorige roepletters onderstebo, vanwaar die skuit tans die huidige roepletters ZS8592 vertoon.

   

Afgeneem hieronder is twee reuse Opah visse wat deel gevorm het van "Seawin Emerald" se vangs. Hierdie visse se dieet bestaan hoofsaaklik net uit tjokka, alhoewel die kleur, tekstuur en die smaak van hierdie vis se vleis, feitlik presies dieselfde is as beesvleis.

   

Afgeneem hieronder is die handskoene van "Chris Trautman" se crewmanne op die "capping" uit gepak om te sondroog.

   

Afgeneem hieronder en nog drie swaardvisse word uit "Seawin Emerald" se romp getrek.

   

Afgeneem hieronder word 'n besending growwe sout by die Vismark-kaai afgelaai, vir die maak van "brine water".

   

   

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 en die manne van I&J is besig met herstelwerk aan 'n sleeptreilnet op die kaai.

   

   

Ag hoe maklik! Afgeneem hieronder word 'n mobiele hyskraan in gespan om "Avro Warrior" se treilnet met een slag van die skuit af te tel - g'n gesukkel om mense te gaan soek om die net op en van die skuit te trek soos in die pelagiese bedryf nie.

          
Sjuut, ons moenie so hard praat van skuite en "trawlers" voor die manne van I&J nie...hulle is so 'n paar trappies hoër as die res van die visbedryf...hulle verwys na hul bote as "vessels". 

  

Afgeneem hieronder en dis duidelik dat hierso so bietjie wanorde heers op hierdie skuit - dis nie hoe jy 'n skuit vasmaak nie, en dan wonder ons hoekom die handreëlings op die skuite se whalebacks alewig krom staan? Daar is wel 'n fairlead gemonteer, maar skynbaar ken die crew nie die doel daarvan nie...

  

  

            "CHRIS TRAUTMAN" SKOP UIT

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 verskuif die tunapaalskuit "Chris Trautman" vanaf die Vismark-kaai oor na die Collier jetty. Soos Trawler Heritage reeds vooraf melding gemaak het, heers daar so bietjie wanorde op hierdie skuit - dis tyd om so bietjie te lag en om humor in te bring vit dit nou wat gaan volg...

  

  

Afgeneem hieronder is die skipper van plan om langs "South West Lapwing" te gaan vasmaak, maar o'aarde, die skipper gee vet en daar is niemand op die skuit se agterstewes om die vasmaaktou in te trek wat agter die skuit aansleep nie. Die twee manne voor-op die whaleback lyk heel rustig aangaande die hele situasie...

  

Terug by tonele waar die manne weet wat hulle doen, en nog tuna word uit "Seawin Emerald" se ruime getrek, dit terwyl sommige skuite soos die "Atlantic Tuna" weer besluit het genoeg is genoeg van die heersende chaos wat aan die afspeel is, en hulself uit die voete gemaak het...

  

                                 
"ATLANTIC TUNA"
  

  

Afgeneem hieronder het die skipper nou mooi sy skuit maneuver tot teenaan die "South West Lapwing", dis nou die crew se beurt om hul slag te wys en die vasmaaktoue oor te gooi, maar aai, dis makliker gesê as gedaan...

  

Nadat 'n crewman uiteindelik sy verskyning uit die galley gemaak het, en die agterste vasmaaktou in getrek het, kon hy daarin slaag om die tou oor te gooi na die "South West Lapwing". Dis egter voor-op die skuit se kop waar die dinge nou vashaak...

  

Dis nou met hierdie twee crewmanne op die skuit se kop waar dinge net nie vlot wil verloop nie...

  

Daar gaat "Chris Trautman" alweer! Dis net skuim, rook en borrels namate die skipper nou duidelik sy humeur verloor het!

  

Ons probeer maar weer, en hoe daai agterste vasmaaktou wat in die water lê nie in die propeller beland het nie, is sekerlik net een groot wonderwerk!

  

Net die manier hoe daai vasmaaktou hanteer word, kan jy nie anders nie as om te begin lag nie...

  

Instede daarvan om die tou se punt oor te gooi, gooi hulle sommer die hele hoop opgerolde tou oor, terwyl die tou se punt nog stewig in die crewman se hande is...

  

En daar lê die tou nou in die water...kom laat ons maar weer probeer!

  

Skop, stern, borrels en rook en uiteindelik het die vasmaaktoue voor sowel as agter dit gemaak tot bo-op die "South West Petrel". Maar wag, die chaos is nog lank nie verby nie...

  

Nog so bietjie skop en maneuvers is nodig om die skuit in posisie te bring...

  

Nou is daar weer 'n probleem by die voorste bollard... die crewmanne kry net eenvoudig net nie die "slack" in getrek nie...

  

'n Derde crewman het hom sopas aangesluit by die bestaande twee crewmanne op die kop. In die voorgrond op die foto staan die skipper langs die wielhuis se deur en gooi sy hande omhoog in misnoeë!

  

Einde ten laaste het die skipper geen ander keuse gehad as om self kop toe te loop, en self die vasmaaktou om die bollard vas te trek nie.

  

                                        
"VALHALLA"
  

Afgeneem hieronder gaan die aflaaiery op "Seawin Emerald" nog steeds voort, namate 'n hele rits swaardsvisse uit die hold getrek word.

  

                                   
"KU-ULA"
         

  

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 is "Bella Da Lunar" onderweg vanaf die Elliot basin na die South Arm ysbunker, ter voorbereiding van 'n opkomende tuna trip.

  

  

Afgeneem hieronder word nog 'n reuse tuna afgelaai deur die "Seawin Emerald"

  

                              
"BELLA DA LUNAR"
  

      STOKVISTREILERS IN VICTORIA BASIN

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 is 'n seleksie van stokvistreilers teenwoordig in die groter Victoria Basin area waaronder "Beatrice Marine", "Dona Jane", "Umlobi", "Umlungisi", "African Queen" en "Isabella Marine" om net 'n paar name te noem.

                            
"BEATRICE MARINE"
  

                                      
"DONA JANE"
  

                                             
"UMLOBI"
  

Nog 'n string swaardvisse word deur "Seawin Emerald" afgelaai.

  

                                      
"UMLUNGISI"
  

                            
"ISABELLA MARINE"
  

En nog 'n string tuna word deur "Seawin Emerald" afgelaai...

  

                                       
"KEY LARGO" 
  

                               
"AFRICAN QUEEN"
  

                                           
"RIGEL 4"
  

Afgeneem hieronder op 21 November 2024 word die laaste voorbereidingswerk getref, alvorens "Lucerne" die synchroniseerhyser se bed verlaat, voordat sy haar weer sou aansluit by die Viking vloot langs South Arm.

  

       SALDANHA SE SLIP STAAN GEPAK

Afgeneem hieronder op 17 November 2024 was vier
skuite asook 'n Portnet loodsvaartuig teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling waaronder "Atlantic Endeavour", "Aranos", "Carlo" en "Swartberg".

                    
"ATLANTIC ENDEAVOUR"
  

Afgeneem hieronder is (SAMSA se) freeing ports mooi gepoeier ter voorbereiding vir 'n skoon bo-laag verf.

  

                                          
"ARANOS"
  

 
"CARLO" (links); "SWARTBERG" (regs)
  

                                            "CARLO"
  

Afgeneem hieronder op 17 November 2024 lê "Silver Challenger" (buite) en "Boetie Akie" (binne) langs die Presidentskaai in afwagting vir hul onderskeie beurte om die Saldanhabaai skeepshelling te kan besoek.

  

Afgeneem hieronder op 17 November 2024 in Saldanhabaai lê die diamantskuit "Margaret D".

  

     SUID-ORANJE HYS DIE WIT VLAG

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 staan die produksielyne by Suid-Oranje doodstil, vanwaar die fabriek en die skuite soos in die geval van "Lisa Ann" en "Ruwekus" nou in alle erns voorberei sal word vir die aanbreek van die 2025 pelagiese seisoen.

  
Jare gelede het die pelagiese fabrieke letterlik 'n wit vlag gehys om die aanbreek van die pelagiese afseisoen aan te toon - 'n mooi tradisie wat egter
met die verloop van baie ingaande en uitgaande getye oor die jare heen, heeltemal verdwyn het...

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 by Suid-Oranje is "Lisa Ann" te siene sonder haar stacker soos aangetoon met die rooi sirkel.

   


                                          
"LISA ANN"
  

                                          
"RUWEKUS"
  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 in Sandy Point is die snoekskuit "Debnal", met die tunapaalskuit "Colin B" aan haar binnekant.

  

                                             
"COLIN B"
  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 in Sandy Point hawe is 'n sweiser besig om onderhoudswerk te verrig op die handreëlings van die besoekende stokvistreiler, "Teya Nikka" van Port Elizabeth.

  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 op die  Sandy Point skeepshelling staan die vragboot "Tygerberg" in afwagting op beter dae.

  

        PELAGIESE VLOOT IN SANDY POINT

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 volg 'n seleksie van die pelagiese vloot in Sandy Point hawe waaronder "Oceana Mercury", "Wildekus", "Ebb Tide", "South West Falcon", "Oom Arthur", "Star Crest", "Restless Wave", "Orion", "Odyssey" en "Atlantic Rose" om net 'n paar name te noem.

                           
"OCEANA MERCURY"
  

                                   
"OOM ARTHUR"
  

                                      
"WILDEKUS"
  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 spat die vuurogies in alle rigtings namate 'n sweiser besig is met onderhoudswerk aanboord van "Wildekus".

  

                                     
"ORION"
        
  
   "SILVER BOUNTY"
(links); "SETTE MARI" (regs)
  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 van links na regs lê "Atlantic Rose", "Odyssey" en "Annabelle Rose".

  

  

                             "ANNABELLE ROSE"
  

                                           "ODYSSEY"
  

                                "ATLANTIC ROSE"
  

Die 2024 pelagiese afseisoen is nou in volle swang, met verfkwaste, grinders, sweismasjiene, hoëdrukspuite, mobiele hyskrane en skuite wat op die skeepshellings staan. Afgeneem hieronder op 11 November 2024 staan "Antonie W II" op die Sandy Point skeepshelling, slegs oomblikke nadat die skuit se romp deur hoëdrukspuite skoon gespuit was ter voorbereiding vir 'n skoon laag verf.

  

                                "SILVER DOLPHIN"
  

                                     "SNOWGOOSE"
  

        

  

                                "RESTLESS WAVE"
  

  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 in Sandy Point word "Restless Wave" se romp afgeskuur ter voorbereiding vir 'n skoon laag verf. Die man hier in die voorgrond vat 'n kort ruskansie - sy arms was maar taamlik lam van "sander" vashou...

  

"EBB TIDE"
(links); "SOUTH WEST FALCON" (regs)
  

                                            "EBB TIDE"
  

                       "SOUTH WEST FALCON"
  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 langs die Regeringskaai lê die stokvistreiler "Boetie Bert".

  

     
            TALLIE MARINE LAAT NUWE
                     LONGLINER TER WATER
                   GOOD-LUCK "BALANCE 2"

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 langs die Tallie Marine kaai in Sandy Point is die "Balance 2", die nuutste 76-voet tuna longliner wat deur die skeepswerf te water gelaat is, wat haar eersdaag by die Houtbaai vloot sal aansluit.

  

                                         DEKUITLEG
  

     SPREILIGTE OP VOORSTE MASPAAL
  

  

                            
VANGS VAN DIE DAG

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 arriveer die lynvisskuit "Piranha" in Sandy Point hawe met snoek aanboord.

  

                              "ANNA" BREEK OP

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 in Sandy Point hawe is hoe die gedisintegreerde romp van die voormalige sardynskuit "Anna" tans daarna uitsien, nadat die hele dekstruktuur los gebreek het van die res van die romp, en die whaleback weer op sy beurt los gebreek het van die bulwark struktuur.

  

   
              NUWE KLEURSKEMA VIR
                      "HIGHLAND QUEEN"


Trawler heritage het die crew nog onlangs aangeraai om die zolle byderhand te hou vir wanneer "Highland Queen" se nuwe kleurskema vertoon gaan word. Afgeneem hieronder op 11 November 2024 in Sandy Point hawe is die "Highland Queen" nou te siene in haar nuwe rastafariese kleurskema, vanwaar die skuit nou ontslae geraak het van haar tradisionele wit-en-swart kleurskema wat nog terugdateer uit haar dae by Walcano in Walvisbaai. So, wat is Trawler Heritage se indrukke van die nuwe kleurskema? Nee wat mense, kom ons vat maar 'n diep teug, blaas dit uit, en kom laat ons aanbeweeg na die volgende brokkie nuus...hoes-hoes.

                         
"NUWE" KLEURSKEMA
  

                              "OU" KLEURSKEMA
  

      PELAGIESE VLOOT IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 11 Novemver 2024 in Laaiplek volg 'n seleksie van pelagiese skuite langs die Regeringskaai waaronder "Kavalier", "Doloreze", "Elomi", "Eigeveld", "Samrock" en "Stormkop" om net 'n paar name te noem.

  

                   
  "ATLANTIC ENTERPRISE"
  

                                 
   "NOORDEVELD"
  

                                
   "OCEANA RUBY"
  

 "DAGBREEK"
(links); "SAMROCK" (regs)
  

Afgeneem hieronder op 11 Novemver 2024 vertoon "Samrock" nuwe 'n vinielnaamplakker wat onlangs tot die agterstewes toe gevoeg was tydens 'n besoek aan die Key Way shipwright skeepshelling.

  

                                        "TOWERKOP"
  

"SILVER KATONKEL"
(binne); "ATLANTIC ENTERPRISE" (buite)
  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 is daar allerlei bedrywighede in Laaiplek, namate die vloot voorberei word vir die 2025 pelagiese seisoen.

  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 word "Oceana Concorde" versien op die Keyway Shipwright skeepshelling op Laaiplek.

  

                                "FEARLESS"
        

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 langs die Keyway Shipwright jetty word 'n nuwe "bumper board" in aanbou op die stuurboordsy van "Silver Katonkel".

  

  

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 op Laaiplek is nuwe vinielplakkers nou te siene op die whaleback van die nuut herdoopte "Char-Neil".

  

                                        "CHAR-NEIL"
  

                            "ATLANTIC LEADER"
  

                                          "EIGEVELD"
  

 "LOERIESFONTEIN"
(binne); "KAVALIER" (buite)
  

                               "LOERIESFONTEIN"
  

Afgeneem hieronder staan 'n seleksie van International verfblikke, namate "Loeriesfontein"
weer skoon geverf word.

  

                                         "DOLOREZE"
  

Afgeneem hieronder is "Gregory Justin" in afwagting op herstelwerk aan haar stuurboord bulwarks.

  

                              "GREGORY JUSTIN"
  

                                   "BELLA PRIMA"
  

                                              "ELOMI"
  

                                        "STORMKOP"
  

                
"STORMGANS" OP SARDYN

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 in Gansbaai lê en wag "Stormgans" vir haar aflaaibeurt met 'n vrag sardyn in die hold.

            

  
     "RENJA" TREE OP AS LOODSVAARTUIG

Afgeneem hieronder op 11 November 2024 word die Kaapse tunapaalskuit "Amalia" vanuit Saldanhabaai hawe begelei deur die "Renja", wat die rol vertolk het as loodsvaartuig vanwaar "Amalia" op daardie oomblik nie oor die nodige pilot exemption beskik het nie.

        
   Dis ook nie aldag dat jy oomblikke soos hierdie
sien waar Caterpillar vir Cummins so eerbiedig nie...


             
"DONETTE" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 9 November 2024 staan die tjokka catamaran "Donette", afkomstig van Port Elizabeth, op die Gansbaai skeepshelling vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

        

        
"DONETTE" WAG VIR DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 7 November 2024 lê die tjokka catamaran "Donette" in die Gansbaai Nuwehawe in afwagting vir 'n geskeduleerde besoek aan die Gansbaai skeepshelling.

        

        

    
GANSBAAI MARINE BLIK SARDYNE

Afgeneem hieronder op 6 November 2024 hang die vismeeldampe oor die Gansbaai Ouhawe vanwaar Gansbaai Marine se canning plant in volle produksie was.

  

Afgeneem hieronder op 6 November 2024 lê "Berggans" langs die kaai in die voorgrond, terwyl die kreefskuit "Atlantic Blessing" in die agtergrond op haar mooring lê.

  

Wanneer Trawler Heritage nie Port Elizabeth toe kan gaan nie, dan kom Port Elizabeth sommer self na Trawler Heritage toe. Afgeneem hieronder op 4 November 2024 op die Gansbaai skeepshelling staan een van Trawler Heritage se gunsteling tjokkaskuite, die "Esperanza" ter voorbereding van die 2024/2025 tjokka seisoen.

            

       
DIE SKUITE GAAN VAN DIE SLIP AF

Afgeneem hieronder op 4 November 2024 word drie skuite gelyk terug in die water gesit by die Saldanha skeepshelling. In die agtergrond is die kreefskuite "El Pescador" (links) en "Zita 1" (regs), terwyl "Vegkop" links in die foto haar beurt afwag.

  

                

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 op die Saldanhabaai skeepshelling is "Hesko" te siene in onderlaagverf.

  

            
"I DO" TERUG BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 nader "I Do" die bek van die Gansbaai Nuwehawe, onderweg vanaf die stokvisgronde buitekant Hondeklipbaai.

             

     SALDANHA SE SLIP STAAN VOL SKUITE

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 was vyf
skuite asook 'n Portnet loodsvaartuig teenwoordig op die Saldanhabaai skeepshelling waaronder "Amalia", "Vegkop", "Hesko", "Zita 1" en "El Pescador".
             
  

                                            
"AMALIA"
  

  

                                
"EL PESCADOR"
  

                                            
"HESKO"
  

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 langs die Presidentskaai lê die kreefskuite "Derek 1" met "Mbambatha" aan haar binnekant.

  

                                   
"GHOERIEMAN"
  

  "VLAEBERG"
(buite); "ADELETTE" (binne)
  

                                         "ADELETTE"
  

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 langs die Presidentskaai word die "Vlaeberg" nou af getakel, waarna die skuit gesloop sal word.
                            
  

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 langs die Presidentskaai van links na regs lê die Lusitania kreefskuite "Jenny-Anne", "Mbambatha" en "Derek 1".

  

    STOKVISLANGLYN SKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 was drie stokvislanglyn skuite in Saldanhabaai teenwoordig by name "Karin 1", "Emerald" en "South West Condor".

                                             "KARIN 1"
  

                      "SOUTH WEST CONDOR"
  

                                          "EMERALD"
  

        PELAGIESE SKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 3 November 2024 was vier pelagiese skuite teenwoordig in Saldanhabaai. Benewens "Vegkop" en "Hesko" wat op die slip gestaan het, asook "Atlantic Endeavour" en "Boetie Akie" langs die Presidentskaai gelê.

                     "ATLANTIC ENDEAVOUR"
  
            
                                     "BOETIE AKIE"
  

    SKUITE OP GANSBAAI SKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 31 Oktober 2024 staan die Gansbaai skeepshelling vol gepak vanwaar die kreefskuit "Atlantic Blessing" (voor) en die besoekende sardynskuit "Sagax" (agter) van die slip-geriewe gebruik maak vir geskeduleerde instandhoudingswerk.

    

               "I DO" OPPAD HUIS TOE

Afgeneem hieronder op 31 Oktober 2024 arriveer "I Do" in die Gansbaai Nuwehawe, oppad terug van die stokvisgronde wes van Hondeklipbaai.

    

   
      SKUITE OP SALDANHA SE SLIP

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 was vyf skuite teenwoordig gewees op die Saldanha skeepshelling naamlik "Amalia", "Hesko", "Vegkop", "El Pescador" en "Zita 1".

Afgeneem hieronder op die Saldanhabaai skeepshelling word "Vegkop" (voor) en "Hesko" (agter) voorberei vir die 2025 pelagiese seisoen.

  

Afgeneem hieronder op die Saldanhabaai skeepshelling word die kreefskuite "Zita 1" (voor) en "El Pescador" (agter) voorberei vir die 2024/2025 kreefseisoen.

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 op Saldanhabaai skeepshelling blink die tunapaalskuit "Amalia" in 'n skoon laag verf - sy gaan immers 'n "late starter" wees vir die 2024/2025 tuna seisoen, wat gegewe die huidige vangste en beskikbaarheid van vis belofte inhou van 'n uitsonderlike tuna seisoen.

           

    "ABDUL LATIEF" SE ENJIN GEE DIE GEES

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai het die tunapaalskuit "Abdul Latief" nie 'n goeie begin gehad tydens die aanbreek van die nuwe tuna seisoen nie, vanwaar die skuit huis toe gesleep moes word weens enjinprobleme, nadat die Doosan besluit het genoeg is nou genoeg en gevolglik uit die skuit se enjinkamer verwyder moes word vir herstelwerk. In die proses moes die wielhuis los gesny word van die coaming, en rus tans op planke soos aangedui word met die rooi sirkels.

          

       
HOUTBAAI SE YSTORING VERGAAN

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai is die jongste stand van sake aangaande die kondisie van die ystoring wat na die afgelope winterstorms feitlik uitmekaar gewaai is...

   

Ten spyte daarvan dat die ystoring van bo-af uitmekaar val, is daar wel 'n nuwe sementblok konstruksie reg-onder op die kaai te siene soos aangetoon met die rooi sirkel, terwyl die tunapaalskuit "Braveheart" in die voorgrond lê.


            

    

                     
"ESTRELA DO MAR"
           
  GOOI HAAR NAAMBORDE AF


Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai is nuwe viniel naamletters te siene op die whaleback van "Estrela Do Mar" in plek van die ou houtnaamborde.


       "
NUWE" VINIELPLAKKERS OP WHALEBACK  
    

       "
OU" HOUTNAAMBORDE OP WHALEBACK    
   

      VERPIETERENDE HOUTBAAI HAWE
                      EN SY SKUITE


Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai is die volgehoue agteruitgang van hawe infrastruktuur en skuite duidelik sigbaar namate armoede, wetteloosheid en 'n algehele ineenstorting van die die visbedryf in Houtbaai toeneem.

Afgeneem hieronder op die Slipkaai staan hierdie verlate voetstuk vasgebout op die betonblad. Nie te lank gelede nie, het dit deel gevorm van 'n splinternuwe CCTV sisteem wat in die hawegebied geinstalleer was. Op hierdie einste voetstuk was 'n gegalvaniseerde paal gemonteer met 'n CCTV kamera bo-op. Soos te siene is die paal nou afgesaag, terwyl die kamera met bedrading en al voete gekry het.  
    
    

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai is 'n seleksie van verpieterende skuite soos die Nederlanders sal sê - aldus, in 'n staat van so iewerste tussen moertoe en faktap.

                                          "VULGARIS"
    

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 is die treurige gesig om twee van Gansbaai se eertydse spogskuite naamlik "Edelweiss" en "Merlene" so te sien vergaan in Houtbaai. Daar bestaan geen woorde in Trawler Heritage se woordeskat om uit te druk hoe ek voel om hierdie skuite so te sien lê nie, waarvan Trawler Heritage reeds eenmaal tydens 'n t.v. onderhoud daarvan melding gemaak het dat "Merlene" een van die mooiste houtskuite ooit was...met daai "square whaleback", dubbel houtwielhuis, blou romp met 'n wit strepie deur die bulwark, en daai helder oranje watertenke, terug in tyd toe oom Henn nog met haar gewerk het.   
      
    

Afgeneem hieronder is die losdrywende maspaal afkomstig van "Merlene" wat tussen "Edelweiss" en die kaai vasgedruk word - sou daardie maspaal homself daar loswikkel, is dit net so goed soos 'n  "drywende torpedo" wat wag om enige skuit in sy pad te deurboor, en op die plek te sink.

    

                                            
"MERLENE"
    

 
 "EDELWEISS" (voor);"MERLENE" (agter)
    

Afgeneem hieronder druk "Marcon" se skeg in die modder, terwyl die enjinkamer en visruime heeltemal oorstroom is.
                                       
    

Afgeneem hieronder 26 Oktober 2024 is die "Ouma" wat wag om op die plek te sink, nadat alles waardevol, nog alles wat metaal bevat, alreeds van die skuit verwyder/gesteel/geplunder is.

    

Afgeneem hieronder is "Silver Hunter" wat alreeds by 'n vorige geleentheid omgedraai is teen die kaai op haar stuurboordsy omdat haar bakboordsy alreeds deur die kaai in flardes gedruk is, en soos te siene hieronder is dit duidelik dat selfs die stuurboordsy ook nou stelselmatig die ewigdurende gestampery met die kaai gaan verloor...

    

                                   
"SILVER HUNTER"
    

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 is die "Martin J" ook aan die verdwyn nadat die skuit se romp geplunder en opgekap word deur lewendige wesens in hul soeke na skrootmetaal...

    

    

Afgeneem hieronder val die bylhoue op "Martin J" se romp in hul soeke na skrootmetaal - skuitspykers en boute - ja, feitlik enigiets wat die skuit se romp kan aanbied as skrootmetaal word stukkend gekap.

   

Afgeneem hieronder lê "Martin J" se "raft cannister" verlate binne-in die romp.

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 lê "Grant" nog onaangeraak langs Slipkaai, nadat die vandale ook nie hul hande van die skuit kon afhou nie.

   

    
           KREEFSKUITE IN KALKBAAI

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 was vier kreefskuite teenwoordig gewees naamlik "Zanemali", "Impala", "Plettenberg" en "Silver Leader".

                                      "ZANEMALI"
   

                                   "PLETTENBERG"
   

                                 "SILVER LEADER"
   

                                          "IMPALA"
   

    
 SKUITE OP HOUTBAAI SKEEPSHELLING


Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 op die Houtbaai skeepshelling was drie skuite teenwoordig waaronder "Equinox", "Herman S" en "Valhalla".

Afgeneem hieronder is die tunapaalskuit "Equinox", wat op daardie stadium probleme ondervind het met haar CAT enjin.

   

Afgeneem hieronder is die stokvislanglyn skuit "Valhalla", tans een van die hardwerkendste skuite, werksaam vanuit Houtbaai en die Kaapse dokke.

   

Afgeneem hieronder is die stokvislanglyn skuit "Herman S" afkomstig van die Kaapse dokke, wat tans intensiewe aandag aan haar houtwerke kry, waaronder nuwe planke op haar boegarea, maar dis veral die stuurboordboeg area waar daar talle planke vervang moet word.

   

   
 STOKVISLANGLYNSKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 volg 'n seleksie van stokvislanglynskuite waaronder "Cape Frio", "Aquilla", "Monnickendam", "Augusta 1", "Captain De Sousa" en "Esra Cruz"

                                      "CAPE FRIO"
   

                                       "AUGUSTA 1"
   

                               
 "MONNICKENDAM"
   

                                            "AQUILLA"
   
Om te dink dat sulke kwaliteit fotos soos hierdie waarin "Aquilla" hierbo uitgebeeld word, ook nou iets van die verlede is, dit alles te danke aan die barbaarse optrede van die plaaslike Houtbaaiers wat selfs bereid is om 'n man se lewe te wil neem terwyl hy wag vir die skuite om terug te loop huis toe.

                              "GREY GHOST"
           

   
Die "Grey Ghost" het haarself nog nie as 'n stokvislanglynskuit bewys nie, maar daar word tans aanpassings en verbouings gedoen om die skuit in 'n stokvislanglynskuit te omskep.

                                       "ESRA CRUZ"
   

 
    "AQUILLA" (links);"PENKOP II" (regs)
   

         
'n BESOEKER UIT MOSSELBAAI

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai rus die stokvistreiler "Locqueran", afkomstig vanuit Mosselbaai, vanwaar die skuit tans stokvis vang langs die Weskus en haar vis aflaai in Sandy Point en Houtbaai.

   

     
 WAT MAAK DIE (DOM) MENSDOM
                      DAARSO?

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai word daar gepoog om Houtbaai se duine te rehabiliteer - nie volgens die natuur se wil nie, maar eerder hoe die mensdom wil hê hoe dit moet wees!(Baie dom).Bestudeer mens egter eerstydse fotos van Houtbaai uit die vroeë 1900's, sal mens oplet dat die duine natuurlik, sonder enige plantegroei, vanuit die see, op teen die berg, anderkant af teen die berg, tot binne in Sandy Bay ononderbroke die landgebied bedek het. Dit was 'n natuurlike "sand-migrasie" van honderde jare oud, wat die natuur self geskep het, wat die mensdom nou wil stop sit. Stop sit? Dis hier waar die probleme nou gaan begin! Trawler Heritage maak nou alreeds die voorspelling dat die baai tussen die hawe se Noordelike breekwater en die huidige strandgebied met verloop van tyd al vlakker en vlakker gaan word, waarna Houtbaai se hawe stelselmatig gaan begin toeslik van seesand - eers vanaf die noordekant van die hawe, en dan stelselmatig gaan dit uitbrei na die suidekant van die hawe. Die mensdom gaan dan (soos gewoonlik) met allerlei verskonings en teorië vorendag oor hoekom dit gebeur het - met klimaatsverandering wat die grootste skuld gaan kry (dom wetters). Feit van die saak is, die suid-oostewind wat die hele sand-migrasie patroon aan die gang sit, gaan nooit ophou waai nie - Houtbaai, julle weet nie wat julle doen nie! Trawler Heritage het julle gewaarsku.

   

Aangetoon hieronder is hoe Houtbaai daarna uitgesien het gedurende die laat 1970's, terwyl die rooi pyltjie die natuurlike seesand migrasiepatroon aandui vanuit die baai van Houtbaai, al rondom die berg tot binne-in Kaalgatbaai. 'n Eeue-oue migrasie patroon wat die dom mensdom nou gaan poog om te stuit...
good-luck vir julle!

  

            
TUNAPAALSKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 volg 'n seleksie van tunapaalskuite waaronder "Oceana Clipper", "Albatros", "Leah Cruz", "Black Pearl", "Antares" en "Kraken"

                               "OCEANA CLIPPER"
   

   

                             
        "ALBATROS"
   

                                  
  "ALBA-IETS?"
   

                             
          "LEAH CRUZ"
   

                                  
 "BLACK PEARL"
   

 
"OCEAN DYNAMO" (buite);"TIGERFISH" (binne)
   

                                          
"ANTARES"
   

                              
"SOUTHERN TIGER"
   

                                            
"KRAKEN"
   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 van binne na buite lê "Silverfern", "Frenchy Maria", "Radiant Star" en "Kraken".

   

                                           
"JULIETTE"
   

                                      
"GYPSY ROSE"
   

                                               
"COVI II"
   

                                      
"ENDURANCE"
   

                                           
"TIYALINA"
     

                                   
"SWELLENDAM"
   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai lê die sardynskuit "Ocean Blue" aan die buitekant met die kreefskuit "Ocean Harvest" aan haar binnekant.

   

    
 "ASTERIX" BLOKKEER DIE SLIPKAAI

Nee gits, die "Asterix" is gedurende 2023 omgesleep en laat sink agter die voormalige fabriek van Plettenberg Bay Fishing in die Houtbaai hawegebied, vanwaar die skuit nou weer terug gesleep is na die Slipkaai, en alweer toegelaat is om te sink weens 'n totale gebrek aan voldoende bestuur, basiese intelligensie en menslikheid, soos uitgebeeld in die foto hieronder wat op 26 Oktober 2024 geneem is. Hierby saam verhoed die "Asterix" se agterstewe, wat verby die kaai se hoek steek, dat enige van die groter skuite in die vloot van die Slipkaai gebruik kan maak, in 'n hawe waar daar alreeds 'n tekort is aan voldoende lê-plek.

   

           
ONS GROET VIR "ROOIBERG"

Hiermee moet Trawler Heritage slegte nuus met die crew deel dat "Rooiberg", 'n voormalige stokvislanglyn skuit van Houtbaai ook die stryd teen die kettingsae verloor het, vanwaar die skuit op Houtbaai se skeepshelling gesloop is. Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 lê die laaste oorblyfsels van "Rooiberg" op die kaai, terwyl die skuit se wielhuis daar eenkant verlore staan.

         
"ROOIBERG" SE PLANKE OP DIE KAAI
   

     
"ROOIBERG" SE WIELHUIS STAAN VERLATE
   
Ons groet jou "Rooiberg", maar al wat Trawler Heritage weet, is dat ons nooit weer 'n skuit in ons visbedryf sal hê genaamd "Rooiberg" nie - ons het skynbaar heeltemal vergeet wat dit is om vir ons skuite mooi, betekenisvolle name te gee. Nie soos vandag wanneer die skuit van die blokke afgaan, vernoem na iets wat geneem is uit die een of ander inheemse taal, waarvan niemand die vaagste benul het wat dit beteken nie. En vra jy vir die man wat hierso langs jou staan, uit wie se moedertaal daardie skuit vernoem is, kyk hy jou vraend aan en antwoord terug..."jammer meneer, ek het geen idee wat daardie woord beteken nie". So wie probeer ons dus beindruk? Dalk net 'n rookskerm, of miskien eerder gatkruip? Ek wonder maar net...

  
DIE LONGLINERS VERGADER IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 is 'n mooi gesig om vyf longliners te sien lê langs "canning row" waaronder "Ocean Hercules", "Intrepid", "Timor", "Ocean Wanderer" en "Timor".

   
Kom ons wees nou baie eerlik met mekaar - die foto hierbo is mooi, maar nie naasteby so mooi terug in tyd toe Da Gama Visbedryf se houtvloot destyds hier gelê het nie. Met skuite soos "Atlantic Skipper", "Oceana Topaz", "Oceana Kloof", "Oceana Berg", "Oceana Sapphire", "Oceana Krans"...die lys van name en herhinneringe kan net ophou nie, en sal ook nooit kan stop nie - die ou Houtbaai soos ons dit geken het.

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 van links na regs lê "Timor", "Intrepid" en "Ocean Hercules".

   

   

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai staan bakke vol haai, kort nadat "Ocean Wanderer" klaar afgelaai het.

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai skuif "Ocean Hercules" rond tussen kaaie, kort nadat die skuit diesel ingeneem het.

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai lê die stokvislanglynskuit "Malachite".
                                  
   

   

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai lê die tuna longliners, "Seawin Ruby" (voor) en "Seawin Sapphire" aan haar binnekant.
   
   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai skuif "Ocean Wanderer" oor na haar lêplekkie langs Kaai No.3.

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai neem die langlynskuit "Hooked" diesel in vir 'n opkomende trip, voordat sy ook kort daarna terug gekeer het na haar lê-plek langs Kaai No.3.

   

   

Aangetoon met die rooi sirkel is 'n nuwe Tracphone KVH Satcom dome wat bo-op "Hooked" se wielhuis se dak gemonteer is.

   

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai skuif "Seawin Ruby" sowel as "Ocean Hercules oor na hul onderskeie lê-plekke langs Kaai No.3.

                                     
"SEAWIN RUBY"
   

                             
"OCEAN HERCULES"
   

                                            
"TIMOR"
   

                      
"INTREPID" BOEGEMBLEEM
   

 
       "INTREPID" SPREILIGTE OP VOORSTE MAS
   

                                             
"INTREPID"
   

           
 "EMERALD ISLE", WAAR IS JOU
                          RADARS?

Afgeneem hieronder op 26 Oktober 2024 in Houtbaai het beide "Emerald Isle" se Furuno radars hulle skynbaar uit die voete gemaak...dis net die kaal drade wat nog daar hang, dit vertel alreeds die hele storie.

           

                          
 "EMERALD ISLE"
   
Gegewe die huidige kondisie van "Emerald Isle" reken Trawler Heritage dat dit nou nie meer lank gaan wees voordat "Star Crest" of "Wildekus" die opdrag gaan kry om vir "Emerald Isle" na Saldanhabaai te sleep, vanwaar die "cutting torches" die res van die werk gaan doen nie. O'ja, en daai "Khoe-Rasi" skuitjie wat daar langs "Emerald Isle" lê...wil julle haar nie groot asseblief agter "Emerald Isle" teen die kaai gaan vasmaak nie? Daar is alreeds 'n groot tekort aan voldoende lê-plek in Houtbaai, en daar waar julle skuit nou lê, kan ten minste nog vyf staalskuite kom vasmaak langs "Emerald Isle". Konsiderasie vir ander vissermanne is aan die orde van die dag, veral as jou skuit net "idle" en doelloos rondlê in Houtbaai.

   
         DIE "GANSE" LAAI SARDYN AF

Afgeneem hieronder 25 Oktober 2024 in Gansbaai lê "Rietgans II" onder die sardynpomp, terwyl "Vleigans" net agter haar lê in afwagting vir haar aflaaibeurt.

           

                                  "VLEIGANS"
           

Afgeneem hieronder 25 Oktober 2024 in Gansbaai lê die kreefskuit "Emily-Marie".

           

           

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


          

 

               NUUTSTE TOEVOEGING TOT
             IRVIN & JOHNSON TREILVLOOT


               
GOOD-LUCK "UMLUNGISI"!

Afgeneem hieronder is Irvin & Johnson se nuutste sleeptreiler genaamd "Umlungisi" wat op 24 Oktober 2024 Suid-Afrikaanse gebiedswaters binne gevaar het tydens haar afleweringsvaart, en tot tyd en wyl net buitekant die VTS van Tafelbaaihawe  sal vertoef voordat sy op 25 Oktober die hawe sal binnevaar. Die 213-voet "Umlungisi" is afkomstig van Ysland, en is gedurende 1988 deur Sterkorder in Noorweë gebou.

 

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 aan die suid-weste kant van Robbeneiland kom "Umlungisi" aan, terwyl Trawler Heritage se kamera mik en druk en hoop vir die beste skoot, wat na alle waarskynlikheid die heel eerste foto is wat geneem was van die nuwe skuit in Suid-Afrikaanse gebiedswaters. Dis egter iets waarop Trawler Heritage slegs aanspraak kan maak, indien een van "Lisa-Ann" se crewmanne nie dalk/moontlik/miskien ook 'n foto van die skuit geneem het nie, wat op daardie oomblik in 'n posisie was veel nader aan die "Umlungisi"...

    

       STOKVISTREILERS IN VICTORIA BASIN

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 is 'n seleksie van stokvistreilers teenwoordig in die groter Victoria Basin area waaronder "Realeka", "Beatrice Marine", "Key Largo", "Harvest Veronica", "African Queen", "Realeka", "Fuchsia", "Lisinda" en "Bluebell" om net 'n paar name te noem.


                              
"BEATRICE MARINE"

    

                                           
"REALEKA"
    

                                        
"KEY LARGO"
    

                               
 "AFRICAN QUEEN"
    

                                          
 "BLUEBELL"
    

                         
 "HARVEST VERONICA"
    

                             
                "FUCHSIA"
    

                                              
 "LISINDA"
    

            "LISINDA"
(voor); "ANDROMEDA" (agter)
    

                                             
 "RIGEL 4"
    

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die stokvistreiler "Lucerne", vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

    

  
    SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "RRR", "Ku-Ula", "Mpho", "Nicolette", "Kentucky", "Chris Trautman" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.

    

                                        
"KENTUCKY"
    

                "KU-ULA"
(voor); "MPHO" (agter)
    

                      
"SOUTH WEST LAPWING"
    

          "NICOLETTE"
(voor); "KARIBA" (agter)
    

                                             
"TRITON"
    

             "RRR"
(voor); "SEA PRIDE II" (agter)
    

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 langs die Vismark-kaai lê die stokvislanglynskuit "Staalkop", terwyl die crew besig is om laaste voorbereidingswerk te verrig voordat die skuit sou see toe gaan.

    

Afgeneem hieronder lê blokke gevriesde pike, die voorkeur en huidiglik ook die enigste tipe aas beskikbaar op die plaaslike mark wat geskik is vir langlyn doeleiendes.

   

   

        
WAT MAAK DIE MANNE DAARSO?

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 langs Concentra Ooskaai word daar gevroetel aan dit wat nog oor is van die gewese tunapaalskuit "Luderitz Star", vanwaar die skuit tans gereduseer is tot niks anders nie as 'n drywende vlot.

   

               SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Allison", "Blue Dolphin", "Sailfish", "Windhoek", "Santa Monica" en "Werkendam" om net 'n paar name te noem.

   

                                     
"WERKENDAM"
   

                                           
"TOMREN"
   

                                 
"CONQUISTADOR"
   

                                           
"WESKUS II"
    

                                  
"SANTA MONICA"
    

              
"ALLISON" SE NAAM EN DIEPTEGANG 
                LETTERS WORD WEER GEVERF

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 langs die Ooskaai vertoon "Allison" weer skoongeverfde naam sowel as dieptegang letters, vanwaar die skuit onlangs terug gekeer het van die Saldanhabaai skeepshelling sonder dat die letters geverf was.
                                         
    

    

                                             
"ALLISON"
    

                                          OP SY DAK!

Afgeneem hieronder op 24 Oktober 2024 in Grangerbaai is 'n gesig wat mens nie aldag sien nie -  'n semi-rigiede rubberboot wat onderstebo op sy dak dryf in die stil water. Hoe hulle dit reggekry het, sal seker net hulle weet - was seker maar bietjie gewyn gewees...

    

        
"RENJA" OPPAD TERUG WATER TOE

Afgeneem hieronder op 21 Oktober 2024 by Yachtport in Saldanhabaai is "Renja" in die "slings" oppad terug water toe, en blink die skuit weer van bo tot onder in 'n skoon laag verf.

    

    
 

   
NUWE WIELHUIS KLEURSKEMA VIR "RENJA"

Afgeneem hieronder op 21 Oktober 2024 spog "Renja" met 'n nuwe grys wielhuis kleurskema, vanwaar die skuit voorheen 'n bruin wielhuis kleurskema vertoon het.

                  "
NUWE" WIELHUIS KLEURSKEMA
        
  

                     "OU" WIELHUIS KLEURSKEMA
        

Afgeneem hieronder op 20 Oktober 2024 by Yachtport in Saldanhabaai is "Renja" se "topsides" alreeds skoon geverf, met die verf van die anti-fouling op die laer romp wat sopas voltooi was.

    

    

Afgeneem hieronder op 18 Oktober 2024 by Yachtport in Saldanhabaai ontvang "Renja" se skoon gewasde romp 'n vars onderlaag verf. 

    

    

Afgeneem hieronder op 17 Oktober 2024 by Yachtport in Saldanhabaai lyk dit kompleet of "Renja" al haar speelgoed van die dek af bo-op die kaai gegooi het, vanwaar alle los items vanaf die skuit gedra was ter voorbereiding vir 'n skoon laag verf, buite, binne, en oralste waar 'n verfkwas kon bykom. 

    

Afgeneem hieronder op 17 Oktober 2024 op die Saldanhabaai skeepshelling hang die skuitverwers in 'n mandjie, terwyl hulle besig is om vir "Harvest Bounty" weer skoon te verf.

              

            
        ONS VISSERSHAWENS
                         WORD GEPLUNDER

Afgeneem hieronder op 17 Oktober 2024 in Saldanhabaai hawe is hoe die eens statige satelliet kantoor van Globe Engineering tans daarna uitsien - wat 'n skande! Hierdie kantoorgebou was slegs 'n paar jaar gelede nog aktief gewees, netjies omhein, kompleet met 'n groen grasperk en pynlike netjies blomtuine daarby. Daar was 'n plaashek met plaveide oprit en skadu-net parkering langs die kantoorgebou gewees. Vandag is alles weg, dis kaal en tot op die grond toe leeg gesteel en geplunder na willekeur, dit alles op kamstige staatsgronde - 'n direkte weerspiëling van 'n regering wat benewens sy eie gewin, geen maar soos in geen begrip of verstand het hoe om 'n vissershawe, wat te sê nog Suid-Afrika, op 'n regmatige, volhoubare manier te kan bestuur nie.

   


               "
HARVEST BOUNTY
" SE PROP
                         UIT OP AFLEWERING

Afgeneem hieronder op 16 Oktober 2024 op Otto Du Plessis rylaan in Table View is "Harvest Bounty" se versiende veranderlike steek propeller...nee gits, kom ons hou maar by variable pitch propeller, dan verstaan ons almal wat aangaan, agter op 'n vragmotor se bak gelaai, onderweg vanaf Paarden Eiland na Saldanhabaai vir aflewering.

      

                         "ARMANA" WORD TER
                           SEE AGTER GELAAT


Afgeneem hieronder op 14 Oktober 2024, sowat 60 myl buitekant Gansbaai borrel daar rook uit in die enjinkamer van die stokvistreiler "Armana". Al 20 bemanningslede aanboord het die skuit verlaat in life rafts, waarna hulle opgepik is deur die stokvistreiler "Ludwani", terwyl 'n mede treiler in die vloot, "Harvest Saldanha" "wag" gehou het oor die "Armana" tot tyd en wyl 'n sleepboot uit die Kaapse hawe oppad was na die toneel om die skuit op sleeptou te neem.

       

       

            "SAGAX" SONDER 'n SWAAIBLOK

Afgeneem hieronder op 14 Oktober 2024 in Gansbaai is die sardynskuit "Sagax" te siene sonder haar swaaiblok soos aangetoon met die rooi sirkel.

              

                SKUITE OP SALDANHA SE SLIP

Afgeneem hieronder op 12 Oktober 2024 was slegs twee skuite teenwoordig gewees op die Saldanha skeepshelling naamlik "Ruwekus", ter voorbereiding van die 2025 pelagiese seisoen, en die stokvistreiler "Harvest Bounty", vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

    

                VANGS VAN DIE DAG

Afgeneem hieronder op 11 Oktober 2024 is die plaaslike kelpvloot van Gansbaai in aksie vanwaar nog 'n vars gesnyde vrag bamboes die Gansbaai Ouhawe in gebring word vir aanwending in die vervaardiging van organiese bemestingstowwe.

          

              DIE "GANSE" GAAN SEE TOE

Afgeneem hieronder op 11 Oktober 2024 op Gansbaai is die "ganse" weer oppad see toe, vol hoop om vir oulaas nog iets te kan vang voor die sluiting van die 2024 pelagiese seisoen.
 
                                             
 "KOLGANS"  
    

                                            
 "BERGGANS"
    

      
"BERGGANS" (links); "WILDEGANS II" (regs)
    

                                             
"VLEIGANS"
    

                                            
"RIETGANS II
"
    


                                           "STORMGANS"
     

                SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 6 Oktober 2024 op Laaiplek is die eerste aanduidings dat die 2024 pelagiese afseisoen nou in aanvang is namate daar begin word met broodnodige instandhoudingswerk op heelparty van die skuite. Afgeneem hieronder is 'n seleksie van pelagiese skuite waaronder "Samrock", "Towerkop", "Sulaiman", "Loeriesfontein", "Doloreze", "Dagbreek" en "Stormkop om net 'n paar name te noem.

                                      "ARANOS"

     

Afgeneem hieronder is die enigste uitsondering in die vloot wat nie deel vorm van die pelagiese vloot nie naamlik die tunapaalskuit "Fearless", wat eersdaags na Houtbaai sal vertrek vir die 2024/2025 tunapaal seisoen.

     

Afgeneem hieronder langs die Keyway Shipwright kaai het "Silver Katonkel" die res van die vloot voorgespring en alreeds die skeepshelling besoek vir algemene instandhoudingswerk en 'n skoon laag verf, terwyl "South West Falcon" aan haar buitekant lê in afwagting vir haar beurt om die skeepshelling te besoek nadat "Silver Dolphin" weer terug in die water gesit gaan word.

               

"SILVER KATONKEL" (links); "SOUTH WEST FALCON" (regs)
     

                                  "ATLANTIC LEADER"
     

               GEELSIG EN WATERPOKKIES
           UITBRAAK IN DIE BERGRIVIER

Dis weer daai tyd van die jaar wanneer geelsig en waterpokkies uitbreek onder die pelagiese vloot - party is goudgeel van die roes terwyl ander weer vol rooi-kolletjies is - oralste waar die chipping hammers op die roesmerkies werksaam was...En vir behandeling stuur ons hulle slip toe - niks wat 'n blik verf nie weer mooi kan maak nie.

                 
 "ATLANTIC LEADER" (geelsig)
     

             "SOUTH WEST FALCON" (waterpokkies)
        

Benewens geelsig en waterpokkies, is daar selfs 'n skuit wat sukkel met 'n loopneus soos in hierdie geval die "Mookoli"... aai, die skuite darem!

    

    "GREGORY JUSTIN" (links); "CHAR-NEIL" (regs)
     

Afgeneem hieronder op 6 Oktober 2024 op Laaiplek word daar goed vordering gemaak ten einde "Char-Neil" weer in 'n formidabele pelagiese skuite te herbou, met 'n maspaal tesame met nuwe stays, radars en 'n stacker wat alreeds gemonteer was.

     

                               "GREGORY JUSTIN"
               

         DIE SKUITE SIT KOPPE BYMEKAAR

Afgeneem hieronder op 6 Oktober 2024 op Laaiplek praat die skuite weer kopstukke met mekaar, met "Noordeveld" en "Mizpah" (links), en "Atlantic Enterprise" (regs).

     

     

    "EIGEVELD" (links); "ATLANTIC ENTERPRISE" (regs)
     

Afgeneem hieronder op 6 Oktober 2024 op die Keyway Shipwright skeepshelling op Laaiplek word "Silver Dolphin" voorberei vir die 2025 pelagiese seisoen.

    
Somtyds voel dit vir Trawler Heritage asof sommige skuite dalk net te gereeld op die slip te siene is...seker maar net my verbeelding?

      
"RENJA" WORD UIT DIE WATER GEHAAL

Afgeneem hieronder op 4 Oktober 2024 by Yachtport in Saldanhabaai is "Renja" in die "slings", oppad na droeë grond vir algemene herstelwerk, survey, asook 'n skoon laag verf.

     

     

    
Afgeneem in die agtergrond teen die kaai lê die voormalige vlootvaartuig "S.A.S Fleur", oftewel "Fleur Du Cap" soos sy tans bekend staan, wat ook intussen verwyder is en bestem is vir die "cutting torches", vanwaar die skuit nou gesloop gaan word op die Saldanhabaai skeepshelling.

Afgeneem hieronder op 4 Oktober 2024 word daar nie tyd gemors nie, en lê die afgeskraapte swart mossels alreeds in 'n streep rondom die skuit...

    

         RITCO MARINE VERSKAF CATERPILLAR
                     ENJIN VIR "CHAR-NEIL"

Afgeneem hieronder op 2 Oktober 2024 by die Ritco Marine werkswinkel in Brackenfell, staan 'n Caterpillar 3306 enjin, bestem vir die "Char-Neil", gereed om afgelewer te word in Laaiplek.

                 

             SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Allison", "Conquistador", "Sailfish", "Windhoek", "Santa Monica" en "Oceana Topaz" om net 'n paar name te noem.

    

                                    
"WESKUS II"
    

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 is "Allison" weer terug by die huis vanwaar sy onlangs weer terug gekeer het vanaf die Saldanhabaai skeepshelling vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf. Soos gesien hieronder, was daar nie genoeg tyd op hande gewees om die skuit se naam weer te kon skilder nie, en gevolglik het sy huis toe geloop met die naamletters nog gedeeltelik bedek in onderlaagverf.

    

                                        
"ALLISON"
    

             
"SOUTHERN CROSS" (links);
               "SANTA MONICA"
(regs)

    

                                  
"SANTA MONICA"
    

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 baklei die robbe vir 'n sitplek op "Santa Monica" se bolneus. Hierdie is nou 'n nuwe gier onder die robbe in die Alfred kom, vanwaar hierdie tipe gedrag nie voorheen waargeneem was nie. Dit was egter met die koms van die nuwe Tallie-bousel genaamd "Poseidon", dat die robbe se gedrag so skielik verander het...

    

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 is "Armando" se crew besig om hul langlyn-stroppe
voor te berei.


    

                                       
"ARMANDO"
    

                                        
"SAILFISH"
    

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 vaar die skoongeverfde "South West Petrel" deur die "cut", vanwaar die skuit slegs minute vantevore, die Quay Four skeepshelling verlaat het.

    

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 wag "Leontina Maria" haar beurt af om deur die "cut" te vaar oppad na die "fuel bunker" om diesel in te neem vir 'n opkomende stokvis trip, terwyl "South West Petrel" in die voorgrond onderweg is na haar lêplek langs die Ooskaai.

    

                               
"LEONTINA MARIA"
    

    

                         
"SOUTH WEST PETREL"
    

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 op die Concentra Ooskaai lê "Wilmag" se raft nog vars toegedraai in "cling wrap", nadat die raft afgehaal was by Viking Liferafts vir 'n diens.

    

                                            
"WILMAG"
    

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 langs die Weskaai in die Alfred kom blink die "Harvest Veronica" weer in 'n skoon laag verf, nadat die skuit die vorige dag die Robinson droogdok verlaat het.

    

          SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Triton", "Ku-Ula", "Mpho", "Kariba", "Kentucky", "Chris Trautman" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.


    

                               
"CHRIS TRAUTMAN"
    

                                        
"KENTUCKY"
    

                                           
"KU-ULA"
   

                                            
"TRITON"
   

   
"TINA" KRY ADDISIONELE NAAMLETTERS


Afgeneem hieronder op 26 September 2024 langs die Vismark-kaai is nuwe viniel naamletters nou vir die eerste keer te siene op die vooraansig van "Tina" se wielhuis.


   

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder, is hoe "Tina" se wielhuis voorheen daarna uitgesien het in die afwesigheid van viniel naamletters.

   

                                                 
"TINA"
   

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 langs die Vismark-kaai is die crewmanne van "Abe Shapiro" druk besig om aas en langlyn toerusting voor te berei vir 'n opkomende stokvis-trip. 

   

Afgeneem hieronder is ingevoerde pike nog steeds die voorkeur aas wat gebruik word, in die afwesigheid van sardyn-aas.

   

  
NUWE NAAMBORDE VIR "ABE SHAPIRO"


Afgeneem hieronder op 26 September 2024 langs die Vismark-kaai is nuwe naamborde sowel as nuwe viniel naamletters te siene op "Abe Shapiro".


     "
NUWE" NAAMBORDE OP WHALEBACK
   

                                "
OU" NAAMBORDE
   

Afgeneem is nuwe viniel naamletters nou vir die eerste keer te siene op die vooraansig van "Abe Shapiro" se wielhuis.

   

                                   
"ABE SHAPIRO"
   

   
STOKVISTREILERS IN VICTORIA BASIN

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 is 'n seleksie van stokvistreilers teenwoordig in die groter Victoria Basin area waaronder "Forest Lily", "Andromeda", "Sistro", "Amsteldiep", "African Queen", "Realeka", "Dantago", "Sistro" en "Umlobi" om net 'n paar name te noem.


                                    
"FOREST LILY"
   

                                    
"ANDROMEDA"
   

                                            
"UMLOBI"
   

    
'n BESOEKER VANUIT MOSSELBAAI


Afgeneem hieronder op 26 September 2024 langs South Arm lê die stokvistreiler "Amsteldiep", wat deel vorm van Seavuna se vloot wat werksaam is vanuit Mosselbaai, in afwagting vir 'n beurt om die Kaapse synchroniseerhyser te besoek.


   

                                          
"SISTRO"
   

"AMSTELDIEP" (links); "AFRICAN QUEEN" (regs)
   

                                             
"REALEKA"
   

                                           
"DANTAGO"
   

Afgeneem hieronder op 26 September 2024 op die romp van die "Bluebell", is 'n nuwe swart "ribbon" te siene net bokant die anti-fouling, wat deel vorm van die I&J vloot se aangepaste kleurskema.

   

                                        
"BLUEBELL"
   

                                    
"FLAME THORN"
   

                                     
"KEY LARGO"
   

                                          
"SANDILE"
   

        DIE LAASTE SIEN VAN "BABY RONALD"

Afgeneem hieronder op 22 September 2024 in die Gansbaai Nuwehawe lê die laaste oorblyfsels van die "Baby Ronald" se rame en romp wat vanuit die hawe se bodem geberg is nadat die skuit voorheen op 6 Augustus op haar mooring gesink het in die hawe.

                 

    

 
STOKVISTREILERS IN ROBINSON DROOGDOK

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 ondergaan beide die "Harvest Veronica" en "Bluebell" algemene herstelwerk in die Robinson droogdok, terwyl hul rompe terselfde voorberei word vir 'n skoon laag verf.

                            
"HARVEST VERONICA" 
     

                                          "BLUEBELL"
     

                  
SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Weskus II", "Abraham T", "Conquistador", "Blue Dolphin", "Windhoek", "Poseidon" en "Oceana Topaz" om net 'n paar name te noem.

      

Trawler Heritage het by 'n vorige geleentheid ook uitgebeeld hoe die robbe in die Alfred kom se gedrag skielik verander het met die koms van bolneus skuite in hierdie deel van die Kaapse dokke. Afgeneem hieronder op 16 September 2024 baklei die robbe vir 'n sitplek op "Poseidon" se bolneus, dit was juis met die koms van die einste "Poseidon" dat hierdie tipe gedrag vir die eerste keer onder die robbe waargeneem is.  

      
 Verbeel hulle seker hulle sit op Poseidon (die Griekse god van die see) se troon?

                                                   "POSEIDON"
      

                                                 "ABRAHAM T"
      

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 langs die Ooskaai van links na regs lê "Oceana Topaz", "Windhoek", en "Sailfish".

      

                                           "CONQUISTADOR"
      

                                "SOUTH WEST PETREL"
      

                                         "WERKENDAM"                                  

                                  "OCEANA TOPAZ"
      
                             

                                     "BLUE DOLPHIN"
      

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die stokvistreiler "Lucerne", vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf, terwyl die stokvislanglynskuit "Augusta I", afkomstig van Houtbaai langs haar staan.

      

"LUDERITZ STAR" EN "FISKORN" BYT NOG VAS

Afgeneem hieronder op 16 Augustus 2024 langs die Concentra Oos-kaai is dit wat nog oor is van die twee gewese tunapaalskuite "Luderitz Star" (links) en "Fiskorn" (regs).


      

Afgeneem hieronder op 16 Augustus 2024 langs die Concentra Oos-kaai lê die stokvislanglynskuit "Herman S".

      

                                                      "WILMAG"
      

                              "UBUNTU" LAAI TUNA AF

Afgeneem hieronder op 16 Augustus 2024 langs die Vismark-kaai is die langlynskuit "Ubuntu" besig om 'n mooi vrag tuna af te laai, wat gevang was diep in die suide buitekant Kaap Agulhas.


      

                KYK DAAI KLAS TUNA - DIS MOS
                  HOE 'n TUNA MOET LYK!

      

      
En so is tuna na tuna uit "Ubuntu" se romp getrek. Kom ons stap eers aan en gaan kyk na nog skuite elders in die dokke terwyl "Ubuntu" se crew so tussendeur alles hulle vis aflaai...

          SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Triton", "Ku-Ula", "Mpho", "Kariba", "Kentucky", "Chris Trautman" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.


      

                "KU-ULA" (buite); "MPHO" (binne)
      

                            HIER KOM NOG TUNA...
      

                                                   "KENTUCKY"
      

                                                     NOG ENE...
      

                                                        "TRITON"
      

                                     DIT STOP NET NIE...
      

                                       "CHRIS TRAUTMAN"
      

                "UBUNTU" KRY INTERNET EN TV

Afgeneem hieronder op 16 Augustus 2024 toon die sirkel 'n nuwe "Fleetone" antenna aan aanboord van die "Ubuntu", vir aanboord internet toegang.


      

                                HIER KOM NOG TUNA...
      

      EERTYDSE VISFABRIEK WORD GESLOOP

Afgeneem hieronder op 16 Augustus 2024 langs Kaai 1 in die Kaapse dokke is dit wat nog oor is van die voormalige fabriek en kantore van Premier Fishing, wat ook voorheen die basis gevorm het van Atlantic Fishing Enterprises. Die eertydse visfabriek moet nou plek maak vir nuwe ontwikkelinge wat deel vorm van die groter V&A Waterfront.  


      

      

       STOKVISTREILERS IN VICTORIA BASIN

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 is 'n seleksie van stokvistreilers teenwoordig in die groter Victoria Basin area waaronder "Forest Lily", "Ferox", "Ludwani", "Key Largo", "African Queen", "Realeka", "Dantago", "Sistro" en "Beatrice Marine" om net 'n paar name te noem.


                                                
"FEROX"

      

                                                "FOREST LILY"
      

                                                      "REALEKA"
      

                                                 "KEY LARGO"
      

                                                     "LUDWANI"
      

                                                     "DANTAGO"
      

                                                          "SISTRO"
      

                                      "BEATRICE MARINE"
               

                   NUWE AWNING KLEURSKEMA
                        VIR "ISABELLA MARINE"

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 langs South Arm soos aangetoon met die rooi sirkel, vertoon "Isabella Marine" nou 'n nuwe oranje kleurskema op haar bakboord awning sowel as op die stutpilare. Voorheen het die "Isabella Marine" se awning 'n wit kleurskema vertoon.


      

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe "Isabella Marine" se awning kleurskema voorheen daarna uitgesien het toe ons paaie gekruis het...

      

                                      "ISABELLA MARINE"
      

              DIE LAASTE SIEN VAN "ARMANA"

Afgeneem hieronder op 16 September 2024 langs South Arm is die laaste keer dat die Trawler Heritage vir "Armana" te siene sal kry in hierdie staat, voordat die noodlot haar getref het op die treilgronde buitekant Gansbaai op 14 Oktober 2024.


      

        DIE VERGETE LEWENSAAR VAN DIE
        EERTYDSE GANSBAAI-HOUTBOTE


Afgeneem hieronder op 12 September 2024 op Gansbaai bekyk ons weer die skeepstimmerman werkswinkel van oorlede oom Jan Lottering, wat oor die jare heen die lewensaar was van Gansbaai se houtvloot. Ongelukkig is dit 'n era wat skielik tot 'n einde gekom het, met slegs een houtboot wat vandag nog vanuit Gansbaai werk, moet hierdie werkswinkel staatmaak op besoekende houtbote elders langs ons kuslyn.


           

             

           

Afgeneem hieronder op 10 September 2024 in die Gansbaai Ouhawe lê "Wildegans II" langs die kaai.

         

     "I DO"
OPPAD TERUG WATER TOE

Afgeneem hieronder op 10 September 2024 op die  Gansbaai skeepshelling word die laaste voorbereidingswerk gedoen alvorens die "I Do" met haar skoongeverfde romp weer terug sou gaan water toe.

                

            

                

Afgeneem hieronder op 10 September 2024 op die  Gansbaai skeepshelling staan die kreefskuit "Emily-Marie".

                

     "I DO"
KRY SKOON LAAG PENSVERF

Afgeneem hieronder op 9 September 2024 op die  Gansbaai skeepshelling is maskeerband geplak op "I Do" se waterlyn ter voorbereiding vir 'n nuwe laag anti-fouling op die laerromp.

            

Afgeneem hieronder op 9 September 2024 op die  Gansbaai skeepshelling is 'n nuwe laag anti-fouling alreeds te siene op die stuurboordsy van "I Do".

           

        
"RIETGANS II"
SE DREINERING
                  WORD VERBETER

Afgeneem hieronder op 9 September 2024 in Gansbaai word die dreineringsiwwe al rondom die ontwateringskerm van die "Rietgans II" aangepas ten einde dreinering te verbeter, aangesien die oorspronklik dreineringsiwwe wat van glasvesel vervaardig was, eenvoudig net nie die toets van tyd kon deurstaan het nie - dis tyd vir vernuwing, dis tyd vir stainless steel!


          

          

         
NUWE KODEN SONAR VIR "I DO"


Afgeneem hieronder op 6 September 2024 op die Gansbaai skeepshelling volg fotos aangaande die installasiewerk van 'n nuwe Koden sonar wat aanboord van die stokvislanglynboot "I Do" geinstalleer word.
         
                        

Afgeneem hieronder is die sonar se oog - mag hy sommer baie stokvisse sien!

     

           

    

           

Afgeneem hieronder op 6 September 2024 op die Gansbaai skeepshelling is die skuitverwers besig om "I Do" se naam te skilder op die agterstewe.

             

          "FREEDOM" VAT  SLIP IN KALKBAAI

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 op die Kalkbaai skeepshelling word algemene instandhoudingswerk verrig aan die tunapaalskuit "Freedom", afkomstig van Houtbaai, ter voorbereiding van die 2024/2025 tunapaalseisoen.

    

    

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai is hoe sake tans daarna uitsien ten einde die voormalige kreefskuit "Silverfish" te herbou as 'n tunapaalskuit - hier gebeur eintlik iets om melding van te maak nie.

    

    

      
             LYNVISSKUITE IN KALKBAAI

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 volg 'n seleksie van lynvisskuite (aktief sowel as onaktief) in Kalkbaai waaronder "Gwendoline", "Suider-Stêr", "Alma-Lucie", "Time Bandit", "Live Bait" en "Violet Glen" om net 'n paar name te noem.

                                         "LIVE BAIT"

    

                                             
"ZORBA"
                     
    

                                        "TIME BANDIT"
    

                                            
"FREDA"
    

                                     
"GWENDOLINE"
    

                                            
"BENNIE"
      

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 het die "Katsberg" se algehele kondisie nog verder verswak na afloop van al die winterstorms met rubbing bands en gunwales wat in flardes gestamp is, selfs onkruid soos hieronder uitgebeeld wat wortel geskiet het uit die bankies.

    

    

    

                                          
"KATSBERG"
    

                                   
"PIRATE CARTEL"
    

                                      
"LITTLE PEARL"
     

                                             "AMBER D"
     

                                     
"BOY JOHAN"
               

 
                  
SKOOLBANKIE OP DIE KAAI

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai kom Trawler Heritage af op hierdie ongewone gesig van 'n skoolbankie wat op die kaai staan. Hierdie tipe skool-opset sal dalk die ideale oplossing gewees het vir soveel seuns afkomstig vanuit vissersdorpe. Pouses sal daar sommer op die kaai "touchies" gespeel kon word met 'n geel kurk, wat te sê nog 'n rugbybal. En as jou huiswerk nie gedoen is nie, dan word jy sommer direk na die hawemeester se kantoor gestuur vanwaar 'n uitgediende tunapaal-lat jou voorland sou wees. (En as ek bedoel hawemeester, dan bedoel ek daardie "ou" generasie hawemeesters, uitgevat in hul bruin informs, terug in tyd toe trots nog 'n eer was).

   

          "ALMA-LUCIE" SONDER CAPPINGS

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai is die lynvisskuit "Alma-Lucie" te siene sonder enige cappings of rubbing bands vanwaar dit voorkom asof daar intensiewe aandag aan die skuit se houtwerke gegee gaan word.

    

   

   

                                      
"ALMA-LUCIE"
   

                                      
"SUIDER-STêR"
   

                   
KREEFSKUITE IN KALKBAAI

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 volg 'n seleksie van kreefskuite (aktief sowel as onaktief) in Kalkbaai waaronder "Ang-Jerry", "Tajmahal", "Marion Dawn", "Star-of-the-Sea", "Aswan" en "Ivy Doreen" om net 'n paar name te noem.

                                        "VICKY ROSE"

   

Afgeneem hieronder hang die tyres oor die skuit se kop, ten die boeg te beskerm het tydens die afgelope winterstorms.

             

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 is die "St.Anne", waarvan die skuit se naamborde op al kante afgeruk het.

   

   

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 is hoe "Star-of-the-Sea" se gunwales en naambord tans daarna uitsien, nadat dit stukkend gestamp het
tydens die afgelope winterstorms.


   
                                
   

                              
"STAR OF THE SEA"
   

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai is die seekatvanger "Iingwane", wat op die oog-af lyk of sy ongedeerd die winterstorms oorleef het.

   

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai is "Steenbrasdam", vanwaar die skuit onlangs deur 'n nuwe eienaar oorgekoop is. Wat presies hulle met die skuit beoog is egter nog onbekend op die oomblik.

   

           

                
BICYCLE SONDER 'n SLOT
                             EN 'n SAAL...


Reg mense, dis weer tyd om nader te sit om te kyk na allerlei vreemde en ongewone voorwerpe wat op die skuite se dekke rondswerf. Hoe toevallig dat Trawler Heritage op dieselfde dag, op twee verskillende skuite in Kalkbaai se hawe 'n fiets aangetref het. Afgeneem hieronder op 5 September 2024 is daar fietse te sien op die dekke van "Silver Fish" en "Suider-Stêr". Die een fiets het definitief nie 'n slot nie, en die ander fiets definitief nie 'n saal nie - daai man sit seker op die pyp terwyl hy trap?

                                  
"SILVER FISH"
   

                                  
"SUIDER STêR"
   

        
"NUWELAND" Lê VERPIETEREN...

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai is hoe die eens pynlik netjiese Lambertsbaai kreefskuit deesdae daarna uitsien - die fotos spreek vanself. 

    
Die Nederlanders gebruik die woord "verpieteren" om die kondisie van 'n skuit te beskryf wat onaktief in 'n hawe lê en vergaan - aldus iets tussen moertoe en faktap sou mens dit direk in Afrikaans vertaal...Verskoon die moedertaal, maar "verpieteren" gaan definitief meer male op Trawler Heritage gebruik word.

    

    

    

                                  
"MARIA LOUISA"
    

                                       
"TAJ MAHAL"
    

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 is hoe
"Taj Mahal" se gunwales tans daarna uitsien, nadat dit stukkend gestamp het tydens die afgelope winterstorms.

   

                                             
"ASWAN"
   

                                       
"IVY-DOREEN"
   

   

                                        
"SUD WEST"
   

   

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai word instandhoudingswerk verrig op "Ang-Jerry" se winch.

   

                                        
"ANG-JERRY"
   

      
           SARDYNSKUITE IN KALKBAAI

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai was twee sardynskuite teenwoordig gewees naamlik "Melissa Kelly" en "Zay-Yaan".

                                   "MELISSA KELLY"

   

                                      
"ZAY-YAAN"
   

         
"VIOLET GLEN" OPPAD HUIS TOE

Afgeneem hieronder op 5 September 2024 in Kalkbaai is die lynvisskuit "Violet Glen" oppad terug van die lynvisbanke met hul vangs van die dag wat meestal uit Doppies bestaan het.

   

   

                 
"DAGBREEK" SKUIF ROND

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 in Gansbaai maneuver "Dagbreek" in die agtergrond rond in die Nuwehawe, terwyl "Wafra" in die voorgrond lê langs die kaai in die Ouhawe.

               

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 staan "I Do" op die Gansbaaiskeepshelling.

               

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 word die boiler by Gansbaai Marine aangeskakel...

               

       
     VANAAND IS 'n SEE-AAND

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 tuur ons oor Walkerbaai, vir 'n mooier see-aand kan 'n man nie vra nie, veral nie langs hierdie deel van ons kuslyn nie.

           

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 durf "Stormgans" en "Vleigans" die see aan, in hul soeke na enige teken van lewe, suid van Danger Point.

             

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 is die huise teen die hange by Kolgansbaai.

             

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 is Romansbaai (links) en Danger Point (regs) in aantog.

             

       "VLEIGANS"
IN DIE BINNEBAAN...

      

              

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 loop die "ganse" binnekant van die Birkenhead deur, verby Danger Point lighuis, met die perlemoenplase in die voorgrond.

              

Tot groot vermaak van die Trawler Heritage crew word daar sommer 'n seiljag ook afgeneem oorkant Holbaai...net om te bewys dat selfs hierso minder as niks aangaan nie, selfs nie eens 'n sterretjie of 'n rob of 'n briesie nie - die see is morsdood!
     

      

Afgeneem hieronder op 2 September 2024 so duskant Quoin Point kom die vragskip "MSC Maria Saveria" aan, 'n volle 365 meter lank met 'n bruto tonnemaat van 140000 ton, draf sy die seemyle kaf teen 'n alamintige 18.8 knope!

             

             

Weens die konflik situasie in die Rooi see, moes hierdie skip noodgedwonge die langpad om Afrika, deur die Middelandse see, neem na haar eindbestemming in Egipte. Veilig loop!


             

         
SKUITE OP SALDANHA SE SLIP

Afgeneem hieronder op 1 September 2024 was drie skuite teenwoordig gewees op die Saldanha skeepshelling naamlik "Allison", "Harvest Florita" en "Romano Paulo" (dit wat nog oor was van die skuit).

   "HARVEST FLORITA"
(links); "ALLISON" (regs)
   
   

        

                           
"HARVEST FLORITA"
   

Afgeneem hieronder op 1 September 2024 is "Harvest Florita" se kop oopgesny om plek te maak vir nuwe staalplate.

   

                                     
"ALLISON"
   

                           
"HARVEST FLORITA"
   

Afgeneem hieronder op 1 September 2024 is die heel laaste stukkie oorblyfsel van die voormalige Suid-kus kreefvanger "Romano Paulo".

   

Afgeneem hieronder op 1 September 2024 in Saldanha lê die tunapaalskuit "Jacqueline" op die verste ent van die Slipkaai.

   

  
NUWE BULWARKS VIR "SOUTH WEST  
           SEAHAWK"
EN "ADELETTE"


Afgeneem hieronder op 1 September 2024 in Saldanhabaai is die nuut geinstalleerde marine ply bulwarks van "South West Seahawk", terwyl "Adelette" ook in afwagting is vir nuwe bulwarks.  

   

   
Trawler Heritage reken dat die ou skuitbouers maar taamlik sou gegril het as hulle sien wat ons vandag met die skuite aanvang ten einde hulle waterdig te maak. Ongelukkig het daar al soveel vaardighede, kennis en tegnieke aangaande skeepstimmerwerk oor die jare verlore gegaan, dat die huidige generasie nie oor die kennis beskik om tradisionele bulwark planke te installeer wat nie gaan lek nie.


   

Afgeneem hieronder op 1 September 2024 in Saldanhabaai sou iemand wat nie veel kennis het van 'n skuit nie, sou kon dink dat "Tickey" se enjin in die skuit se hold staan soos aangedui met die rooi sirkel. Feit van die saak is, die uitlaatpyp is van sy plek verwyder en staande gemaak teen die skuit se whaleback.

   

By gebrek aan 'n "lifting lug", gebruik die manne sommer 'n ketting met 'n lekker groot slot daaraan om die "loop" toe te trek, ten einde die "rigging" te vergemaklik.


   

                                             
 "TICKEY"
   

    
  SKUITE LANGS DIE PRESIDENTSKAAI

Afgeneem hieronder op 1 September 2024 volg 'n seleksie van skuite langs die Presidentskaai waaronder "Adelette", "Nossob", "Adelette", "El Pescador" en "Southern Belle".

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Pakamani", "Nossob", "Southern Belle", "Jenny Anne", "Adelette en "El Pescador".


   

                                     
 "JENNY ANNE"
   

                                  
 "EL PESCADOR"
   

                                      
 "PAKAMANI"
   

   
"NOSSOB" (buite); "SOUTHERN BELLE" (binne)
   

                                       
"ADELETTE"
   

                                             
"IRMA"
   

     
DIE SKUITE SIT KOPPE BYMEKAAR...


Afgeneem hieronder op 1 September 2024 langs die Presidentskaai van links na regs is "Adelette", "Vlaeberg", "South West Seahawk", "El Pescador" en "Zita 1".


   
Soos wat Trawler Heritage die skuite ken, sit hulle allermins nie koppe bymekaar nie, hulle is besig om die dom mensdom te beskinder...

                 SKUITE OP SALDANHA SE SLIP

Afgeneem hieronder op 31 Augustus 2024 op die Saldanhaskeepshelling was twee skuite teenwoordig naamlik "Allison", 'n tunapaalskuit afkomstig van die Kaapse Dokke, en die stokvistreiler "Harvest Florita", afkomstig van Mosselbaai.                     
      
                                       "ALLISON"
 
            
                                  "HARVEST FLORITA"
  

             ONS GROET VIR "BABY RONALD"!

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2024 in die Gansbaai Nuwehawe lê die laaste oorblyfsels van die "Baby Ronald" se rame nadat die skuit voorheen op 6 Augustus op haar mooring gesink het in die hawe. En hiermee eindig die storie dan van die legendariese "Baby Ronald" wat oor die afgelope 88 jaar deel was van die trotste vissersvloot te wêreld.

    

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2024 in die Gansbaai Nuwehawe lê nog wrakstukke van "Baby Ronald" se romp wat gedurende 6 Augustus op haar mooring gesink het. In die agtergrond lê die kreefskuite "Atlantic Blessing" en "Makarios" op hul moorings, terwyl daar daar seker nooit weer 'n skuit op "Baby Ronald" se mooring daar heel agter teen die breekwater sal lê nie?

             

  "BABY RONALD" TYDENS GELUKKIGER DAE
     

Afgeneem hieronder op 26 Augustus 2024 in die Gansbaai Nuwehawe lê "Stormgans" met "Kolgans" en "Vleigans" weerskante van haar vasgemaak.

                   

                         SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 25 Augustus 2024 op Laaiplek is 'n seleksie van pelagiese skuite waaronder "Samrock", "Towerkop", "Sulaiman", "Loeriesfontein", "Doloreze", "Dagbreek" en "Stormkop om net 'n paar name te noem.

                                 "TOWERKOP"
    

                                    "OCEANA RUBY"
  


Afgeneem hieronder op 25 Augustus 2024 op die slip by Key Way Shipwrights op Laaiplek ontvang "Samrock" (een van die hardwerkendste skuite in die vloot) 'n skoon laag anti-fouling op haar laer-romp.

  

                                             "SULAIMAN"
 

                                  "ATLANTIC LEADER"
  

           "NOORDEVELD"
(binne); "MIZPAH" (buite)
 


              "EIGEVELD"
(binne); "UMFANA" (buite)
  


   "LOERIESFONTEIN"
(binne); "KAVALIER" (buite)
   


           "DOLOREZE"
(binne); "CASTELLA" (buite)
   


                         "RESTLESS WAVE"
(binne);
                             "TERRASAN 1"
(buite)
 


               "STORMKOP"
(binne); "ELOMI" (buite)
  


                                           "DAGBREEK"

 

   GEWESE JETTIES VAN NORTH BAY CANNING

Afgeneem hieronder op 25 Augustus 2024 op Doringbaai staan die eertydse jetty (voor) en die huidige jetty (agter) van die eertydse kreeffabriek van North Bay Canning.

  

Afgeneem hieronder op 25 Augustus 2024 rol 'n donker misbank in oor die see met Doringbaai se hawegebied en lighuis in die voorgrond.

    


       STOKVISTREILERS IN VICTORIA BASIN

Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 is 'n seleksie van stokvistreilers teenwoordig in die groter Victoria Basin area waaronder "Harvest Lindiwe", "Armana", "Allin", "Lincoln", "African Queen", "Bluebell", "Sistro" en "Umlobi" om net 'n paar name te noem.

    

     "AFRICAN QUEEN"
(links); "LUDWANI" (regs)
   

                              "AFRICAN QUEEN"
   


                                    "ARMANA"
   

Wie sou ooit kon raai dat hierdie einste foto dan ook die heel laaste keer ooit sal wees dat die crew vir "Armana" te siene sal kry op Trawler Heritage...

                                       "SISTRO"
   


                                     "LINCOLN"
   


                                    "BLUEBELL"
   


                               "AVRO WARRIOR"
   


                                         "REALEKA"
   


                                           "FEROX"
   


                                         "UMLOBI"
   


Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 langs South Arm word die veel kleiner stokvistreiler "Allin" (links) feitlik verdwerg deur die veel groter "Harvest Lindiwe" (regs).

   

                              "HARVEST LINDIWE"
   


                                        "ALLIN"
   


           "OPBLAASPOPPE" STAAN OP DIE KAAI...
    

                     SKUITE LANGS VISMARK KAAI

Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 was twee stokvislanglynskuite teenwoordig langs die vismark kaai naamlik "South West Lapwing" en "Amoria".

   

Afgeneem hieronder is "Amoria" se crew besig met die laaste voorbereidingswerk en die opsny van ingevoerde pike-aas, voordat die skuit teen sonsak noordwaarts geseil het na die stokvisgronde wes van Hondeklipbaai.

   

                           "SOUTH WEST LAPWING"
   


                                          "AMORIA"

   

               SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 lê talle skuite langs die Collier jetty waaronder "Tina", "Ku-Ula", "Mpho", "Kariba", "Staalkop" en "Malagas II" om net 'n paar name te noem.

   

                "KU-ULA"
(links); "MPHO" (regs)
   

                                  "MALAGAS II"
   


Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 van links na regs lê "Tina", "Kariba" en "Nicolette".

   

                                   "STAALKOP"
   


                                    "ABE SHAPIRO"
   


                                            "TINA"
   

 "LUDERITZ STAR" EN "FISKORN" BYT NOG VAS

Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 langs die Concentra Oos-kaai is dit wat nog oor is van die twee gewese tunapaalskuite.

   

       "FISKORN"
(binne); "LUDERITZ STAR" (buite)
   

                    SKUITE LANGS DIE OOSKAAI

Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 lê talle skuite langs die Ooskaai waaronder "Abraham T", "Leontina Maria", "Conquistador", "Sailfish", "Windhoek" en "Oceana Topaz" om net 'n paar name te noem.

   

                             "CONQUISTADOR"
   


                                   "ABRAHAM T"
   


Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 van links na regs lê "Oceana Topaz", "Windhoek" en "Sailfish".

   

                             "OCEANA TOPAZ"
   


                                       "SAILFISH"
   


                                 "WERKENDAM"
   


                                   "ARMANDO"
   


                                   "HERMAN S"
   


Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 word die komberse oor Leontina Maria se whaleback reëlings gehang ten einde die focsle-vlooie te verdryf...

   

                         "WILMAG" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 op die Quay Four skeepshelling word die tunapaalskuit "Wilmag" voorberei vir die nuwe seisoen. Hieronder is die skuitverwers besig om 'n nuwe laag anti-fouling op die laer-romp te verf - op hierdie skeepshelling moet 'n man altyd 'n getyeboekie byderhand hê, so nie gaan die hooggety vir jou uitvang...

          

    

                                       "WILMAG"
    


               SKUITE OP SALDANHA SE SLIP

Afgeneem hieronder op 18 Augustus 2024 was drie skuite teenwoordig gewees op die Saldanha skeepshelling naamlik "Allison", "Harvest Florita" en "Romano Paulo" (dit wat nog oor was van die skuit).

   "ALLISON"
(voor); "HARVEST FLORITA" (agter)
   

                          "ROMANO PAULO"
   


Afgeneem hieronder word "Harvest Florita" se romp met hoëdrukspuite skoon gespuit ter voorbereiding vir die aanwending van onderlaag verf.

   

                                        "ALLISON"
   


               SKUITE LANGS DIE PRESIDENTSKAAI

Afgeneem hieronder op 18 Augustus 2024 volg 'n seleksie van skuite langs die Presidentskaai waaronder "Pakamani", "Nossob", "Adelette", "El Pescador" en "Jenny-Anne".

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Adelette", "Vlaeberg", "South West Seahawk", "El Pescador" en "Zita 1".

   
    

    "PAKAMANI" (links); "NOSSOB" (regs)
   


Afgeneem hieronder van links na regs lê "Southern Belle", "Jenny-Anne" en "Adelette".

   


          NUWE HOUTWERKE VIR "ADELETTE"
               
EN "SOUTH WEST SEAHAWK"

Afgeneem hieronder op 18 Augustus 2024 langs die Presidentskaai is die skeepstimmermanne nog besig met die versiening van "Adelette" en "South West Seahawk" se houtwerke.

                                         "ADELETTE"
   


                    "SOUTH WEST SEA HAWK"
   


"VLAEBERG" SE WHALEBACK WORD GESLOOP

Afgeneem hieronder op 18 Augustus 2024 langs die Presidentskaai is die eerste sypaneel van "Vlaeberg" se whaleback verwyder, vanwaar die skuit nou stuk-vir-stuk afgetakel gaan word.

   

   

Afgeneem hieronder op 18 Augustus 2024 langs die Presidentskaai lê "Southern Belle" met "Nossob" aan haar buitekant. In die voorgrond steek "Derek 1" se wielhuis uit.

   


            SEA HARVEST VLOOT BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 18 Augustus 2024 langs die Sea Harvest jetty was drie stokvistreilers teenwoordig naamlik "Harvest Bounty", "Harvest Gavina" en "Harvest Krotoa".

                            "HARVEST BOUNTY"
   


                              "HARVEST GAVINA"
   


                            "HARVEST KROTOA"
   


              ABRAHAM (T)IG-WELD KRY NOG
                        STAINLESS STEEL

Oor die jare heen het die "T" van "Abraham T" al vele betekenisse gehad waaronder "Troubles", "Timber", "Turbo", "Technology" en meer onlangs "Tig-Weld". Kyk, as daar nou een skuit is waar daar nie gemors gaan word met mild-steel stokkies nie, dan is dit nou "Abraham T" (as Long John vir jou vang sweis met mild-steel stokkies mag hy jou dalk net bo van die skuit af klap). Afgeneem hieronder op 20 Augustus 2024 langs die Oos-kaai vertoon "Abraham T" nie net 'n nuwe staal-plaat bedekking oor die agterstewe nie, maar ook 'n splinternuwe vlekvryestaal "shooting tray" op die agterstewe om aan te pas by die vlekvrye staal bollard en fairlead - netjies!

     

                            "ALLISON" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 17 Augustus 2024 op die Saldanha skeepshelling word die tunapaalskuit "Allison", afkomstig van die Kaapse dokke, se romp skoon gespuit ter voorbereiding vir 'n skoon laag verf.

 

                                             "ALLISON"
 


          "HARVEST FLORITA" OPPAD SLIP TOE

Afgeneem hieronder op 17 Augustus 2024 word voorbereidingswerk getref alvorens die stokvistreiler "Harvest Florita", afkomstig van Mosselbaai, die Saldanha skeepshelling kan besoek vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

              

          SKUITE LANGS PRESIDENTSKAAI

Afgeneem hieronder op 17 Augustus 2024 in die noordeweer langs die Presidentskaai van links na regs lê "Nossob", "Southern Belle", "Jenny-Anne", "Adelette", "Vlaeberg", "South West Seahawk", "El Pescador", "Zita 1", "Ghoerieman" en "Tickey".

  

                 DIS OMWEER OP GANSBAAI

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 op Gansbaai en daar's geen einde aan die slegte weer nie, terwyl nog 'n koue front oor die gebied woed.

   

   

       OOSKAAI VLOOT RUS BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 langs die Ooskaai was talle skuite teenwoordig waaronder "Leontina Maria", "Conquistador", "Amalia", "Abraham T", "South West Lapwing", "Oceana Topaz", "Sailfish", "Armando", "Tomren" asook die nuutste toevoeging tot die vloot genaamd "Poseidon".

    

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Oceana Topaz", "Windhoek" en "Sailfish.

   


                                     "WINDHOEK"
   


                                        "SAILFISH"
   


                                "OCEANA TOPAZ"
   


                          "ABRAHAM T(IG-WELD)"
   

                                "LEONTINA MARIA"
   

Afgeneem hieronder blink "Conquistador" in die wintersonnetjie, vanwaar die skuit onlangs 'n skoon laag verf ontvang het tydens 'n besoek aan die Kalkbaai skeepshelling.

   

            "BLUE DOLPHIN"
KRY INTERNET EN TV

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 langs die Ooskaai toon die sirkel 'n nuwe "Fleetone" antenna aan aanboord van die "Blue Dolphin", vir aanboord internet toegang.

    

Daarsy, nou kan die crew lekker tv kyk en op die selfone speel terwyl hulle op die see is.

    


                                     "TOMREN"
   

                       "SOUTH WEST LAPWING"
   


                                    "ARMANDO"
   


              
GOOD-LUCK "POSEIDON"!

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 langs die Ooskaai in die Kaapse dokke is die "Poseidon", die nuutste tunapaalskuit wat deur Tallie Marine ter water gelaat is. Alhoewel die skuit reeds vroeg gedurende 2024 in die water gesit gesit was, het sy egter Trawler Heritage bly ontwyk, en selfs gedurende die afgelope snoek-seisoen, het sy deel gevorm van die vloot werksaam langs die Weskus, maar was sy telkemale net buite bereik van die kameralens.

    

    

     "RIGEL 4"
BESOEK SYNCHRONISEERHYSER

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 op die Kaapse synchroniseerhyser staan die Suidkus-kreefvanger "Rigel 4" vir algemene instandhouding en 'n skoon laag verf.

   

"LUDERITZ STAR"
EN "FISKORN" BYT NOG VAS

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 langs die Concentra Ooskaai is dit wat nog behoue is van beide die voormalige tunapaalskuite "Luderitz Star" (links) en "Fiskorn" (regs) wat tans gesloop word.

  


                                     "FISKORN"
  


Afgeneem hieronder toon die rooi sirkel 'n lekkasie aan op een van die groot masjien se verkoelingspype wat taamlik baie water gemaak het.

   

Afgeneem hieronder is dit wat nog behoue is van "Fiskorn" se 8-silinder, V-blok GM-masjien.

   

   


Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 was slegs twee ander skuite teenwoordig langs Concentra Ooskaai waaronder die stokvislanglyn skuit "Herman S" en die tunapaalskuit "Wilmag".

                                   "HERMAN S"
  


                                      "WILMAG"
  


                  "HARVEST LIDIWE"
BESOEK
                       ROBINSON DROOGDOK

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 in die Robinson drogdok ondergaan die stokvistreiler "Harvest Lindiwe" van Saldanhabaai, algemene instandhoudingswerk en 'n skoon laag verf.

   

            
SKUITE LANGS DIE COLLIER JETTY

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 langs die Collier jetty was talle skuite teenwoordig waaronder "Tina", "Sea Pride II", "Triton", "Abe Shapiro", "Mpho" en "Impala" om net 'n paar name te noem.

  

                                       "TINA"
  

Afgeneem hieronder lê "Kariba" (links) en die "Nicolette" (regs), vanwaar die "Nicolette" onlangs terug gekeer het na 'n besoek aan die Sandy Point skeephelling vir 'n skoon laag verf.

  


                                 "ABE SHAPIRO"
  


Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 op die
"Ku-Ula", staan 'n blik resin tesame met talle rolle glasvesel, namate voorbereidings werk verrig word om die skuit gereed te kry vir die 2024/2025 tunapaalseisoen.

   

   

                 "KU-ULA"
(links); "MPHO" (regs)
   


Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 is die heel ongewone plek om die "Impala" raak te loop, vanwaar die skuit gewoonlik lê langs die Concentra Ooskaai. Slegs die volgende dag op 16 Augustus 2024 het "Impala" vanuit die Kaapse dokke geloop en gaan lê langs die yskaai in Houtbaai.

   

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 word die laaste voorbereidings getref aanboord van "Triton", voordat die skuit gedurende die volgende dag op 16 Augustus 2024 sou vertrek het vir 'n geskeduleerde besoek aan die Sandy Point skeepshelling.

   

          
STOKVISTREILERS IN KAAPSE DOKKE

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 langs South Arm in die Kaapse dokke was talle stokvistreilers asook een garnaaltreiler teenwoordig waaronder "Allin", "Key Largo", "Sistro", "Dantago" en "Avro Warrior" om net 'n paar name te noem.

                                   "BLUEBELL"
  

                                        "ALLIN"
   

                                "DANTAGO"
   

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 is die "Key Largo", 'n garnaaltreiler afkomstig van Durban wat deel vorm van die Viking Fishing vloot.

   

                                       "SISTRO"
   

                                     "FOXGLOVE"
   

                                     "LUDWANI"
   

                        "AVRO WARRIOR"
   

               "WERKENDAM"
OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 15 Augustus 2024 op die Quay Four skeepshelling staan die tunapaalskuit "Werkendam" vanwaar die skuit algemene herstelwerk asook 'n skoon laag verf ontvang het, ter voorbereiding van die opkomende tunapaal seisoen.   
    

   


              "SOUTHERN HORIZON"
MAAK REG
                            VIR NUWE SEISOEN

Afgeneem hieronder op 14 Augustus 2024 by Yachtport in Saldanha staan die kreefskuit "Southern Horizon" op droë grond ter voorbereiding vir 'n skoon laag verf.

   

        "SHELLFISH"
OPPAD WALVISBAAI TOE

Afgeneem hieronder op 14 Augustus 2024 lê die tjokkaskuit "Shellfish" afkomstig van Port Elizabeth langs die doeanekaai in Saldanhabaai, voordat die skuit eersdaags sal vertrek na haar "land van herkoms", vanwaar die skuit gebruik gaan word in eksperimentele tjokkavangste in Namibiese gebiedswaters.

   


   

                
SKUITE OP GANSBAAI SE SLIP

Afgeneem hieronder op 13 Augustus 2024 op die Gansbaai skeephelling staan "Emily-Marie" (voor), en "I Do" (agter).

                

                
SKUITE OP SALDANHA SE SLIP

Afgeneem hieronder op 11 Augustus 2024 was drie skuite teenwoordig gewees op die Saldanha skeepshelling naamlik "Adelette", "Harvest Saldanha" en "Romano Paulo" (dit wat nog oor was van die skuit).

                       "HARVEST SALDANHA"
   

Afgeneem hieronder is nuwe planke sigbaar op "Adelette" se stuurboord boeg-area.

   

                                   "ADELETTE"
   

Afgeneem hieronder is dit wat nog staande is van die voormalige suidkus-kreefvanger "Romano Paulo", waarvan die romp nou finaal opgesny word op die skeepshelling, nadat al die topstrukture voorheen verwyder was langs die Presidentskaai.

   


         
    PELAGIESE SKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 11 Augustus 2024 was drie pelagiese skuite teenwoordig in Saldanhabaai waaronder "Southern Belle", "Nossob" en "Scomber".

                            "SOUTHERN BELLE"
   

   

                                    "NOSSOB"
   

             "VLAEBERG" WORD AFGETAKEL

Afgeneem hieronder op 11 Augustus 2024 langs die Presidentskaai word die voormalige tunapaalskuit "Vlaeberg" stelselmatig afgetakel vanwaar die skuit nou bestem is om gesloop te word.

                                   "VLAEBERG"
   


   


                 
 KREEFSKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 11 Augustus 2024 is 'n seleksie van kreefskuite teenwoordig in Saldanhabaai waaronder "Jenny-Anne", "El Pescador", "Ghoerieman" en "Zita 1".

   

                                 "JENNY-ANNE"
   

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Derek 1", "Mbambatha" en "Jenny-Anne".

   

                                "EL PESCADOR"
   

Afgeneem hieronder van links na regs lê "El Pescador", "Zita 1", "Ghoerieman" en "Tickey".

   


          "BOETIE BERT"
SKUIL IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 11 Augustus 2024 langs die Presidentskaai lê die stokvistreiler "Boetie Bert".

   


    OMWEERSWOLKE PAK SAAM OP GANSBAAI

Afgeneem hieronder op 10 Augustus 2024 op Gansbaai en die soveelste winterstorm is in aantog, terwyl die "ganse" beveilig word met addisionele vasmaaktoue in afwagting op die aanslag van moeder natuur.

          

Afgeneem hieronder kyk ons in die rigting van die Ouhawe, terwyl die noordwes alreeds storm sterk waai en die hawe se bek onbegaanbaar maak vir enige skuite.

           

Afgeneem hieronder in die rigting van die Nuwehawe se bek, kan die groot swelle waargeneem word, terwyl die reënwolke ook besig is om saam te pak in die verte.

           

Drie dae en drie nagte sal dit neem om weer hierdie bank toue los te gooi.

           

                 

                 

Afgeneem hieronder en die eerste deining wil net-net oor die Nuwehawe se langmuur begin breek...

            


                   "AZANIA"
PROBEER ALWEER
                               OM WEG TE LOOP

Dit wil voorkom asof Port Nolloth nou met 'n probleemkind sit wat net aanhou wil weg loop op haar eie...Afgeneem hieronder op 9 Augustus 2024 lê die diamantskuit "Azania" teen die coaster kaai, nadat die skuit weereens los gebreek het van haar mooring, en hulle net-net daarin kon slaag om haar te "vang" voordat sy deur die kanaal die see in sou weg dryf.

    

                     "I DO"
LAAI STOKVIS AF

Afgeneem hieronder op 7 Augustus 2024 in die Gansbaai Nuwehawe is die aflaaispan van Dyer Eiland Visserye besig om "I Do" se vrag stokvis wat gevang was wes van Hondeklipbaai af te laai, wat bestem is vir die Europese uitvoermark.

               

               

               

Afgeneem hieronder op 7 Augustus 2024 in die Gansbaai Nuwehawe rus die kreefskuite "Atlantic Blessing" (links) en "Makarios" (regs) op hul moorings, terwyl die pelagiese skuite "Wildegans II", "Berggans" en "Wafra" in die agterste ry lê langs die kaai.

            

    
                   "I DO"
OPPAD SLIP TOE

Afgeneem hieronder op 7 Augustus 2024 slegs oomblikke nadat "I Do" klaar stokvis afgelaai het, is die skuit op die slip gesit op die Gansbaai skeepshelling vir algemene herstelwerk, 'n skoon laag verf assok vir die installasie van 'n nuwe sonar.

            


Afgeneem hieronder op 7 Augustus 2024 staan die kreefskuit "Emily-Marie" op die Gansbaai skeepshelling se side-slip.

            


                  


                  
                 

                  
    

   "BABY RONALD"
SINK OP HAAR MOORING

Afgeneem hieronder tydens die vroeë oggendure van 6 Augustus 2024 in Gansbaai se Nuwehawe dryf "Baby Ronald" half-lyf onder die water op haar mooring. Hierdie was dan ook die laaste sien gewees van "Baby Ronald" wat die trotste vissersvloot gegroet het na 88 jaar van diens en daarmee saam 'n leeftyd se geskiedenis saam met haar vat. Voortaan sal die enigste herhinnering aan "Baby Ronald" die replika wees van die skuit, wat staan in die S.A. Visserye Museum op Laaiplek.

   

                       

       
     'n SLEEPBOOT IN DIE BINNELAND

Dis nie aldag dat die Trawler Heritage crew 'n sleepboot te siene kry hier op die kanaal van trawlkampioene nie. Afgeneem hieronder op 2 Augustus 2024 op Villiersdorp is hoe die historiese stoomsleepboot "Alwyn Vincent" deesdae daarna uitsien, vanwaar dit blyk asof die romp nog redelik onlangs 'n nuwe laag pensverf gekry het.

   

                  "ULTRA GALAXY"
BREEK OP

Afgeneem hieronder op 30 Julie 2024 by Duiwegat het die sterkwater die vragskip "Ultra Galaxy" se romp in twee laat skeur - hierso gaan hierdie skip vir altyd bly lê.

   

   

    
                DIS OMWEER OP GANSBAAI

Afgeneem hieronder op 29 Julie 2024 op Gansbaai en daar's geen einde aan die slegte weer nie, terwyl nog 'n donker bank noordweste weer in aantog is in die verte...

    

    

    

                   
     OMWEERSWOLKE PAK
                       SAAM OOR GANSBAAI

Afgeneem hieronder op 27 Julie 2024 op Gansbaai en die soveelste winterstorm is in aantog, terwyl die "ganse" beveilig word met addisionele vasmaaktoue in afwagting op die aanslag van moeder natuur.

                 

Afgeneem hieronder kyk ons in die rigting van die Ouhawe se bek, terwyl die noordwes alreeds storm waai, met swelle wat by die minuut groter word.

                  

Afgeneem hieronder in die rigting van die Nuwehawe se bek, kan die groot swelle waargeneem word, terwyl die reënwolke ook besig is om saam te pak.

                  

Drie dae en drie nagte sal dit neem om weer hierdie bank toue los te gooi.

                 

                 

Moet eerder nie vrae hoekom/waarom/per ongeluk hierdie foto geneem was op 27 Julie 2024 nie, maar daar heel agter op haar mooring sou dit dan ook die laaste keer ooit wees dat die crew nog vir "Baby Ronald" sal sien drywe, voordat die noodlot haar sou tref...

                 

                  
   DIE "GANSE" IS GELAAI

Afgeneem hieronder gedurende die vroeë oggendure van 26 Julie 2024 arriveer die "ganse" weer terug by huis met hul vangste wat meestal uit Rooi-oog bestaan het.

                                      "VLEIGANS"
                

                                       "BERGGANS"
                

                

      "STORMGANS"
(links); "WAFRA" (regs)
               

     "VLEIGANS"
(links); "RIETGANS II" (regs)
              

Afgeneem hieronder op 26 Julie 2024 gaan daar nog 'n R200-noot die lug in op, namate die reduksieaanleg van Gansbaai Marine in volle produksie is.

            

Afgeneem hieronder op 26 Julie 2024 is "Wafra" oppad na die Gansbaai Ouhawe, vir haar beurt om te gaan aflaai.

            

          "SHELLFISH" OPPAD WALVISBAAI TOE

Afgeneem hieronder op 25 Julie 2024 word die tjokkaskuit "Shellfish" afkomstig van Port Elizabeth op die Gansbaai skeepshelling voorberei vir 'n trip na Walvisbaai, vanwaar die skuit aan eksperimentele vangste gaan deelneem op die tjokka bron in Namibiese gebiedswaters.

   

                    DIE "GANSE" GAAN SOEK VIS

Afgeneem hieronder op 24 Julie 2024 vertrek die "ganse" vanuit Gansbaai om vis te gaan soek suid van Danger Point, met "Vleigans" in die voorgrond.

                  

                       
 'n GROOT SAK TJOKKA

Afgeneem hieronder op 24 Julie 2024 verder af teen die Suidkus, het hierdie sleeptreiler 'n goeie byvangs gemaak met hierdie sak tjokka wat saam in die trawlnet op gekom het.

   

                           "RENJA"
LAAI VRAG

Afgeneem hieronder op 23 Julie 2024 by Yachport in Saldanhabaai word voorrade aanboord gelaai van "Renja", bestem vir 'n afwagtende ertsdraer in die baai.

   

  
               "ULTRA GALAXY"
Lê OP DIE WAL

Afgeneem hieronder op 21 Julie 2024 by Duiwegat lê die vragskip "Ultra Galaxy" op haar sy, nadat die skip vroeër die maand op 9 Julie 2024 op die wal uitgespoel het.

            

        "EBHAYI"
EN "MALAGAS II" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 20 Julie 2024 op die Saldanhabaai skeepshelling word die tunapaalskuit "Malagas II", afkomstig van die Kaapse Dokke, en die Suidkus-kreefvanger "Ebhayi", versien en voorberei vir die nuwe visvangseisoen.

                                          "MALAGAS II"
   

                                               "EBHAYI"
   

  
SWAARDVIS SPOEL UIT OP DIE PLAAT

Die Plaat, geleë tussen Gansbaai en Hermanus, lewer soos gewoonlik gedurende die wintermaande, allerlei vreemde en ongewone artikels op, wat uitspoel op die strand gedurende die gepaardgaande noordweste storms, soos hierdie 2 meter lange swaardvis wat uitgespoel het op 19 Julie 2024.

   

            
SEILJAG SINK IN LAAIPLEK HAWE

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Laaiplek hawe, "onder die crane", steek nog net 'n seiljag se maspaal uit nadat dit langs die kaai gesink het. 'n Meer slegte plek kon hulle seker nie gekies het nie, dis juis hierso waar die skuite se nette op en af getrek moet word. Weereens, maar net 'n bewys van die totale chaos en wanorde waaronder ons visserhawens tans in verkeer.

          

Geneem vanuit die argief, het Trawler Heritage alreeds op 15 Desember 2023 die teenwoordigheid van hierdie einste seiljag in die hawegebied bevraagteken, en mooi gevra dat die seiljag uit die hawegebied verwyder moet word - mens kan mos sien hier kom moeilikheid...ek het seker maar met die meeue op die kaai gepraat?

    

       
DIE "DRIE SWARTES" BY AMAWANDLE

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 langs die kaai by Amawandle Pelagic lê "Towerkop", "Aranos" en "Vegkop" van voor na agter.

   


                           "ELOMI"
OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 by Keyway Shipwrights lê "Elomi" op die slip in afwagting vir instandhoudingswerk.

   

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 lê "Oceana Ruby" langs die kaai by Keyway Shipwrights.

   

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Laaiplek lê die tunapaalskuit "Fearless".

   


                      
 WAT'S NUUT "SULAIMAN"?

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Laaiplek lê nog 'n nuwe toetreder tot die pelagiese vloot genaamd "Sulaiman", vanwaar die skuit voorheen in die tunapaal sektor betrokke was, moes daar egter veranderinge gemaak word aan die "vent" op die wielhuis se stuurboordsy soos aangetoon in die foto hieronder soos aangedui met die rooi sirkel.

   

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief, word die oorspronklike "vent" met 'n rooi sirkel aangetoon.

   

Afgeneem hieronder word die skuit se roepletters ook nou met nuwe vinielplakkers aangetoon, vanwaar die oorspronklike plakkers plek moes maak vir die nuwe "vent".

    


                                        "SULAIMAN"
    


                          "ATLANTIC LEADER"
    

    

                             "NOORDEVELD"
    

                             "BELLA PRIMA"
                

                             "LOERIESFONTEIN"
    

    

           
NUWE KODEN RADAR VIR "ORION"

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Laaiplek moes "Orion" se ou Furuno radar plek maar vir 'n nuwe Koden radar, en daarmee saam groet ons dan ook die heel laaste "blou" Furuno scanner wat nog werksaam was langs die Weskus. Hoeveel duisende seemyle daardie ou Furuno radar oor sy leeftyd afgetel het, sal g'n mens seker ooit weet nie?

                     
  "NUWE" KODEN RADAR
    

                        "OU" FURUNO RADAR
   

                                        "ORION"
   

   

                               "RESTLESS WAVE"
   

     LAAIPLEK SE "SEEKATTE" OP DIE KAAI
   

                                          "EIGEVELD"
    

                                      "DOLOREZE"
    

     "STORMKOP"
WORD BEVEILIG TEEN JETTY

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Laaiplek is die Regeringskaai nou rerig besig om uitmekaar te val weens 'n gebrek in instandhouding soos uitgebeeld in die fotos.

    

Afgeneem hieronder lyk "Stormkop" eerder meer soos 'n sleepboot met 'n ry buitebande wat aan die skuit hang om die skuit teen die kaai te beskerm.

    

    

Afgeneem hieronder het een van die bollards geheel en al af geroes.

   

Afgeneem hieronder het die crew weens 'n gebrek aan bollards, geen ander keuse gehad as om die winch se voordraad om een van die kaai se keerwalletjies te span, wat op hul beurt weer met u-bolts vasgetrek is - waar in jou lewe het mens al ooit so iets gesien? En dit alles net weens 'n disfunksionele regering wat geen belang het in die volhoubaarheid van die Suid-Afrikaanse visbedryf nie.

   


                                     "STORMKOP"
    


    


                                     "DAGBREEK"
    

                        
  WAT'S NUUT "ADENIA"?

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Laaiplek en Trawler Heritage steek vas by "Adenia" waar talle nuwighede bespeur word.

   

Ons trek weg met "Adenia" se stacker, waarop die Petrel logo nou vertoon word soos aangedui met die rooi sirkel...

           

Dis egter bo-op "Adenia" se wielhuis waar die dinge gebeur. Benewens 'n addisionele stutpaal om te help om die net weg te hou van die wielhuis se awning-plaat, is daar ook 'n nuwe Koden radar wat die vorige Furuno radar vervang, 'n nuwe spreilig, sowel as nuwe "grills" te siene voor die navigasieligte.

   


    
 "GRILLS" VOOR DIE NAVIGASIELIGTE
   


                           "NUWE" KODEN RADAR
   


                             "OU" FURUNO RADAR
   


                                          "ADENIA"
    


       
PELAGIESE VLOOT RUS IN SANDY POINT

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 "idle" die hele pelagiese vloot in Sandy Point hawe sowel as langs al die omliggende kaaie by Sandy Point Canning en Suid-Oranje weens die afwesigheid van pelagiese vis.

   

   

   

   

   

   

                                     "TERRASAN 1"
                

                      "ATLANTIC ENTERPRISE"
                 

"SILVER DOLPHIN"
(buite); "SILVER KATONKEL" (binne)
      


                                "SILVER DOLPHIN"
      


                    
 "ATLANTIC ENDEAVOUR"
                 


Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 langs die jetty van Suid-Oranje van links na regs lê "Lisa Ann", "Viva" en "Sechaba".

   


                                          
"LISA ANN"
   


                               "GREGORY JUSTIN"
   


Hierdie "naambord" verstaan Trawler Heritage nog glad nie...

   


Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point hawe van links na regs lê "Gondo", "Antonie W II" en "Oom Arthur".

   
   
    

                                              "VIVA"
    

    


                     "OCEANA PARAGON"
(voor);
                     "OCEANA PEGASUS"
(agter)
    


                                "ATLANTIC ROSE"
    


                                    "SNOWGOOSE"
    


    


                                             "GONDO"
    


    


Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point toon die rooi sirkel die addisionele plaat aan wat vroeër gedurende die seisoen tot "Kavalier" se net guard toe gevoeg was.

    


                                            "KAVALIER"
    


    


                                            "UMFANA"
    


                                    "OOM ARTHUR"
    


Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 van binne na buite lê "Sette Mari", "Silver Bounty", "Silver Challenger" en "Terrasan 1".

    


    


                  "SOUTH WEST FALCON"
(buite);
                          "BOETIE AKIE"
(binne)
    


                                              "EBB TIDE"
    


                          "SOUTH WEST FALCON"
    
 

                                        "BOETIE AKIE"
     


Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 aan die suidekant van Sandy Point Canning jetty van buite na binne lê "Oceana Mercury", "Oceana Neptune" en "Oceana Concorde".

    

                              "OCEANA MERCURY"
    


                                         "SECHABA"
   

                               "ANNABELLE ROSE"
   

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 aan die noordekant van Sandy Point Canning jetty van buite na binne lê "Star Crest", "Wildekus", "Alert III" en "Hesko".

   

                                      "STAR CREST"
   

      
 
    GOOD-LUCK "ODYSSEY"!

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point hawe is die "Odyssey", die nuutste 83-voet pelagiese skuit wat deur Tallie Marine ter water gelaat is.

   

   

   

Afgeneem hieronder val die klem om die dun rant op die bakboord-sy soos aangetoon met die rooi sirkel. Trawler Heritage is bevrees dat die kettingstroppe en die vasmaaktoue gaan die skuit uitermatig verrineweer tot in so 'n mate dat mens binnekort rou glasvesels gaan sien waai in die wind.

            

Afgeneem hieronder, in skerp kontras met die "Odyssey" se "dun rant", word die konstruksie uitgebeeld van die "Annabelle Rose", wat oor 'n veel "dukker rant" beskik op bakboord. Waarom die "Odyssey" oor 'n "dun rant" beskik, sal nie kan sê nie?

             

Afgeneem hieronder, soos aangetoon met die rooi sirkel, is daar 'n "step" ingebou op die "Odyssey" se stuurboordsy...op 'n tjokkaskuit vertoon dit pragtig, op 'n tunapaalskuit werk dit uitstekend, maar op 'n pelagiese skuit is dit net 'n kwessie van tyd voordat die mannetjie vir hom uitmekaar uit gaan ruk totdat daar net rou "foam" sigbaar gaan wees. Dis net hier waar eertydse skuitbouers soos Harold Misplon en Hugo Tallie dekades terug reeds hul skoolgeld betaal het aangaande die toevoeging van 'n "step" in hul ontwerpe. Ontleed weer die konstruksie van talle eertydse pelagiese skuite waaronder "Dalness", "Baby Ronald", die "ou-Dagbreek", die "ou-Neptune" en "Groenvlei". Daardie kaliber skuite was almal toegerus gewees met 'n "step", maar hul ontwerp was 'n spieëlbeeld in vergeleke met die huidige ontwerp soos gesien word op "Odyssey", en tog het die eertydse ontwerpe die toets van tyd weerstaan. Aan die einde van die dag moet mens in gedagte hou dat 'n skuit nie aan 'n net ruk nie (nooit nie) - die feit is, dis die net wat aan die skuit ruk, en dis dan wanneer 'n skuit goed opgefoeter word...

     

    
              GOOD-LUCK "CHAR-NEIL"!

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 op die Sandy Point skeepshelling staan "Char-Neil", die eertydse "weggooi-kind" van die Suid-Afrikaanse pelagiese bedryf. Voorheen bekend as "Ukuloba", het Sachal oor die afgelope paar maande harde ure in gesit om die skuit weer in 'n seewaardige kondisie te kon kry. Uit die foto hieronder is dit duidelik dat die skuit se pens nou sommer lekker dik geplak is van die glasvesel.  

    

               "ELANDSBERG"
WAG VIR DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 is die besoekende tunapaalskuit "Elandsberg" afkomstig van Houtbaai, in afwagting vir haar beurt om die Sandy Point skeepshelling te kan besoek vir algemene instandhouding en 'n skoon laag verf.

   

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point lê die vragboot "Tygerberg" en wag vir beter dae...

   

   

                                    "DOSIDICUS"
   

            
DIE LAASTE SIEN VAN OVENSTONES
                              SE KLEURSKEMA

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point hawe is die heel laaste keer dat die crew vir "Highland Queen" in haar tradisionele swart-en-wit kleurskema sal sien, vanwaar die skuit intussen tyd 'n nuwe rastafariër-kleurskema, iets soortgelyks aan "Oceana Ruby" gekry het.

   

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point van links na regs lê "Debnal", "Colin B" en "Biskop I".
 
   

                                           "DEBNAL"
   

                
STEAMERS COVE IN DIE VERTE

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 is hoe die onaktiewe pelagiese fabriek van Steenbergs Cove Fishing, se eertydse visstore, in die verte vertoon.

   

               
DIE WRAKKE VAN SANDY POINT

Nou ja, wat is 'n hedendaagse Suid-Afrikaanse vissershawe dan sonder 'n wrak? Sandy Point hawe is geen uitsondering nie met twee voormalige sardynskuite wat tans in die hawe gesink lê naamlik "Anna" en "Arizon II".

                                             "ANNA"
   

                                        "ARIZON II"
   

Aangetoon hieronder met die rooi sirkels het die kwaaddoeners alreeds alles van waarde geneem, selfs "Arizon II" se brass port holes is ook uit die wielhuispanele geruk...

  

            
WAT MAAK DIE MENSE HIERSO?

Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point hawe voor een van die restaurante in die hawegebied, het iemand dit nou goed gedink om hierdie ski-boot (damboot) te gebruik as versiering in die tuin. Hoekom en waarom, dit het niks uit te waai met die see nie! Vat die ding weg Clanwilliam dam toe asseblief.

   

                    
ONS VISSERSHAWENS
                       WORD GEPLUNDER


Afgeneem hieronder op 19 Julie 2024 in Sandy Point hawe is hoe die gewese Umoya kreefabriek in die hawegebied tans daarna uitsien nadat die fabriek deur vandale geplunder is, met lugversorgingseenhede, gebreekte vensters, deure wat uit kosyne geruk is, sowel as vensterrame uit die mure geruk is, en weg gedra is. Hoe is dit moontlik dat sulke tipe gedrag in ons vissershawens toegelaat kan word, terwyl broodnodige infrastruktuur voor die voet vernietig word? Wat het geword van basiese menslikheid en respek vir ander se eiendom? Eerder bloot net 'n gebrek aan selfdisipline en die verwerping van Christelike beginsels as jy my sou vra.

   

   

Onder hierdie einste koelteboom op die grasperk (toe daar nog 'n grasperk was) het ons soveel kere voor ons see toe gegaan het, BP Marine se vis & chips gesit en geniet...nou is die gras ook sommer vrek.

    

                
DYER EILAND VISSERYE VLOOT
                       SKUIL IN SANDY POINT

Afgeneem hieronder op 12 Julie 2024 het twee van Dyer Eiland Visserye se skuite naamlik "Boetie Bert" en "I Do", wat op daardie stadium werksaam was langs die Weskus, kom skuil in Sandy Point hawe tydens 'n periode van ongunstige seetoestande.

                


              
 PELAGIESE SKUITE BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 12 Julie 2024 lê "Ruwekus" , "Lisa Ann", "Viva" en "Sechaba" aan die oorkant langs die kaai van Suid-Oranje, terwyl "Umadala" (groen skuit) regs in die foto te siene is, reg in lyn met die ystoring, met "Arizon II" se wielhuisie wat nog net gedeeltelik bokant die water uitsteek links van haar.

 

Afgeneem hieronder op 12 Julie 2024 in Sandy Point hawe van links na regs skuil talle pelagiese skuite waaronder "Wildekus", "Silver Bounty", "Silver Challenger", "Sette Mari", "Kavalier", "Highland Queen", "Snowgoose", "Silver Dolphin", "Annabelle Rose", "Atlantic Rose", "South West Falcon", "Boetie Akie" en "Ebb Tide".

 


   "AZANIA"
BREEK LOS VAN HAAR MOORING

Afgeneem hieronder op 8 Julie 2024 tydens 'n oomblik van algehele hulpeloosheid, word daar toe gekyk hoe die diamantskuit "Azania" los breek van haar mooring en deur die stroom mee gesleur word uit Port Nolloth se hawe. Baie gelukkig, kon hulle vir "Azania" weer "gevang" het daar onder by die Coaster jetty tydens die insident...(kyk net na die groot swelle aan die agterkant van die bar)

   

                         "SEEDELWER III" WORD
                         TER PLETTER GESLAAN

Afgeneem hieronder op 8 Julie 2024 in Port Nolloth is dit nou al wat nog oor gebly het van die diamantskuit "Seedelwer III", nadat 'n groot storm met gepaardgaande sterkwater Port Nolloth gedurende die nagtelike ure getref het.

   

                 HUISBAAI IN DIE NOORD-WES

Afgeneem hieronder op 7 Julie 2024 is hoe sake daarna uitsien in Huisbaai tydens 'n stormsterk noord-weste wind, vanwaar hierdie baaitjie andersins 'n bondgenoot is van vele kreef sowel as pelagiese vissermanne.

    

              
PORT NOLLOTH COASTER JETTY

Afgeneem hieronder op 5 Julie 2024 langs die Port Nolloth Coaster Jetty lê die De Beers Marine vragbote "Aukatowa" en "Aogatoa", met die diamantskuite "Azania", "Jakkie V" en "Ariel" wat op hul moorings lê.

   

         
OVENSTONE JETTY BLY NOG STAANDE

Afgeneem hieronder op 5 Julie 2024 is die huidige stand van sake aangaande die Ovenstone jetty waarvan 'n gedeelte alreeds ineen gestort het.

  

  

       "NAMATSI"
EN "GABA-IPHIWE OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 5 Julie 2024 staan die nuutste toevoeging tot die Port Nolloth diamantvloot, "Gaba-Iphiwe" vir die eerste keer weer op droeë grond nadat die skuit vroeër vanjaar in Saldanhabaai ter water gelaat was. Ook te siene op droeë grond is die onaktiewe diamantskuit "Namatsi".

                                        "GABA-IPHIWE"
 

                                           "NAMATSI"
  

 

   
   DIAMANTKUS EIS NOG 'n SLAGOFFER

Afgeneem hieronder op 5 Julie 2024 in Port Nolloth is al wat nog oor is van die "Seedelwer III", nadat die skuit gedurende Maart-maand los gebreek het van haar mooring, en intussen tyd vernietig is deur gepaardgaande sterkwater.

  


            
 DIAMANTVLOOT RUS OP ANKER

Afgeneem hieronder op 5 Julie 2024 in Port Nolloth rus talle diamantskuit op hul moorings waaronder "Alabama", "Thundercat", "Albatros", "Alana", "Northern Star", "Ariel", "Azania" en "Leah".

  


  


  


            
    KREEFSKUITE IN PEPERBAAI

Afgeneem hieronder op 3 Julie 2024 in Peperbaai is 'n seleksie van kreefskuite waaronder "El Pescador", "Jenny Anne" en "Derek 1".

                                  "EL PESCADOR"
               


               

               


                                 "JENNY ANNE"
               


               


                                           "DEREK 1"
               


               

               


                  "IMBAZA"
LOOP 'n DRAAI

Afgeneem hieronder op 3 Julie 2024 in Peperbaai is die akwakultuurskuit "Imbaza".

               


               


Afgeneem hieronder op 3 Julie 2024 aan die oorkant van die Peperbaai jetty lê die kreefskuite "Mbambatha" en "Zita 1" langs die kaai by Premier Fishing, asook "Southern Belle" aan die noordekant van die kaai, en die Suidkus kreefvanger "Ebhayi" aan die suidekant van die kaai.

            

                              "SOUTHERN BELLE"
               

            
  DIAMANTSKUITE OPPAD HUIS TOE

Afgeneem hieronder op 3 Julie 2024 kom die diamantskuite die kanaal binne gevaar van Port Nolloth se hawe na 'n lang dag "onder" die water.

   

  


Afgeneem hieronder op 3 Julie 2024 in Port Nolloth is die diamantskuit "Albatros", tans die langslewende Fritz Nieswandt bousel langs die kuslyn van Suid-Afrika en Namibië.

  

                  "SEEDELWER IV"
EN "PANEVYS"
                              OPPAD SEE TOE

Afgeneem hieronder op 2 Julie 2024 vertrek "Seedelwer IV" en "Panevys" vanuit Port Nolloth, oppad na die diamantgronde, terwyl die res van die vloot vir tyd wyl nog op anker rus.

                                           "SEEDELWER IV"
  

  

                                                    "PANEVYS"
 
 
                                           "SEEDELWER V"
 

  
                                          
                                                         "AZANIA"
   

     "ALANA"
(voor); "NORTHERN STAR" (agter)
   


                                           "THUNDERCAT"
   


                                     "PANEVYS"
OPPAD UIT
   

                                                                               
                                                   "ALABAMA"

 


                                                  "ALBATROS"
  


                     
PORT NOLLOTH, WAAR TYD
                        TERUG GEDRAAI WORD

Afgeneem hieronder op 2 Julie 2024 by die plaaslike supermark oudergewoonte, is vandag se koerant nog nie op die rakke nie, maar wel 'n kolleksie van verlede week se koerante.

     

               "PANEVYS"
GAAN DIAMANTE DUIK

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2024 loop die diamantskuit "Panevys" deur die kanaal van Port Nolloth se hawe oppad see toe om diamante te gaan duik.

   

   

                
DIAMANTVLOOT RUS OP ANKER

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2024 in Port Nolloth rus talle diamantskuit op hul moorings waaronder "Alabama", "Albatros", "Alana", "Northern Star", "Ariel" en "Azania".

  

  

  

  

            
DIE PELAGIESE VLOOT SOEK VOORT

Afgeneem hieronder op 1 Julie 2024 buitekant Dasseneiland soek "Silver Challenger" nog onverpoos voort na enige teken van vis in die kanaal tussen Yzerfontein (in die agtergrond) en die eiland.

     
        

   
"SCOMBER" VANG SARDYN OP GANSBAAI

Afgeneem hieronder op 30 Junie 2024 op Gansbaai lê die besoekende sardynskuit "Scomber", afkomstig van Port Elizabeth met "Borderer" aan haar buitekant. Van hier af het "Scomber" weer vertrek na die Onderbaai en haar vis gaan aflaai by West Point Fishing.

       

                "JAHLEEL"
SE OORBLYFSELS Lê
                      TUSSEN DIE BAMBOESTE

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2024 in Hondeklipbaai is die laaste oorblyfsels van die voormalige diamantskuit "Jahleel".

   

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2024 in Hondeklipbaai is die lynvissers oppad see toe in hul soeke na 'n paar verdwaalde snoeke.

   

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2024 is die lighuis by Hondeklipbaai.

                  

                     "MARGARET D"
OP DIE SEE

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2024 buitekant Kleinzee loop die diamantskuit "Margaret D".

    

                 
DIE LAASTE SIEN VAN "ARISTEA"

Afgeneem hieronder op 29 Junie 2024 buitekant Hondeklipbaai is dit wat nog oor is van die wrak van die "Aristea", nadat die erge stormsee oor die afgelope twee jaar groot gedeeltes van die wrak weg gespoel het.

    
 
        
SKUITE OP SALDANHASKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 was daar vier skuite teenwoordig op die Saldanhaskeepshelling waaronder die tunapaalskuite "Armando", en "Adelette", die stokvislanglynskuit "Abraham T", die akwakultuurskuit "Albatros".

                                  "ALBATROS"
    

                 "ABRAHAM T"
(voor "Albatros" )
    


                                   "ADELETTE"
    


                                 "ARMANDO"
    


             "KIANGA"
ARRIVEER IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 kom die stokvislanglynskuit "Kianga" aan by die Presidentskaai na voltooing van nog 'n stokvis trip.

    

                                         "KIANGA"
    

          
PELAGIESE SKUITE IN SALDANHABAAI

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 was slegs twee pelagiese skuite teenwoordig in Saldanhabaai waaronder "Nossob" en "Zolani".

                                       "NOSSOB"
   

   

                                        "ZOLANI"
   

            
SEA HARVEST VLOOT IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 was vyf Sea Harvest stokvistreilers by die huis naamlik "Harvest Saldanha", "Harvest Atlantic Peace", "Harvest Georgina", "Harvest Mzanzi" en "Harvest Krotoa".

                           "HARVEST GEORGINA"
    

                          "HARVEST SALDANHA"
    

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 van voor na agter lê "Harvest Atlantic Peace", "Harvest Mzanzi" en "Harvest Krotoa".

    

 "GHOERIEMAN"
EN "SOUTH WEST SEA HAWK"
                  LANGS PRESIDENTSKAAI

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 in Saldanhabaai rus die kreefskuit "Ghoerieman" en die tunapaalskuit "South West Sea Hawk".

                               "GHOERIEMAN"
    

                      "SOUTH WEST SEAHAWK"
    

                  
WAT'S ALLES NUUT "KARIN 1"?

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 in Saldanhabaai toon die rooi sirkels talle nuwighede aan, aanboord van die stokvislanglynskuit "Karin 1", wat nie teenwoordig was sedertdien die vorige keer datTrawler Heritage en die skuit se paaie gekruis het nie, waaronder 'n Tracphone KVH Satcom dome, 'n nuwe glasvesel-boks reg voor die wielhuis, asook die toevoeging van 'n addisionele silencer box op die genset se uitlaatpyp...

      

                                            "KARIN 1"
    
   
     "VLAEBERG"...
VAN DIE KAAP NA GABOEN

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 toon die rooi sirkel talle spykergate aan waarvan die houtproppies en putty lankal nie meer teenwoordig is nie, en daarby saam is daar 'n hele paar skuitspykers wat uitwaarts gedruk het...

    

                                     "VLAEBERG"
    

    

Afgeneem hieronder op 27 Junie 2024 bekyk ons die kompas van die "Vlaeberg" van naderby...waarskynlik destyds nog vervaardig deur Bridlington, en daarby saam vergesel hierdie kompas die skuit al vir die afgelope 72 jaar.

    

                       
SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 22 Junie 2024 het fotograaf Gert van Eeden 'n kamera vas gebind om die nek van 'n "mak meeu" en met hierdie stel fotos vorendag gekom...

Afgeneem hieronder in Laaiplek van voor na agter lê "Stormkop", "Restless Wave", "Orion", "Terrasan 1", "Doloreze", "Loeriesfontein", "Kavalier", "Excalibur", "Bella Prima", "Eigeveld", "Noordeveld", "Atlantic Leader", "Adenia", "Fearless", "Elomi", "Mizpah", "Aranos", "Vegkop" en "Towerkop".

     

                    "SAMROCK"
IN DIE RIVIER

Afgeneem hieronder op 22 Junie 2024 vaar "Samrock" die Bergrivier binne, oppad terug vanaf
die aflaaikaai by Suid-Oranje.

    


                            "ADENIA"
OPPAD UIT

Afgeneem hieronder op 22 Junie 2024 is dit net skop, stern, borrels, thrusters, rook en modder wat op geskop word, namate "Adenia" uit die rivier loop vir 'n sardyn trip.

      


      


                     
GOOD-LUCK "ADENIA"!
     


                         "ARMANDO"
OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 22 Junie 2024 op die Saldanhaskeepshelling staan die tunapaalskuit "Armando" vir algemene herstelwerk.

    


                    "ADELETTE"
WORD GEPLANK

Afgeneem hieronder op 22 Junie 2024 op die Saldanhaskeepshelling is daar reeds vier nuwe rye planke in geslaan op "Adelette" se stuurboordsy.

   


                                     "ADELETTE"
   


                      "NANJA"
RUS BY YACHTPORT

Afgeneem hieronder op 22 Junie 2024 in Saldanhabaai, rus die vragboot "Nanja" langs die
kaai by Yachtport.

    

         
 PELAGIESE VLOOT IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 20 Junie 2024 op die Keyway Shipwright skeepshelling is die skuitverwers besig om die "Oceana Ruby" te transformeer tot die "Oceana Rasta"...

    
Trawler Heritage het 'n smeulende daggabossie geruik brand, wat beweer dat die "Highland Queen" onlangs presies dieselfde kleurskema gekry het as die van "Oceana Rasta"...Nou ja, hoe hoog wil julle die "Koningin van die Hoogland" hê? En daarmee saam neem ons visbedryf dan afskeid van die laaste skuit wat nog die tradisionele Ovenstone-kleurskema oor die afgelope 57 jaar met trots vertoon het.  

Afgeneem hieronder op 20 Junie 2024 lê "Elomi" (binne) en "Mizpah" (buite) langs die Keyway Shipwright jetty.

   

                                       "MIZPAH"
           


                         
NETWERK OP LAAIPLEK
    


  "ADENIA"
(buite); "ATLANTIC LEADER" (binne)
    


                                     "NOORDEVELD"
    


                                            "EIGEVELD"
    

                                     

                                         "DOLOREZE"
    


    


Afgeneem hieronder op 20 Junie 2024 van links na regs lê "Doloreze", "Terassan 1" en "Orion".
 
    


 "KAVALIER"
(buite); "LOERIESFONTEIN" (binne)
    


                                 "LOERIESFONTEIN"
    


          "TERASSAN 1"
(buite); "ORION" (binne)
    


"RESTLESS WAVE"
(buite); "STORMKOP" (binne)
    


    


          "SAMROCK"
(buite); "DAGBREEK" (binne)
    


    


    


                               SKUITE MELD AAN BY     
                            SALDANHASKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 langs die Dienskaai lê en wag nog drie skuite hul beurte af om die Saldanhaskeepshelling te kan besoek. Van links na regs lê "Armando", "Abraham T" en "Zolani", terwyl "Jacqueline" heel regs teen die kaai lê.

    

                                        "JACQUELINE"
   

                                                "ZOLANI"
   

                                        "ABRAHAM T"
   

                                          "ARMANDO"
   

             
SEA HARVEST VLOOT IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 was twee Sea Harvest stokvistreilers, asook 'n besoeker uit Mosselbaai teenwoordig gewees in Saldanha naamlik "Harvest Bounty", "Harvest Krotoa" en "Harvest Florita".

                               "HARVEST BOUNTY"
   

               
                              "HARVEST KROTOA"
   


Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 is "Harvest Florita" wat deel vorm van die Seavuna vloot wat gestasioneer is op Mosselbaai, in afwagting vir 'n geskeduleerde besoek aan die Saldanhaskeepshelling.

    

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 wil dit voorkom asof "Harvest Florita" sowat 2-ton swartmossels aan haar romp laat kweek het, sedertdien haar laaste besoek aan 'n skeepshelling...

    

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 op die Saldanhaskeepshelling spog die Suidkus-kreefvanger "Ebhayi" met haar nuut oorgeverfde romp.

    

           
   'n VERGETE GESIG UIT DIE VERLEDE

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 in Saldanhabaai is 'n gesig wat mens deesdae al hoe minder begin sien - 'n kreefbakkie wat nog deur riempies aangedryf word...dis 'n rare gesig hedendaags.

   



     "SWARTBERG"
BY SALDANHA BAY CANNING

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 is "Swartberg" nog te siene in die tradisionele kleurskema van Lambertsbaai, onderwyl die skuit langs die kaai van Saldanha Bay Canning vertoef.

    


    "SOUTHERN HORIZON"
BY PREMIER FISHING

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 so tussen die seiljagte en al die gemors, lê "Southern Horizon" langs die jetty van Premier Fishing.

    


                        
PEPERBAAI IN DIE VERTE

Nee wag, laat Trawler Heritage eers hierdie foto
veilig maak van alles met lang maspale wat 'n mens siel kan versondig...

Afgeneem hieronder op 19 Junie 2024 staan die kaaie oop by Peperbaai, terwyl "Oom Maans" ook nog bo-op die kaai staan.

    

       
SKUITE OP SALDANHASKEEPSHELLING

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 was daar drie skuite teenwoordig op die Saldanhaskeepshelling waaronder die Suidkus-kreefvanger "Ebhayi", die akwakultuurskuit "Albatros" en die tunapaalskuit "Adelette".

    

                                      "ALBATROS"
    


                                         "EBHAYI"
    


Afgeneem hieronder word daar nou vinnig vordering gemaak met die vervanging van "Adelette" se houtrame.

   


                                    "ADELETTE"
   


           "ROMANO PAULO"
AAN DIE VERDWYN

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 langs die Presidentskaai was die top strukture van die eertydse Suidkus-kreefvanger "Romano Paulo" reeds verwyder.

    

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 is dit wat nog behoue was van die 8-silinder Deutz masjien, nadat die silinderkop reeds verwyder was vir skrootmetaal, alhoewel die "engine blower" nog op sy plek was.

    

    

    

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 is die proses nou aan die gang om die isolasiemateriaal in die visruime te verwyder, alvorense die cutting torches weer in gespan kan word om die skuit verder af te breek.

    

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 is die "Romano Paulo" se "steering post" nog feitlik onaangeraak.

    


                  "SOUTH WEST SEA HAWK"
WAG VIR
                                 NUWE BULWARKS

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 langs die Presidentskaai is die "South West Sea Hawk" nog in afwagting vir die voltooing van haar bakboord bulwarks.

    

Afgeneem hieronder lê 'n "g-clamp" op 'n hoop kieranghout in afwagting om die taak op hande te voltooi.

    

Afgeneem hieronder is die gate in die dek alreeds gebeitel wat die nuwe "stanchions" in plek moet hou.

    

        "TICKEY"-
HIER BOU EN BREEK DIT OOK

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 langs die Presidentskaai word onderhoudswerk op volskaal verrig aanboord van die "Tickey".

   


                                         "TICKEY"
   


Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 langs die Presidentskaai rus die stokvislanglynskuit "Emerald".

   


       "ABRAHAM T(IG WELD)
WAG VIR DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 langs die Dienskaai in Saldanhabaai lê die stokvislanglynskuit "Abraham T" in afwagting vir 'n geskeduleerde besoek aan die Saldanhaskeepshelling.

   


            
 SEA HARVEST VLOOT IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 12 Junie 2024 was slegs twee stokvistreilers teenwoordig in Saldanha naamlik "Harvest Gavina" en "Harvest Krotoa".

                           "HARVEST GAVINA"
    


                           "HARVEST KROTOA"
    


     
    MALGAS MARINE WERK DAG EN NAG

Afgeneem hieronder op 11 Junie 2024 is "Renja" en die span van Malgas Marine werksaam tydens die nagtelike ure buitekant die Saldanhabaai Ertskaai, onderwyl nog 'n vrag suksesvol gelewer word aan 'n verbygaande ertsdraer.

                 

                "DUINEKUS"
GAAN SEE TOE

Afgeneem hieronder op 4 Junie 2024 loop "Duinekus" noordwaarts vanuit Sandy Point hawe om nog 'n skep vis te gaan soek, vanwaar goeie vangste die afgelope paar dae buitekant Bobbejaansberg gemaak is.

                 

                 


Afgeneem hieronder op 4 Junie 2024 loop "Duinekus" verby een van die ertsdraers wat op anker rus oorkant Dwarskersbos.

               

Afgeneem hieronder op 4 Junie 2024 in Duinekus se "wielhuis van kennis" saam met oom Michael Dipaola.

               

                       
DAAR'S DIE VIS!

Afgeneem hieronder so tussen die gooi-merkies en die klip-merkies wys oom Michael waar hy reken die aksie vanaand gaan plaasvind...

                


                  "DUINEKUS"
SE STACKER
                


      
    ALLE Oë OP DIE SONAR SKERMS
                    


          
MALGAS MARINE OP HUL POS

Afgeneem hieronder op 3 Junie 2024 is die kameralens vol water, maar nogtans skrik die gure weersomstandige nie vir "Renja" en die span van Malgas Marine af nie, onderwyl nog 'n vrag suksesvol afgelewer word by die Saldanhabaai Ertskaai.

   

                   
 DIS WINTER IN HUISBAAI

Afgeneem hieronder op 31 Mei 2024 is die uitsig vanaf Huisbaai met nog 'n swaar reënbui wat uitsak oor Yzerfontein op die horison.

    

                   "LEONORA"
OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 31 Mei 2024 op die
Gansbaai skeepshelling staan die tongvistreiler "Leonora", 'n besoeker vanuit Mosselbaai, vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

            

            

       
RITCO MARINE VERSKAF CATERPILLAR
                     ENJIN VIR "CHAR-NEIL"

Afgeneem hieronder op 28 Mei 2024 so op sonsak, by die Ritco Marine werkswinkel in Brackenfell, staan 'n Caterpillar 3412 enjin, bestem vir die "Char-Neil", gereed om afgelewer te word in Sandy Point hawe, dit nadat die skuit se oorspronklike Mitsubishi enjin uitgehaal en aan die nuut geboude "Annabelle Rose" gegee was.

     

Afgeneem hieronder is 'n gesig wat elke skuitbouer se hart so bietjie vinniger sal klop, met die "Char-Neil" se Caterpillar, propeller en shaft wat agter op die vragmotor se bak staan.

   

         
NUWE SEEANKER VIR "BERGGANS"

Afgeneem hieronder op 21 Mei 2024 op Gansbaai is Francois Fourie besig om stuk-vir-stuk vanuit eerste beginsels, vir "Berggans" 'n nuwe seeanker te sim.

            

             

             


            

            
Die "assistent-netmaker" (links bo in die foto) het
met voltooing van die seeanker, besluit dis nou tyd om te gaan rus, en op die plek sy kop op die teëls neer gegooi...poot-uit!

                     DIE "GANSE" VANG VIS!

Afgeneem hieronder op 19 Mei 2024 in die Gansbaai nuwehawe is die "ganse" gelaai met Rooi-oog wat sommer reg voor die baai gevang was. Van links na regs lê "Berggans", "Rietgans II", "Vleigans" en "Stormgans".

   

Afgeneem hieronder op 19 Mei 2024 spog "Stormgans" met 'n nuwe rekordvangs - 226 ton
Rooi-oog in die hold!

             


         DIE SALDANHABAAI TJOKKA-BLOK!


Nee kyk mense, as Trawler Heritage nie P.E. toe kan gaan nie, dan kom P.E. sommer self na Trawler Heritage toe! Afgeneem hieronder op 16 Mei 2024 by Yachtport in Saldanha het nie minder nie as ses tjokkaskuite afkomstig van P.E. hul kom tuismaak in Saldanhabaai, vanwaar hulle van Yachtport se geriewe gebruik maak vir algemene instandhouding en verfwerk.

                 

Dis nie aldag dat mens 'n tjokkaskuit in Saldanhabaai raak loop nie, en kyk net hoe staan hulle ingeryg! Van links na regs staan "Michelle", "Jenny" en "Shehasta". Heel regs staan 'n ding met "lang maste" wat noodgedwonge uitgekrap moes word..."maritieme pornografie" word nie op Trawler Heritage toegelaat nie!
   
   

Afgeneem hieronder op 16 Mei 2024 lê "Sparodon" langs die kaai, terwyl "Louise-Mari" (agtergrond) in die "slings" hang by die kraan.

   

Afgeneem hieronder op 18 Mei 2024 hang die mis dik oor Saldanhabaai en dis tyd om die tjokkaskuite van naderby te aanskou, en wat 'n Trawler Heritage fees was dit nie! Net die ander dag nog het Trawler Heritage daar by die "Dosidicus" geskryf oor die Oos-Kaapse booteienaars wat so gaande is oor hul wetenskaplike name waaronder "Sparodon" en "Megalodon...wel, hier is hulle nou in lewende lywe. Nou moes "Scomber", "Sparticus" en "Sagax" ook nog net hier kon gewees het... 

                                  "SPARODON"
    

   

                               "MEGALODON"
  

 

             

Afgeneem hieronder op 18 Mei 2024 en die tjokka-manne van P.E. het selfs vir Trawler Heritage een van hulle staalrompies aangestuur, genaamd "Shehasta". Trawler Heritage sê sommer by voorbaat baie dankie vir die present!

  

   

         "MICHELLE" (links); "JENNY" (regs)
   

                               
 "JENNY"  
   

                                   "MICHELLE"
   

                                "LOUISE-MARI"
   

En hiermee sê Trawler Heritage eers baie dankie vir al die tjokkaskuite wat kom kuier het. As julle volgende jaar weer Saldanha toe kom, gaan Trawler Heritage julle van vooraf beet kry! Bring sommer volgende keer nog 'n paar ander tjokkaskuite ook saam met julle hierheen.

Afgeneem hieronder op 19 Mei 2024 beset die P.E. tjokkaskuite ook Gansbaai se slip! Voor op die side-slip staan die "Sea Lion", een van "Borderer" se susterskuite, terwyl die "Sea Horse" aan die agterkant van haar staan. Nee maar dis mooi, kom kuier sommer weer vir ons!

    

Afgeneem hieronder op 20 Mei 2024 op Gansbaai in die sterkwater, word "Sea Horse" van die slip afgehaal.

           
 

                      DIE "LEPANTO" TRAGEDIE

Dis weer Vrydag-agtermiddag, en drie weke later maal die "Oceana Amethyst" insident nog steeds in my gedagtes. Dan kom die oproep - "Lepanto" is af, nege crewmanne is in die life raft gekry, die ander raft was leeg"...en 'n man se moed sak weg. Drie dae later, en weer lui die foon, "daar het nou-net 'n ski-boot agter by Brittaniabaai omgekeer, die N.S.R.I. is oppad om te gaan help". In beide gevalle is die vissermanne se lewensverlies 'n menslike tragedie. Die vrae, die hoekom's en waarom's, en hartseer is iets wat vir altyd deel van hul naasbestaandes sal wees. Soos in enige maritieme voorval, is dit nooit lank voordat die bespiegelinge en aantuigings die rondtes begin doen nie. Hoe iemand 'n stelling kon maak dat daar "iets fout" was met die skuit is moeilik om te glo. Trawler Heritage reken dat daar op 'n daaglikse basis, hordes skuite is wat uitgaan see toe met die een of ander fout aanboord, wat geensins 'n bedreiging vir die skuit se bemanning, nog die behoud van die skuit inhou nie - (selfs al is dit maar net 'n hidrouliese pyp wat aanhou lek, dan tel dit ook as iets wat "fout" is op 'n skuit). Vir bykans ses dekades het die "Lepanto" haarself as 'n uitsonderlike see-skuit bewys, vanwaar sy in die slegste seekondisies denkbaar op die planeet gewerk het, toe sy haar met haar diepsee sleeptreil-loopbaan begin het in die Noordsee en toe later die Skedelkus en Suid-Afrika. Insidente soos die van "Lepanto" het in die verlede al telkemale plaas gevind. Dit het nou weer gebeur, en dit sal in die toekoms weer gebeur. Ons laat dit oor aan SAMSA se ondersoekspan om te bepaal presies wat gebeur het op Vrydagmiddag 17 Mei 2024 reg wes buitekant Houtbaai toe 11 vissermanne hul lewens verloor het, en hopelik kan ander daaruit leer om soortgelyke insidente te vermy. Tot dan, duur die eeue-oue stryd tussen visserman, sy skuit, sy voortbestaan, en die wreedheid van die see voort...

                             
"LEPANTO"
                               (1961-2024)
      

    
  "ADELETTE" SE KOP WORD OOP GEKAP

Afgeneem hieronder op 10 Mei 2024 op die Saldanhaskeepshelling is die tunapaalskuit "Adelette" se boegplanke op stuurboord uit gebreek ten einde toegang te kon kry na talle rame wat nou die einde van hul leeftyd bereik het en gevolglik vervang moet word.

   

                                               "ADELETTE"
   


      
"ROMANO PAULO" WORD GESLOOP

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 in Saldanhabaai kom nog 'n era tot 'n einde met "Romano Paulo" se afgesnyde naamletters wat met 'n mobiele hyskraan van die skuit se romp verwyder word, vanwaar ons nou finaal die gewese Suidkus-kreefvanger groet.

   


   


Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 is die witvisfabriek van Sea Harvest in die agtergrond, die einste fabriek waar "Romano Paulo" terug in tyd ook stokvis afgelaai het, toe sy nog deel gevorm het van die Sea Harvest vloot wat werksaam was vanuit Saldanhabaai.

   

   


   


Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 lê "Romano Paulo" se skuitrommel op die kaai met "Harvest Bounty" wat in die agtergrond lê.

   

   


Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 is dit wat nog oor is van "Romano Paulo" se enjinkamer, met die skuit se 1000 perdekrag, 8-silinder Deutz masjien, wat vir die eerste keer in dekades weer direkte sonlig sien.

   

   


            
"SOUTH WEST SEA HAWK"
              
KRY NUWE HOUTBOEG

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 langs die Presidentskaai in Saldanha spog die tunapaalskuit "South West Sea Hawk" nou met 'n splinternuwe houtboeg, vanwaar die skuit oor die afgelope ses maande intensiewe instandhoudingswerk ondergaan het aan haar houtwerke, en sodoende verseker dat hierdie Nieswandt-bousel nog vir dekades see toe sal kan gaan.

  

       STOKVISTREILERS IN SALDANHABAAI

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 was vyf stokvistreilers teenwoordig in Saldanha, waarvan
vier treilers langs die Sea Harvest gelê het waaronder "Harvest "Bounty", "Harvest Saldanha", "Harvest Nandi" en "Harvest Krotoa".

                             "HARVEST KROTOA"
   

                         "HARVEST SALDANHA"
   

                               "HARVEST NANDI"
   

                             "HARVEST BOUNTY"
   

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 langs die Presidentskaai lê Dyer Eiland Visserye se stokvistreiler "Boetie Bert".

   

    DIE WRAKKE VAN SALDANHABAAI

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 langs die Dienskaai in Saldanhabaai lê "Benguela Pride" en "Petrie Hein" nou feitlik bo-op mekaar, nadat die winterstorms en die gepaardgaande strome die skuite al nader aan mekaar druk.

   

                                     "PETRIE HEIN"
   

      STOKVISLANGLYNSKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 langs die Presidentskaai van links na regs lê die stokvislanglynskuite "Kianga", "Karin 1" en "Pakamani".

   

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 lê nog 'n stokvislanglynskuit "Emerald" agter die "Pakamani".

   

      "EMERALD" KRUIP WEG AGTER DIE KAAI

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 langs die Presidentskaai lê die skuite maar taamlik laag langs die kaai tydens die gepaardgaande spring gety.

   

                          GOOD-LUCK "KARIN 1"!

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 loop die stokvislanglynskuit
"Karin 1" vanuit Saldanhabaai op 'n stokvis trip.

   

              KREEFSKUITE IN SALDANHABAAI

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 langs die Presidentskaai lê die kreefskuite genaamd "El Pescador", "Jenny-Anne", "Silver Leader" en "Tickey".

   

   
            SKUITE BY PREMIER FISHING

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 en die "yachties" belemmer maar taamlik die uitsig oor die baai in die rigting van Premier Fishing se kaai met "Lubbetje" (links); "Southern Horizon" (middel) en "Southern Belle" (regs).

   

Nee o'jislaaik, kyk net die stuk gemors wat hier voor in die water lê, vat weg asseblief! Doer agter teen die kaai lê die Suidkus-kreefvanger "Ebhayi" in afwagting vir 'n geskeduleerde besoek aan die Saldanhaskeepshelling.

   

                  "MARGARET D" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 9 Mei 2024 op die Saldanhaskeepshelling staan die diamantskuit "Margaret D".

   

          "VLEIGANS" HET KLAAR AFGELAAI

Afgeneem hieronder op 29 April 2024 is "Berggans" weer oppad terug nuwehawe toe, kort nadat die skuit klaar afgelaai het, terwyl daar in die agtergrond nog 'n R200-noot in die lug in op gaan by die reduksieaanleg van Gansbaai Marine.

         
 

                     "STORMGANS" KOM AFLAAI

Afgeneem hieronder op 29 April 2024 nader "Stormgans" die aflaaikaai van Gansbaai Marine, vir haar aflaai beurt.

  

  

             WATTER KANT TOE VANAAND?

Afgeneem hieronder op 28 April 2024 op Gansbaai, so net voor die skuite los gooi, tuur oom Pieter "Mannie" in 'n suid-westelike rigting. Nee, maar dis reg, laat ons dan vanaand daai koerse inslaan. Wie weet?


               

                    DIE "GANSE" OP DIE VIS

Afgeneem hieronder op 28 April 2024 buitekant Danger Point klim die "ganse" behoorlik in onder die Rooi-oë.

           

                         DIE "GANSE" IS GELAAI

Afgeneem hieronder in die vroeë oogendure van 29 April 2024 in die Gansbaai nuwehawe spog die "ganse" met hul vangste. Van buite na binne lê "Berggans", "Rietgans II", "Vleigans" en "Stormgans" in afwagting vir hul aflaaibeurte.

           

        "VLEIGANS"
(buite); "STORMGANS" (binne)
           

                "STORMGANS" KRY 'n NUWE OOG

Afgeneem hieronder op 26 April 2024 op die Gansbaaiskeepshelling is 'n nuwe video sounder oog in aanbou op Stormgans se romp.

              


Afgeneem hieronder teen die einde van die werksdag is die taak op hande afgehandel, en is "Stormgans" weer gereed om see toe te gaan.

              

      MAG HIERDIE OOG NOG BAIE VIS SIEN!
              
 

     
"OCEANA AMETHYST" SINK TER SEE

Hiermee moet Trawler Heritage aan die crew die hartseer nuus oordra dat een van Houtbaai se geliefde en bes versorgde skuite die "Oceana Amethyst", 'n stokvislanglynskuit gesink het op Vrydag agtermiddag 26 April 2024 sowat 14 seemyl reg wes van Llandudno nadat die skuit begin water in neem het. Die "Oceana Amethyst" is te hulp gesnel deur die "Penkop II" sowel as die N.S.R.I, waarna al die bemanningslede opgetel en by Redding 3
in die Waterfront geneem was. Die "Oceana Amethyst" was een van 'n handjie vol skuite wat nog behoue gebly het, wat terug in tyd deel gevorm het van die Da Gama Visbedryf op Houtbaai se pelagiese vloot.

       
                 "OCEANA AMETHYST "
                                  (1968-2024)

       

                     "BORDERER" VANG SARDYN

Afgeneem hieronder op 25 April 2024 kom "Borderer" om die Gansbaai-langmuur aan met visruime gevul met sardyne.

      

             "STORMGANS" OP DIE SLIP

Met slegte weer op hande is daar goed gedink om die "Stormgans" slip toe te neem op 25 April 2024 vir noodsaaklike instandhoudings werk aan die video sounder se oog wat afgek(n)ou was in die Gansbaai ouhawe.

               

Afgeneem hieronder op 25 April 2024 op die Gansbaai skeepshelling, het daar behalwe vir 'n "connector-draad" nie veel oorgebly van die video sounder se oog nie. Die verraadelike Gansbaai ouhawe het oor die dekades heen al vele skippers
se senuwees tot die uiterse beproef.


         

      DIE "GANSE" LOOP VALSBAAI TOE

Afgeneem hieronder op 22 April 2024 op Gansbaai staan crewman Youvie op "Stormgans" se kop - reg om los te gooi en ten volle geklee in die werksdrag van die hedendaagse pelagiese visserman.

           

Afgeneem hieronder op 22 April 2024 hou "Berggans" en die res van die "ganse" koers vir die Valsbaai-area, waar die Weskus vloot die vorige nag goeie Rooi-oog vangste gemaak het.

           

                          
"BERGGANS"
           

Afgeneem hieronder op 22 April 2024 brand "Berggans" se gooi-ligte helder in die stil water, net so buitekant die Valsbaai grenslyn.

           
Met die blote oog het die ligte van die Kaapse Skiereiland helder geskyn op die horison, maar ongelukkig is niks daarvan sigbaar
op die foto hierbo nie.

          
DIE "GANSE" KOM HUIS TOE

Afgeneem hieronder op 20 April 2024 arriveer die "ganse" in digte mis met visruime wat gevul is met ansjovis wat gevang was buitekant Dyer Eiland.
   

           

Afgeneem hieronder op 20 April 2024 word "Wafra" (voor) gevolg deur "Rietgans II".

           

Afgeneem hieronder op 20 April 2024 lê "Kolgans" aan die buitekant van die muur, met "Wafra", "Rietgans II" en "Wildegans II" aan die binnekant.

           

Afgeneem hieronder op 20 April 2024 begin die "ganse" nou plekke te ruil ten einde die aflaai volgorde van elke skuit te vergemaklik - net om die alewige oorklimmery en losgooiery en weer vasmaak en weer wegskop en weer losgooi uit die weg te ruim. Sodoende kan 'n man darem so bietjie verlore slaap ook inhaal...

               

               

                          
"RIETGANS II"
               

                              
"WAFRA"
        


        

        

                              
"VLEIGANS"
        

                     
"WILDEGANS II"
             

En nou dat almal 'n lê-plekkie gekry het en tot ruste gekom het, beloer ons die vrag ansjovis in "Stormgans" se ruime tot tyd en wyl dit haar beurt is om te gaan aflaai.


        

       DIE "GANSE" LOOP HANGKLIP TOE

Afgeneem hieronder op 18 April 2024 hou "Stormgans" en die res van die "ganse" koers vir Hangklip, vol moed dat die vloot vanaand die vis gaan raak loop.

           

           

     DIE BERGRIVIER SE BEK IS TOE IN DIE MIS

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 by die bek van die Bergrivier is die wêreld toe van die mis - die eerste tekens van die seisoene wat weer besig is om te draai.

    

   
AMAWANDLE PELAGIC SE KAAIE STAAN OOP

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 is die leë kaaie by Amawandle Pelagic op Laaiplek vanwaar die hele vloot op daardie stadium werksaam was in 'n wye gebied - vanaf Elandsbaai tot buitekant Saldanhabaai, hier 'n bietjie, en daar 'n bietjie, en net nooit rêrig was daar 'n area wat op die dag uitgestaan het, wat londende vangste op gelewer het nie.

       

   
         "BOETIE AKIE" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 staan "Boetie Akie" op die slip by Keyway Shipwright vir nood instandhoudingswerk - dit nadat die "Restless Wave" haar moes huis toe gesleep het 'n paar dae van tevore. Op daardie stadium was die skuit se "shaft" getrek gewees - dis allermins nie wat 'n man op hierdie stadium van die seisoen nodig het nie!

    

Afgeneem hieronder en dit wil voorkom asof "Boetie Akie" haar stuurboord naambord af gegooi het, wat altyd teen die handreëlings gemonteer was.

    

     
"OCEANA RUBY" WAG VIR DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 lê "Oceana Ruby" langs die kaai by Keyway Shipwright in afwagting vir broodnodige instandhoudingswerk, dit nadat die skuit sedert die voltooiing van die 2019 pelagiese seisoen nog nooit weer op die see was nie.

    

  
"FEARLESS" IN AFWAGTING VIR DIE TUNA'S

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 lê die tunapaalskuit "Fearless" in die Bergrivier in afwagting dat die nuus moet breek van goeie tuna vangste in die suide. So nie, gaan sy maar moet wag vir die aanbreek van die 2024 snoekseisoen.

    

Afgeneem op 15 April 2024 op die perseel van die S.A. Visserye Museum op Laaiplek staan die laaste oorlewende "drie-venster" wielhuis van die "Karasberg", met nuut oorgedoende areakode en roepletter vinielplakkers. Net omdat sy nie meer see toe gaan nie, beteken hoegenaamd nie dat daar nie mooi na hierdie stukkie erfenis gekyk gaan word nie.

    

    
 PELAGIESE SKUITE IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 op Laaiplek is 'n seleksie van pelagiese skuite in die Bergrivier waarvan slegs van hulle tans aktief deelneem aan die 2024 pelagiese seisoen.

                                    "EIGEVELD"

    

                                   
"DOLOREZE"
    
    
 Nog nie gedurende die 2024 seisoen op
                      die see gewees nie...


                                   
     "ORION"
    
   
     Nog nie sedert die 2019 seisoen op
                 die see gewees nie...


    

                                "LOERIESFONTEIN"
    

                                     "STORMKOP"
    
   
    Nog nie sedert die 2022 seisoen op
                 die see gewees nie...

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 is die haaglike kondisie van die Regeringskaai op Laaiplek - 'n totale gebrek aan waardes en dissipline vanaf die Suid-Afrikaanse regering se kant af, ten einde 'n beter lewe te bied aan alle Suid-Afrikaners soos hulle tans (en voorheen al) belowe op elke lamppaal in die dorp...

    

    

  "EXCALIBUR"
DRAAI OM NA "STARBOARD"

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 op Laaiplek is die "Excalibur" nou omgedraai vanaf bakboord na haar stuurboordsy wat teen die kaai druk. Die skuit is spesiaal ingerig is om te dien as 'n woning vir hawelose mense van Laaiplek.

    

    "DEBNAL"
GOOI 'N RUBBING BAND AF

Nee gits mense, dit lyk darem "crap" om die minste te sê! Daai rubbing band wat nou verwyder is maak dat die "Debnal" nog net meer van haar karakter verloor het. Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe toon die rooi sirkel die area aan waar die rubbing band verwyder is.

    

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder, is die hoe "Debnal" daarna uitgesien het voordat die rubbing band verwyder was.

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe is die stokvislanglynskuit "Highland Queen" besig met laaste voorbereidingswerk vir 'n opkomende stokvis trip.

    

    "ARIZON II"
SINK IN SANDY POINT HAWE

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe lê die gesinkte romp van die voormalige sardynskuit "Arizon II" nog onaangeraak nadat die skuit op 9 April langs die kaai gesink het.

    
Op sosiale media was dit wyd en syd verkondig dat die skuit gesink het weens ongure weersomstandighede gedurende die voorafgaande dag of twee...snert man, waar krap julle dit uit?! Die skuit het bloot gesink weens 'n gebrek aan instandhouding, waarvan die skuit se geleidelike agteruitgang keer op keer op Trawler Heritage vertoon was oor die afgelope sewe jaar sedertdien die skuit laas op die see was.

      
  SANDY POINT PELAGIESE AKSIE

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe is al die aksie van die pelagiese vloot, terwyl sommiges nog gereed maak om weer see toe te gaan om ansjovis en sardyn te gaan vang, lê
ander en wag vir 'n aflaaibeurt.

Afgeneem hieronder lê "Elomi" onder die aflaaipomp by Suid-Oranje.

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 nader "Mizpah" die aflaaikaai van Suid-Oranje.

    

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 van links na regs by Suid-Oranje lê "Sechaba", "Duinekus" en "Elomi".

    

                                        
"DUINEKUS"
    

                                         
"SECHABA"
    

                                 
"SILVER BOUNTY"
    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 kom "Vegkop" Sandy Point hawe binne.

    

                                           
"ELOMI"
    

                  
DIE SKUITE GOOI LOS!

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 volg 'n seleksie van die pelagiese vloot wat weer oppad see toe gaan, vanwaar sommige skippers noordwaarts geloop het, het ander skippers weer suid-waarts geloop in die hoop om net iets te kan vang.

                                   
"SECHABA"
    

    

                                   
"ADENIA"
    
                       

                                "ANTONIE W II"
    

       "ADENIA"
(links); "ANTONIE W II" (regs)
    

                             
"SILVER KATONKEL"
    

    

                                       
"VEGKOP"
    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 loop "Oceana Paragon" vanuit Stompneusbaai, reguit in die noorde in.

    

    

            
"ELOMI" HET KLAAR AFGELAAI
            

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 is dit nou "Mizpah" se beurt om te gaan aflaai by Suid-Oranje.

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 buitekant
Shelly Point draai "Dagbreek" rond.

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 loop "Vegkop" in die kanaal oppad na die kaai van St.Helena Bay Fishing.

    

   
SUID-ORANJE START DIE BOILERS OP!

    

   
"ATLANTIC ENTERPRISE" SPOEL
                      DIE VISPOMP UIT


Afgeneem hieronder op 15 April 2024 is "Atlantic Enterprise" se crew besig om die skuit se vispomp uit te spoel, voordat die skuit weer sou gaan lê het in die Bergrivier.

    

           
"SILVER BOUNTY" MAAK HAAR
                          UIT DIE VOETE...

    

    

                                        
"MIZPAH"
    

    

    
"SILVER BOUNTY" OPPAD NA "VREEMDE"
                         TERRITORY...


Afgeneem hieronder op 15 April 2024 is die ongewone gesig om die West Point skuit "Silver Bounty" te sien vasmaak langs Suid-Oranje se kaai.

    

    

                                    
"DUINEKUS"
    

    

                                           
"ELOMI"
    

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 loop "Oceana Concorde" vanuit Stompneusbaai oppad terug na die Regeringskaai in Sandy Point hawe.

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 loop "Vegkop" vanuit die kanaal in Stompneusbaai om haar te gaan aansluit by die vloot wat op daardie stadium werksaam was in die suide.

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 loop "Oceana Concorde" (links) terwyl "Towerkop" (in die agtergrond) by Cape St.Martin moes omdraai huis toe weens meganiese probleme.

    

                          
"OCEANA CONCORDE"
    

    

                            
"GREGORY JUSTIN"
    

    

                                  
"TOWERKOP"
    

  
"OCEANA CONCORDE" GOOI 'n ROOKSEIN...
                  BAIE VIS BY VONDELING!

    

                         
"OCEANA CONCORDE"
    

    

    

      
 BARLOWS CAT SE VêN STAAN
                        OP DIE KAAI...

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 op die Regeringskaai in Sandy Point hawe verleen Barlows CAT bystand aan "Towerkop" se pyne...

    

    
           TALLIE MARINE LAAT NUWE
                 PURSE SEINER TE WATER


Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe is die nuutste toevoeging tot die Suid-Afrikaanse pelagiese vloot, die 83-voeter genaamd "Snow Goose" wat by die Tallie Marine skeepswerf ter water gelaat is.

    

    

Nog 'n "Snow Goose"? En dis hier waar Trawler Heritage nou so bietjie senuweeagtig begin raak want sien Trawler Heritage ken nou te veel skuite genaamd "Snow Goose". Eerstens is daar die "South West Snow Goose", 'n kreefskuit van Luderitz. Dan is daar nog 'n "Snow Goose", 'n tjokka skuit van St.Francisbaai, en dan is daar nog 'n "Snow Goose", 'n lynvis skuit van Struisbaai. Wanneer dit kom by die toekenning/goedkeuring van nuwe skuitname, blyk dit dat die Suid-Afrikaanse skeepsvaartowerhede tans meer onkonsekwent is, as 'n Franse skeidsregter tydens 'n Springbok rugby toets. So kom ek vat julle terug, nie solank gelede nie, die jaar 2019 om presies te wees, toe die eertydse "Oceana Garnet" herdoop is tot "Groeneveld". Die skuit se nuwe naam het alreeds op die agterstewes gepryk, selfs die skuit se crew kon jy oralste in die dorp op 'n afstand uitken met hul groen t-hemde waarop daar in groot letters geborduur was - "Groeneveld". Tydens die Makietiefees op Laaiplek daardie jaar, het die einste crew (met hul t-hemde aan) skoonskip gemaak in al wat 'n net-trek en timble uithaak kompetisie was. Slegs 14 dae later, om 'n mooi storie in 'n hartseer storie te omskep, keur die Suid-Afrikaanse skeepsvaartowerhede die nuut verkose naam "Groeneveld" af, en moet daar van vooraf besluit word op 'n nuwe naam vir die skuit...omrede: Die vorige eienaar van die "Groenveld II" (let op die spelling) het nooit die naam "Groenveld II" van die Suid-Afrikaanse skeepsregister laat skrap toe die skuit gesink en daarna gesloop is nie. So, praat mens dus nou van 'n boks, of van 'n doos? Dis tog presies dieselfde ding, mens spel dit net anderste! En tog blyk dit dat daar wel 'n doos in hierdie verhaal is, want daar is immers 'n groot verskil in die spelling van "Groenveld II" en "Groeneveld"... en tussen "Snow Goose" en "Snow Goose" en "Snow Goose"? Net mooi bokkerol! 

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 volg 'n seleksie van die "Snow Goose" se uitleg vir die al die purse seiner aanhangers daarbuite.

    

    

    

    

    

    

    

     
         TALLIE MARINE LAAT NUWE
         TJOKKA CATAMARAN TE WATER

             
GOOD-LUCK "DOSIDICUS"!

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe is die nuutste toevoeging tot die Suid-Afrikaanse tjokka vloot, die 76-voet catamaran genaamd "Dosidicus" wat by die Tallie Marine skeepswerf ter water gelaat is. Uit die volk se mond klink die skuit se naam dalk vreemd op die oor, tog wil dit voorkom asof die Oos-Kaapse booteienaars daarvan hou om vreemde wetenskaplike name vir hul skuite te kies waaronder "Loligo", "Megalodon" en "Scomber". Heel gepas is die naam dosidicus afkomstig van die reuse-tjokka wat aangetref word in Suid-Amerika in die waters rondom Chile en Peru.

    

    

    

    
          
      
"UKULOBA" WORD HERBOU

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 op die Sandy Point skeepshelling is die "weggooi-kind" van die Suid-Afrikaanse pelagiese bedryf, die "Ukuloba" wat tans omring word deur scaffolding en plastiekseil afskortings, vanwaar Sachal tans besig is met restorasiewerk aan die skuit se romp. Benewens nuwe eienaars, sal die skuit wanneer sy terug gaan water toe, bekend staan as die "Char-Neil".

    

     "KAVALIER"
SE NET GUARD WORD GELIG


Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe is daar besig om "Kavalier" se net guard te lig - ietwat 'n vreemde tyd van die seisoen om so 'n operasie aan te pak, maar nou ja, daai ekstra paar fame kan somtyds 'n groot verskil maak.

    

            
"ATLANTIC ENTERPRISE" GOOI
                       'n NAAMBORD AF


Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe toon die rooi sirkel aan dat "Cape Town" tans geskilder is op die skuit se agterstewe, vanwaar die skuit gedurende die 2023 seisoen 'n houtnaambord vertoon het.

    

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder, is die hoe "Atlantic Enterprise" se "Cape Town" houtnaambord daarna uitgesien het gedurende die 2023 seisoen.

      

      
NUWE STENCIL ROEPLETTERS VIR 
              "ATLANTIC ENTERPRISE"

                   
Afgeneem hieronder op 15 April 2024 in Sandy Point hawe is nuwe stencil roepletters te siene op die "Atlantic Enterprise".

    

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder, is die hoe "Atlantic Enterprise" se roepletters voorheen daarna uitgesien het wat "vryhand" geskilder was.

    

Afgeneem hieronder op 15 April 2024 vertrek "Atlantic Enterprise" vanuit Sandy Point hawe om te gaan rus in die Bergrivier.

    

    

     "TOWERKOP"
OP SARDYN VANAAND
                   
Afgeneem hieronder op 15 April 2024 loop "Towerkop" vanuit Sandy Point hawe om sardyn te gaan vang by Gansbaai.

    

          "ATLANTIC ENTERPRISE"
(links);
                     "TOWERKOP"
(regs)
    

    
En terwyl ander die see aandurf na wie weet waar om iets te gaan soek om te vang, verkies ander dit maar om eerder op anker te gaan lê, terwyl daar tien hoenderbraaipakke in die skuit se galley-oond staan en prut. Nie dat daar hoegenaamd iets produktief verrig word nie, log hulle maar net nog 'n paar seedae in hul seemansboekies. Daar waar die gruwel van die verwoesting op 'n daaglikse grondslag voortwoed langs ons kuslyn, daar sal mens hulle allermins nooit gewaar nie. Dalk, moontlik, miskien net te bang vir konflik? Sal nie kan sê nie...maar hier in my binneste... weet ek!
          

            "ROMANO PAULO"
TREE UIT


Afgeneem hieronder op 11 April 2024 by aankoms in Saldanhabaai op haar heel laaste vaart, word die "Romano Paulo" vasgemaak langs die Presidentskaai, vanwaar die aftakelingswerk nou in alle erns sal begin. Ons groet jou "Romano Paulo"!

    

    


    

        SEA HARVEST TREILERS BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 11 April 2024 langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai was slegs twee stokvistreilers tuis naamlik "Harvest Nandi" en "Harvest Krotoa".


                             
   "HARVEST NANDI"
      


                   
"HARVEST KROTOA"
           

  
"PAKAMANI" EN "SOUTH WEST SEAHAWK"  
         BESOEK SALDANHASKEEPSHELLING


Afgeneem hieronder op 11 April 2024 was die twee skuite te siene gewees op die Saldanhaskeepshelling, naamlik "Pakamani" en "South West Seahawk".

                      
"SOUTH WEST SEAHAWK"

      

                                 
 "PAKAMANI"
      

 
"ROMANO PAULO" OPPAD NA DIE SLAGPALE

Afgeneem hieronder op 10 April 2024 in die Duncan dok word die laaste voorbereidings getref voordat die Suidkus-kreefvanger "Romano Paulo" sou vertrek na Saldanhabaai op haar heel laaste vaart, vanwaar die skuit dan gesloop sal word.

    

           "STORMGANS" SE DREINERING
                  WORD VERBETER

Afgeneem hieronder op 8 & 9 April 2024 in Gansbaai word die dreineringsiwwe al rondom die ontwateringskerm van die "Stormgans" aangepas ten einde dreinering te verbeter. Aangetoon hieronder met die rooi sirkel is die oorspronklike dreineringsiwwe wat van glasvesel vervaardig is, wat eenvoudig net nie die toets van tyd kon deurstaan het nie - dis tyd vir vernuwing!

   
            

Afgeneem hieronder is daar besig met die verwydering van die glasvesel-dreineringsiwwe.

            

Afgeneem hieronder is die nuwe vlekvryestaal geperforeerde plate geinstalleer - kom ons kyk of die sardyne se skubbe hierdie nuwe dreineringsplate kan verstop!

            

Afgeneem hieronder 9 April 2024 op Gansbaai lê die mis dik oor die see - dis tyd om los te gooi en die nuwe dreineringsplate op die proef te gaan stel.

            

  "SOUTH WEST CONDOR" OPPAD IN BAAI TOE

Afgeneem hieronder op 8 April 2024 is die stokvislanglynskuit "South West Condor" oppad terug vanaf die stokvisgronde na die Gansbaai nuwehawe.


               

       

                  DIE "CHEAF" SE BONKS!   

Bly weg uit die "cheaf" se bonks! Afgeneem op 3 April 2024 aanboord van die "Boloko I", het iemand darem sover gegaan om vir die skuitverwers hul spelfout uit te wys...

            


   BLOUWATERBAAI EIS NOG 'n SLAGOFFER


Afgeneem hieronder op 8 April 2024 in Blouwaterbaai lê hierdie plesierskuitjie hoog en droog op die wal uit gespoel, nadat die skuitjie gedurende die vorige dag los gebreek het van haar mooring blok in Hoedjiesbaai tydens die sterk suid-ooste weer.


        

   VRAGSKIP GEPAK MET SWAAR VOERTUIE


Afgeneem hieronder op 1 April 2024 langs die Ysterertskaai in Saldanha staan hierdie vragskip gepak met allerlei swaar voertuie, waarvan die oorgrote meerderheid nog splinternuut blyk te wees...

    

       
Iewerste in die wêreld is daar nou 'n ongelukkige eienaar wat skynbaar nie kan verstaan waar die roesmerkies op sy voertuig vandaan kom nie...

      
DIAMANTVLOOT IN LAMBERTSBAAI

Afgeneem hieronder op 1 April 2024 was ses diamantskuite teenwoordig in Lambertsbaai naamlik "Santa Isabel", "Tuppence", "Mkuzwe", "Bertie B", "Carin W" en "Marquerite".

   

                                  
"TUPPENCE"
   

Afgeneem hieronder op 1 April 2024 in Lambertsbaai is die diamantskuit "Bertie B" afkomstig van Port Nolloth.

   

                                  
"MARQUERITE"
   

                                       
"CARIN W"
   

"JAMES ARCHER" STAAN VERGETE OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 1 April 2024 op Lambertsbaai is dit al wat nog staande is van die voormalige kreefskuit "James Archer", vanwaar sy vergete staan op die skeepshelling.       

   

Afgeneem hieronder op 1 April 2024 op Lambertsbaai van voor na agter lê "Maria J", "Askala", "Penny" en "Conrad".

   

                       SKUITE OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 30 Maart 2024 op die Gansbaaiskeepshelling staan  "Monnickendam"
(links) en "Vuna Christelle" (regs).


      

           
"BOETIE BERT"  STOP 'n FORD

Nou ja mense, dit is duidelik dat motorbestuurders se oog, hand en voet-koordinasie by tye uit die voertuie se vensters waai wanneer hulle 'n draai kom maak in Saldanhabaai hawe. Afgeneem hieronder op 29 Maart 2024 op die Presidentskaai, het hierdie Ford hom so byna-byna misgis en half-lyf oor die kaai tot stilstand gekom...was dit nie vir "Boetie Bert" se shelterdek wat help keer het nie, dan was dit water toe gewees met hom!

          

Ford is al van die vroegste tye daarvoor bekend dat hulle half-lyf oor Saldanhabaai se kaaie hang, soos hierdie ene destyds by Jaffe se jetty in Hoedjiesbaai.


     


        DIAMANTSKUITE IN LAMBERTSBAAI


Afgeneem hieronder op 28 Maart 2024 was ses diamantskuite teenwoordig in Lambertsbaai naamlik "Santa Isabel", "Tuppence", "Mkuzwe", "Bertie B", "Carin W" en "Marquerite".

    
      

                             
"SANTA ISABEL"
      

                                
"TUPPENCE"
      

                                   
"CARIN W"
      

                                   
"MARQUERITE"
      

                                     
"MKUZWE"
      

          KREEFSKUITE IN LAMBERTSBAAI


Afgeneem hieronder op 28 Maart 2024 is 'n seleksie van kreefskuite teenwoordig in Lambertsbaai waaronder "Boland", "Penny", "Hiram", "Askala", "Conrad" en "Eland II".


      

Afgeneem hieronder op 28 Maart 2024 is daar selfs aksie te siene by die plaaslike aartappelfabriek met oortollige stoom wat by die fabriek stoompype uitborrel.

      

                                          
 "BOLAND"
        

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Conrad", "Eland II" en "Hiram".

      

      

      

           NUWE KLEURSKEMA VIR "PENNY"


Afgeneem hieronder op 28 Maart 2024 in Lambertsbaai vertoon die kreefskuit "Penny" se bulwarks nou 'n groen kleurskema, vanwaar die skuit voorheen 'n wit kleurskema vertoon het.

                        "NUWE" KLEURSKEMA
            

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief hieronder, is hoe "Penny" voorheen daarna uitgesien het met wit geverfde bulwarks.


                 
            "OU" KLEURSKEMA
         

       "DAGBREEK" SE SPOEL WORD AFGEHAAL


Afgeneem hieronder op 28 Maart 2024 in Laaiplek is die hulp van 'n mobiele hyskraan ontbied om die stacker se spoel aanboord van "Dagbreek" te help verwyder. 


     

     

    
  PELAGIESE VLOOT IN DIE BERGRIVIER

Afgeneem hieronder op 28 Maart 2024 rus talle pelagiese skuite in die Bergrivier waaronder "Terrasan 1", "Bella Prima", "Atlantic Leader", "Eigeveld", "Noordeveld", "Stormkop", "Orion", "Samrock" en "Doloreze" om net 'n paar name te noem.


          
"STORMKOP" (voor); "DOLREZE" (agter)
     

     "TERRASAN 1" (voor); "RESTLESS WAVE" (agter)
      

                                           "ORION"
      

                                         "EIGEVELD"
      

            
"NOORDEVELD" (voor); "MIZPAH" (agter)
      

   
"ATLANTIC LEADER" (voor); "NOSSOB" (agter)
      

                                     "BELLA PRIMA"
      

Afgeneem hieronder op 28 Maart 2024 staan "Boetie Akie" op die slip by Key Way Shipwright met die skuit s shaft wat uitgetrek is.

      

             IS VANAAND 'n SEE-AAND?

Afgeneem hieronder op 25 Maart 2024 op Gansbaai begin die moontlikheid al skraler te word dat die "ganse" vanaand see toe sal kan gaan, namate 'n noord-weste bries agter op die see in aantog is.

     

     
    
       Nee-wat, ons bly maar almal
                  vanaand by die huis...

Afgeneem hieronder op 25 Maart 2024 op die Gansbaaiskeepshelling staan "Vuna Christelle" (voor) met "Monnickendam" langs haar op die side-slip.

     

    
 "VEGKOP" WAG VIR DIE RIVIER
                   OM VOL TE RAAK


Afgeneem hieronder op 24 Maart 2024 buitekant die Bergriviermonding lê en wag "Vegkop" geduldig vir die inkomende gety, alvorens die skuit nog 'n vrag Rooi-oog sou kon lewer aan die fabriek van Amawandle Pelagic.

    

    

           DIE TRAWLKAMPIOENE LAND
           DUISENDE TONNE ROOI-Oë


Afgeneem hieronder op 23 Maart 2024 by Sandy Point hawe keer talle skuite huis toe met vragte Rooi-oog wat bestem is vir die fabrieke van Suid-Oranje, West Point en St.Helena Bay Fishing. Alle fotos met vergunning van Gert van Eeden.

Afgeneem hieronder arriveer "Dagbreek"" en "Lisa Ann" in Sandy Point hawe met Rooi-oog in die ruime bestem vir Suid-Oranje.

                             "DAGBREEK"
    

                               "LISA ANN"
    

Afgeneem hieronder op 23 Maart 2024 is die "Oceana Neptune" oppad na die kaai by Sandy Point Canning, kort nadat die skuit klaar afgelaai het.

    

Afgeneem hieronder op 23 Maart 2024 kom "Oceana Concorde" aan in Sandy Point hawe met 'n vrag Rooi-Oog bestem vir St.Helena Bay Fishing.

    

Met feitlik al die lêplek wat alreeds beset is in die hawe, word daar eers rond gedraai, voordat die skuit koers hou vir die Regeringskaai.

           

Afgeneem hieronder op 23 Maart 2024 "Gregory Justin" en "Viva" aan in Sandy Point hawe met Rooi-oog bestem vir Suid-Oranje. Op die dag was beide skuite se ruime ongelukkig nie gevul nie, maar elke bietjie help.

                           "GREGORY JUSTIN"
    

                                        "VIVA"
    

Afgeneem hieronder op 23 Maart 2024 buitekant Sandy Point hawe is "Adenia" vol spoed oppad na Suid-Oranje.

    

    

Afgeneem hieronder nader "Adenia" die kaai by Suid-Oranje, terwyl "Duinekus" (heel regs) onder die aflaaipomp lê met "Dagbreek" agter haar. Aan die suidekant van die kaai is "Sechaba" vas gemaak aan die buitekant van "Ruwekus" wat teen die kaai lê.

    

    

Afgeneem hieronder op 23 Maart 2024 kom "Mizpah" aan in Sandy Point hawe met 'n vrag Rooi-Oog bestem vir Suid-Oranje.

    

Afgeneem hieronder op 23 Maart 2024 van links na regs lê "Mizpah", "Adenia" en "Lisa Ann" en wag vir hul onderskeie aflaaibeurte by Suid-Oranje.

    

     'n BESOEKER VANUIT MOSSELBAAI

Afgeneem hieronder op 22 Maart 2024 het die Gansbaaiskeepshelling nog 'n besoeker bygekry - hierdie keer vanuit Mosselbaai, vanwaar die tongvistreiler "Vuna Christelle" in afwagting is vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.


    

Afgeneem hieronder op 22 Maart 2024 in die Gansbaai ouhawe lê die sardynskuit "Zay-Yaan" afkomstig van Kalkbaai, wat op die oomblik sardyn vang in Walkerbaai, en aflaai in Gansbaai.

    

Afgeneem hieronder op 22 Maart 2024 is die "Atlantic Blessing" oppad terug na Gansbaai met 'n vrag kreef wat by Hangklip gevang was.

    

    

         DIE "GANSE" GAAN VIS SOEK

Afgeneem hieronder op 21 Maart 2024 is die "ganse" weer terug op die see om te gaan vis soek, met "Vleigans" wat aan die binnekant wat ook help soek.

               

                                  "VLEIGANS"
                   

        'n BESOEKER VANUIT HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 17 Maart 2024 het die Gansbaaiskeepshelling 'n besoeker gekry vanuit Houtbaai - die stokvislanglynskuit "Monnickendam", vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verf.

               

     SKUITE LANGS SALDANHA SLIPKAAI

Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 lê talle akwakultuurskuite aan die noordekant van die Saldanha slipkaai waaronder "Albatros", "Southern Cross", "Mookoli" en "Aquatic V".


   

     

       
"AQUATIC V" (links); "MOOKOLI" (regs)
     

          "AQUATIC V" KRY 'n SNORBAARD


Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 het die "Aquatic V" nie net onlangs 'n skoon laag verf gekry nie, maar ook 'n snorbaard soos aangetoon met die rooi sirkel.

               

Geneem vanuit die Trawler Heritage argief is hoe die "Aquatic V" voorheen gelyk het sonder die snorbaard.


          

Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 in Saldanhabaai hawe is hoe sake tans daarna uitsien op die voorstoep van die eens gewilde Slipway Restaurant wat sy deure vier jaar gelede gesluit het.

     

     "TICKEY" SE WIELHUIS KRY AANDAG


Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 in Saldanha word aandag gegee aan die houtwerke van "Tickey" se wielhuis.


    

Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 lê "Tickey" (voor) met "Silver Leader" aan haar buitekant.

    

Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 langs die Presidentskaai lê die kreefskuit "El Pescador".

    

    "LOERIESFONTEIN" TERUG IN DIE WATER


Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 langs die Presidentskaai is die "Loeriesfontein" weer terug in die water na 'n onlangse besoek aan die Saldanhaskeepshelling vir 'n skoon laag verf.


    

    
SEA HARVEST TREILERS BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai was slegs twee stokvistreilers tuis naamlik "Harvest Gavina" en "Harvest Nandi".


                             
 "HARVEST GAVINA"
    

                              
 "HARVEST NANDI"
    

   
    SALDANHA SE SLIP STAAN GEPAK

Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 was drie
skuite teenwoordig op die Saldanhabaai
skeepshelling waaronder "Paraclete", "Oceanic Hunter" en "Emerald".

    

    

Afgeneem hieronder op 16 Maart 2024 is die sloping van die voormalige Onderbaadjie-middelwatertreiler nou in volle swang, met al die topstrukture wat alreeds verwyder was op daardie stadium.

    

    
                   

                          
"OCEANIC HUNTER"

    
  
                                      
"EMERALD"
    

    

         NETWERK OP DIE REGERINGSKAAI

Afgeneem hieronder op 15 Maart 2024 langs die Sandy Point regeringskaai lê die kleinmasnette oop getrek vir nodige herstelwerk namate sterk stroom en swaar vragte Rooi-oog die nette verniel het. Van links na regs langs die kaai lê "Atlantic Rose", "Boetie Akie" en "Atlantic Endeavour" met "Star Crest" en "Oceana Concorde" aan hul buitekante. Heel links kom "Silver Challenger" die hawe binnegevaar met nog 'n vrag Rooi-oog.

    

        DIE "GANSE" WAG VIR AFLAAIBEURTE

Afgeneem hieronder op 14 Maart 2024 in die Gansbaai nuwehawe lê die "ganse" gelaai met Rooi-oog. Van voor na agter lê "Vleigans", "Wildegans II", "Stormgans" en "Berggans", terwyl hulle wag vir aflaaibeurte.

          

      
"WILDEGANS II" (links); "VLEIGANS" (regs)
            

          

Afgeneem hieronder op 14 Maart 2024 in Gansbaai
lê die kreefskuit "Makarios" (voor) en "Baby Ronald" heel regs op hulle moorings.


            

           
 "KOLGANS" MAAK DIE HOLD VOL

Afgeneem hieronder met dagbreek op 13 Maart 2024 sowat 10 myl wes van Gansbaai is "Kolgans" besig om nog 'n skep Rooi-oog in die holds te pomp.

              

           SACHAL BOUSELS OP SEA-TRIALS

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2024 in Saldanhabaai is die twee jongste Sachal bousels naamlik "Gaba-Iphiwe" (links) en "Lady Liya" (regs) besig met sea-trials.

     

         "BERGGANS"  OPPAD NA AFLAAIKAAI

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2023 loop "Berggans" vanuit die Gansbaai nuwehawe oppad na die aflaaikaai van Gansbaai Marine met 'n vrag Rooi-oog.


            

            

        "RIETGANS II"  OPPAD NA AFLAAIKAAI

Afgeneem hieronder op 13 Maart 2023 gooi "Rietgans II" los om haar vrag Rooi-oog te gaan
aflaai by Gansbaai Marine.


                 

                  "GRANT" SINK IN HOUTBAAI

Trawler Heritage begin al op sy senuwees te raak van al die voorspellings wat van tyd tot tyd gemaak word, en dan boonop nog vervul ook word. Slegs drie weke gelede het Trawler Heritage bloot net rondom die "Grant" gestap en na afleiding van 'n paar problematiese spykergate, nate en planke die voorspelling gemaak dat die skuit op die punt staan om te sink...dis seker maar wanneer 'n houtskuit in jou bloed is, maar so het dit dan ook nou gebeur. Afgeneem hieronder op 13 Maart 2024 lê Houtbaai se jongste slagoffer gesink langs die Slipkaai - en hier gaan "Grant" bly lê. Wat eintlik nog meer problematies is in die agtergrond, is dat "Marcon" nou los gebreek het, en met haar gat teen die kaai lê, terwyl die skuit se kop in die rigting van die breekwater wys. Hou maar die spasie dop, hier kom nog 'n groter gemors van 'n gemors...

     
Die "Grant" was die laaste oorblywende skuit wat destyds nog verbonde was aan die Hicksons Canning kreeffabriek op Port Nolloth. Na die sluiting van hierdie fabriek is "Grant" oorgeplaas na Lamberts Bay Canning, maar as 'n Lambertsbaai skuit is nie hoe ons haar sal onthou nie, eerder as 'n Port Nolloth skuit...

           DIE "GANSE" IS OPPAD SEE TOE!

Afgeneem hieronder op 11 Maart 2024 is die "ganse" oppad see toe om vis te gaan soek suid van Danger Point. Stiller water as hierdie kry mens nie sommer langs hierdie deel van ons kuslyn nie.

           

Afgeneem hieronder is die Gansbaai langmuur (heel links), gevolg deur die Gansbaai Marine visstore en die perlemoenplaas (heel regs).

           

Afgeneem hieronder loop die skuit verby Romansbaai.

           

Afgeneem hieronder loop die "ganse" in 'n ry, met Danger Point se punt wat uitsteek heel links in die foto.

           

    SKUITE VAN DIE DIAMANTKUS OP ANKER

Afgeneem hieronder op 7 Maart 2024 in Port Nolloth rus talle diamantskuite op anker waaronder  "Jakkie V", "Thundercat", "Leah", "Seedelwer V", "Azania", en "Northern Star" om net 'n paar name te noem.

    


                                          "JAKKIE V"

    

                                    
"THUNDERCAT"
    

Afgeneem hieronder op 7 Maart 2024 staan die verlate kreeffabrieke van Hicksons Canning en John Ovenstone in die agtergrond.

    

Afgeneem hieronder staan die ou opgaar dieseltenke van John Ovenstone, terwyl die jetty van Hicksons Canning sigbaar is in die voorgrond.

    

          
"AZANIA" (agter); "SEEDELWER V" (voor)
    

                                  
"SEEDELWER V"
    

    

Afgeneem hieronder op 7 Maart 2024 van links na regs is "Leah", "Thundercat" en "Jakkie V".

     

          
"NORTHERN STAR" (links); "ALANA" (regs)
     

Afgeneem hieronder op 7 Maart 2024 het die seeduikers omtrent al vir jou nes geskop op enige beskikbare plek bo-op die "Northern Star".

     

                                  
"SEEDELWER XI"
     

     

     
   Gooi my sommer met 'n bra...dis of "Topless", of
             "Double D" in die foto hierbo...


Afgeneem hieronder op 6 Maart 2024 in Gansbaai vertoon "Wildegans II" haar pienk geverfde anker wat hang oor die boegroller.

           

       DIE "GANSE" IS OPPAD SEE TOE!

Afgeneem hieronder op 5 Maart 2024 vertek die "Stormgans" gevolg deur die "Rietgans II" vanuit die Gansbaai nuwehawe.

          

          

                     
           
"RIETGANS II"
          

          

  "NANJA" WEER TERUG IN HOEDJIESBAAI

Afgeneem hieronder op 4 Maart 2024 rus "Nanja" (links) weer in Hoedjiesbaai op haar mooring blok nadat die skuit die afgelope paar maande meestal van Yachtport se geriewe gebruik gemaak het. Regs in die foto rus "Christa" op haar mooring.

    

              SACHAL LAAT (nog 'n) NUWE   
               DIAMANTSKUIT TER WATER
                GOOD-LUCK "LADY LIYA"!

Mens sou kon dink ons leef weer in 1964, soos wat die nuwe skuite die afgelope tyd van die blokke af val. Afgeneem hieronder op 4 Maart 2024 by Yachtport in Saldanhabaai word die 47-voet "Lady Liya" ter water gelaat, 'n aanduiding dat die Weskus diamantbedryf tans 'n opbloei herleef soos dekades laas gesien is.

       

     "SEEDELWER III"
SPOEL OP DIE WAL UIT

Afgeneem hieronder op 4 Maart 2024 met eerste lig, lê die diamantskuit "Seedelwer III" op die wal uitgespoel nadat die skuit se mooringblok gebreek het gedurende die nagtelike ure in Port Nolloth se hawegebied.

    

       
    "NOORDEVELD" OPPAD HUIS
                   TOE MET ROOI-OOG

Afgeneem hieronder op 3 Maart 2024 buitekant Sandy Point ploeg "Noordeveld" terug fabriek toe met 'n vrag Rooi-Oog wat hulle daar ver in die noorde loop haal het, sowat 10 seemyle wes van Doringbaai.

    

           
"LOERIESFONTEIN" OP DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 op die Saldanhaskeepshelling blink "Loeriesfontein" in die son, ten spyte van die feit dat goeie pelagiese vangste al die afgelope paar weke al langs die Weskus gemaak is, waarby die skuit nog geen aandeel in gehad het nie.

       

            
"PARACLETE" VERRYS UIT
                     DIE DIEPTES VAN
                SALDANHABAAI HAWE

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 staan die voormalige Onderbaadjie-middelwatertreiler "Paraclete", gedeeltelik uitgetrek op die Saldanhaskeepshelling nadat 'n suksesvolle bergingspoging op die gesinkte romp uitgevoer was, dit nadat die skuit gedurende die nagtelike ure van 17 September 2023 op 'n "misterieuse wyse" langs die kaai losgebreek het, en in die hawegebied gesink het. Van hier af vorentoe sal die "cutting torches" ingespan word en sal "Paraclete" stuk-vir-stuk opgebreek word. Dit bring dan 'n einde aan nog 'n onsuksesvolle hoofstuk, ten einde middelwatertreilers suksesvol te inkorporeer in die Suid-Afrikaanse pelagiese bedryf.

    

    

    

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 lê die "Paraclete" se netdrom en die derrick se wind-as op die Slipkaai.

    

          SEA HARVEST TREILERS BY DIE HUIS

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai was slegs twee stokvistreilers tuis naamlik "Harvest Gavina" en "Harvest Krotoa".

    

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 langs die Sea Harvest jetty in Saldanhabaai word die laaste voorbereidingswerk gedoen voordat die "Harvest Krotoa" sou vertrek het na die Kaapse dokke vir 'n geskeduleerde besoek aan die Robinson droogdok vir algemene herstelwerk en 'n skoon laag verg.

    

            WAT HET JY GEVREET VIR ONTBYT...
                               ROOI-OOG?

    

         "OCEANIC HUNTER" WAG VIR DIE SLIP

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 langs die Presidentskaai in Saldanha wag die besoekende tunapaalskuit "Oceanic Hunter" van Houtbaai, vir haar beurt om die Saldanhaskeepshelling te kan besoek vir algemene herstelwerk.

    

         STOKVISLANGLYNSKUITE IN SALDANHA

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 was twee van die plaaslike stokvislanglynskuite in Saldanha naamlik "Kianga" en "Emerald".

                                               "KIANGA"
     

                                              "EMERALD"
     

Afgeneem hieronder op 2 Maart 2024 langs die Presidentskaai in Saldanha lê twee kreefskuite naamlik "Ghoeriema" (binne) en "El Pescador" (buite).

     

          "WAFRA" EN "STORMGANS" Lê IN
                           DIE OUHAWE

Afgeneem hieronder op 1 Maart 2024 soos gesien vanuit die walskippershuisie in die Gansbaai ouhawe lê "Wafra" onder die aflaaipomp, terwyl "Stormgans" voor haar lê teen die kaai.

                 

                               
"WAFRA"
                 

                           
"STORMGANS"
                 

Afgeneem hieronder op 1 Maart 2024 is die ou langmuur van Gansbaai se ouhawe.

                 

Afgeneem hieronder op 1 Maart 2024 is die visverwerkingsaanleg en koelstore van Dyer Eiland visserye geleë in die Gansbaai ouhawe.


                     

        SACHAL LAAT NUWE DIAMANTSKUIT
                                TER WATER   

            GOOD-LUCK "GABA-IPHIWE"!

Afgeneem hieronder op 20 Februarie 2024 by Yachtport in Saldanhabaai word die 47-voet "Gaba-Iphiwe" ter water gelaat. Nou ja, met 'n naam soos "Gaba-Iphiwe", sit ons dalk nou met 'n tongknoper, maar sy volg op die sukses van talle soortgelyke diamantskuite wat gedurende die laaste jaar of twee deur Sachal vervaardig is waaronder "Nova-Gem", "Rebecca" en "Leah". Weens die huidige trant van 'n gunstige rand/dollar wisselkoers, beleef die diamantbedryf langs die Weskus tans 'n opbloei soos lanklaas gesien, tot in so 'n mate dat talle konsessies wat voorheen as nie-winsgewend beskou is, nou in alle erns weer ontgin word. Sachal het oor die afgelope paar jaar die mark oorheers met hul reeks van skuite onder 45 GRT wat veral gewild is onder diamantduikers, sowel as nuwe toetreders tot die tunapaalbedryf. Tot 'n volgende keer, wanneer die volgende nuwe skuit water toe gaan, en dis nie te ver weg nie - laat die vesels waai en die resin loop!

    

      

                HOUTBAAI, EN DIE 40 SKUITE
                       WAT SEE TOE GAAN

Met die verloop van 19 Februarie 2024 was Houtbaai se hawe 'n miernes van bedrywighede met meer as veertig skuite wat gedurende die dag vanuit die hawe uit geloop het see toe. Hieronder is al die aksie van die vloot se bewegings waarvan daar ook 'n musiekvideo beskikbaar is op die Trawler Heritage hoofblad genaamd "Houtbaai - 19 Februarie 2024".

Weens die samedromming van hordes skuite in Houtbaai op die dag, was daar eenvoudig net nie genoeg lêplek vir almal nie. Hieronder het "Samrock" sowel as "Gregory Justin" die warboel en alewige gerondskuiwery van skuite probeer ontduik, en sommer net dan en daar op anker gaan rus in die baai.

                                      
 "SAMROCK"
    

                               "GREGORY JUSTIN"
    

Afgeneem hieronder langs die Yskaai kreun "Boetie Akie" se houtribbes met vier staalskuite aan buitekant naamlik "Aranos", "Alert III", "Star Crest" en "Wildekus".
     
     

                                "STAR CREST"
           

                                     "BOETIE AKIE"
    

    

                                  "WILDEKUS"
            

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Ruwekus", "Duinekus", "Atlantic Leader", "Hesko" en "Boloko I".

    


                                         "RUWEKUS"
    

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Lisa Ann", "Aranos" en "Adenia", terwyl "Sette Mari", "Noordeveld" en "Silver Bounty" in die agtergrond lê.

    


                                   "SILVER BOUNTY"
    


        
DIE TUNAPAALSKUITE GOOI LOS!

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 loop talle tunapaalskuite vanuit Houtbaai waaronder "Gypsy Rose", "Prospector", "Christina" en "Easy Rider".

                                     "GYPSY ROSE"
    

                                     "PROSPECTOR"
    


                                       "EASY RIDER"
    

                                       "CHRISTINA"
    

     "ATLANTIC ROSE" EN "ANNABELLE ROSE"
                             GOOI LOS!

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai was "Atlantic Rose" en "Annabelle Rose" die eerste van die pelagiese vloot teenwoordig om uit te loop see toe.

                            "ATLANTIC ROSE"

             

         

    
 
 
     HIERT JY, HIER KOM DIE "MONTE BELLO"!
          
NEE WAG, DIS "ATLANTIC ROSE"...


Jislaaik mense, daar begin Trawler Heritage se hart toe sommer vinniger te klop toe die areakode "SH 13" hier voor my verby loop - die einste areakode wat ook destyds deur die "Monte Bello" vertoon was. Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai vertoon die "Atlantic Rose" nou trots vir die eerste keer haar "SH 13" areakode. 

    

                               "ANNABELLE ROSE"

    

    

"ANNABELLE ROSE" (links); "ATLANTIC ROSE" (regs)
    

     "LISA ANN" ONTBLOOT HAAR POCKET

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai wys "Lisa Ann" haar anker se nuwe pocket wat gedurende Desember 2023 tot die skuit toegevoeg was.

    

Afgeneem hieronder skop "Adenia" weg van die kaai terwyl "Aranos" nog aan haar hang, ten einde "Lisa Ann" kans te gee om 'n toetslopie in die baai te gaan maak ten einde die enjin se versiende blower op die proef te gaan stel.

    

         
"ARANOS" (links); "ADENIA" (regs)
    

                                           "LISA ANN"
    

    

    

    

                KREEFSKUITE KOM EN GAAN

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai was daar talle kreefskuite teenwoordig wat besig was om af te laai, aas te laai, diesel te vat, terwyl ander weer ingekom het hawe toe, en ander sommer dadelik weer vertrek het na Slangkop waar hulle kreeffuik-stringe gelê het.

                                        "JENNY-ANNE"
    

                                           "DEREK 1"
    

                                             "ZITA 1"
    

    

                                       "MBAMBATHA"
    

Afgeneem hieronder word daar deeglik seker gemaak dat alles 100% werk onder in "Lisa Ann" se enjinkamer.

    

    

    

        DIE TUNAPAALSKUITE LAAI YS

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai is talle tunapaalskuite wat besig om laaste voorbereidings te tref vir hul opkomende tunapaaltrippe waaronder "Kraken", "Shaya", "Vivian C" en "Gemishkia"

                                          "KRAKEN"

    

                                        
 "SHAYA"
    

                                        
 "VIVIAN C"
    

                                        
 "GEMISHKIA"
    

    
"ROOIGOUD" KRY NUWE KLEURSKEMA

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai spog die gewese kreefskuit "Rooigoud" nou met 'n nuwe wit-en-blou kleurskema vanwaar die skuit die tradisionele grys-en-rooi kleurskema van Lamberts Bay Canning moes prysgee nadat die skuit deur 'n nuwe eienaar oor geneem was gedurende 2023. Die "Rooi-Goud" sal voortaan deel vorm van die tunapaalvloot wat werksaam is vanuit Houtbaai.

                      "NUWE" KLEURSKEMA
         

                         
 "OU" KLEURSKEMA
     

Afgeneem op 19 Februarie 2024 in Houtbaai vertoon "Rooigoud" nuwe houtnaamborde op die agterstewe sowel as 'n nuwe "port of registry" naambord naamlik Saldanha.

     

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai is "Lisa Ann" (links) nog besig met haar toetslopie, terwyl "Samrock" (regs) anker opgetrek het en uit die baai loop.

    

    

    

    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai arriveer die snoekskuit "Kayleigh-Joy" in die hawe.

    

       DIE TRAWLKAMPIOENE GOOI LOS!

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai is dit "Dagbreek" se beurt om die hekkie oop te maak, waarna die res van pelagiese vloot by die hawe se bek uitgestorm het.

                                        
"DAGBREEK"
    


    
 
                                             
"VIVA"
    

    

                                          
"SECHABA"
    

                                      
"TERRASAN 1"
    

                        
"SOUTH WEST FALCON"
    
    
    

    

   
"TERRASAN 1" (links); "SECHABA" (regs)
    

     
"UMFONDINI" (links); "SOUTH WEST FALCON" (regs)
    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 is "Umfondini" oppad in Houtbaai met 'n vrag kreef wat op 100 faam water buitekant Slangkop gevang is.

    

    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai arriveer die snoekskuit "Vicky-Lee".

    

                                
"SILVER DOLPHIN"
    

    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 loop die kreefskuit "Ocean Harvest" vanuit Houtbaai oppad na die kreefgronde buitekant Slangkop.

    

                               
"OCEAN HARVEST"
    

                             
"SILVER KATONKEL"
    

    

    
    
                     
"ATLANTIC ENDEAVOUR"
    

    

        DIE TUNAPAALSKUITE GOOI LOS!

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai vertrek die tunapaalskuite kort op mekaar se hakke waaronder "Gemishkia", "Vivian C" en "Kraken".

                                        
"GEMISHKIA"
    

                                           
"VIVIAN C"
    

                                              
"SHAYA"
    

                                           
"KRAKEN"
    

                                       
"LANGEBERG"
    

                                         
"WILDEKUS"
    

                                         
"KAVALIER"
    

    

                                       
"STAR CREST"
    

    

                                            
"NOSSOB"
    

    

    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai hang "Gregory Justin" se anker onder die boegroller, vanwaar die bemanning besig is om die anker op te trek.

    

                                           
"WILDEKUS"
    

    

                                
"RESTLESS WAVE"
    

    

    

                                         
"ALERT III"
    
                                    
                                   "SILVER BOUNTY
"
    

    

                                     
"NOORDEVELD"
    

                                         
"RUWEKUS"
    

                                         
"DUINEKUS"
    

    

                                         "TOWERKOP
"
    

                                           
"HESKO"
    

    

                             
"ATLANTIC LEADER"
    

                                       
"SETTE MARI"
    

      WAG-WAG NET SO BIETJIE  DAARSO
      "OCEANA PARAGON"
, DAAI'S MOS 'n
                       NUWE RADAR!

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai tussen die rook en stampgeluide van die Caterpillars, gewaar Trawler Heritage 'n nuwe Koden radar op "Oceana Paragon" se wielhuisdak, vanwaar die skuit voorheen toegerus was met 'n Furuno radar.

     

                              "OCEANA PARAGON"
     

Hieronder gaan ons voort met die aksie, vanwaar "Adenia" ook nou los gooi, gevolg deur "Gypsy Rose" en "Boloko I".

     

                                           
"ADENIA"
    

                                        
"GYPSY ROSE"
    

                                        
"BOLOKO I"
    

    

    

    

                                    
"ARANOS"
            

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 buitekant Hangberg van links na regs loop "Atlantic Leader", "Towerkop", "Oceana Paragon", "Duinekus" en "Lisa Ann".

    

    

    

                              "OCEANA NEPTUNE"
    

                             "OCEANA MERCURY"
    

    

              DAAR KOM DIE TOKKELOSSIE!

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024
in Houtbaai is dit duidelik dat iemand tokkelos se
kind op die kaai agterweë gelaat het...Hier kom hy nou aangejaag
agter die skuite aan op sy hydro surfboard - vannag nog, iewerste op die see, gaan hy iemand se siel versondig...

    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 loop die kreefskuit "Umfondini" weer vanuit Houtbaai oppad na die kreefgronde buitekant Slangkop.

    

                                        "UMFONDINI"
    

                                              "COVI II"
    

                           "SOUTH WEST HERON"
    

    

      DIE KREEFVLOOT KOM TOT RUSTE

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai maak talle kreefbemannings gereed om te gaan rus kort nadat hulle aas en diesel ingeneem het waaronder "Derek 1", "Zita 1", "Mbambatha" en "Jenny-Anne".

                                           "DEREK 1"
    

                                                "ZITA 1"
    

                                      "MBAMBATHA"
    

                                       "JENNY-ANNE"
    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai is die tunapaalskuit "Djanga" besig om ys te laai.

    

      "BALUGURU" - A TASTE OF PORTUGAL!

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai vertoon die tunapaalskuit "Baluguru" nou 'n nuwe rooi-wit-groen kleurskema, vanwaar die skuit voorheen 'n blou-en-groen kleurskema vertoon het.

                             "NUWE" KLEURSKEMA
    

                                 "OU" KLEURSKEMA
    
    

    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 buitekant Houtbaai is "Baluguru" oppad see toe, terwyl "South West Falcon" (regs) weer oppad terug hawe toe loop, weens 'n meganiese fout aanboord.

    

                          "SOUTH WEST FALCON"
    

    

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai loop die tunapaalskuit "Django" weer terug na die Hout Bay Boat Yard, kort nadat hulle klaar ys gelaai het.

    

                     SKUITE LANGS JETTY NO.3

Afgeneem hieronder 19 Februarie 2024 in Houtbaai het talle skuite gelê langs Jetty No.3 waaronder "Alalunga", "Maine", "Tamara", "Elandsberg", "Puffin", "Gary", "Waterbaby" en "Western Explorer" om net 'n paar name te noem.

    

                                          "TAMARA"
    

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Maine", "Alalunga" en "Tamara".

    

                                      "ELANDSBERG"
    

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Silverfern", "Endurance", "Southern Tiger" en "Radiant Star".

    

                                        "EQUINOX"
    

                                            "THORFIN"
    

                                       "SEA HUNTER"
    

                                        "TIYALINA"
    

                                          "LEAH CRUZ"
    

                                        "ILDA"
            

      STOKVISLANGLYNSKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 is talle stokvislanglynskuite teenwoordig in Houtbaai waaronder "Oceana Amethyst", "Cape Frio", "Estrela Do Mar", "Captain De Sousa", "Monnickendam" ,"Shivon", "Valhalla" en "Esra Cruz".

                                         "VALHALLA"
    

                                           "AQUILLA"
    

                                "ESTRELA DO MAR"
    

                                              "SHIVON"
    

                                          "ESRA CRUZ"
    

               ONS GROET VIR "ANNELIESE"

Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 op Houtbaaiskeepshelling is die laaste oorblyfsels van die "Anneliese" vanwaar daar nog steeds gepoog word om die skuit finaal van die skeepshelling te verwyder. Al wat nog oor is, is die kiel, 'n paar ribbe sowel as die bakboord dieseltenk.

    

               "MARCON" SINK ALWEER!
           
Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai lê "Marcon" se skeg alweer vas in die modder, nadat die skuit water in die enjinkamer begin maak het. Hierdie skuit gaan net aanhou drama maak totdat die eienaar geheel en al moed opgee, en die skuit netso agterweë laat...

    

              "OUMA"
WORD GE-STRIP!
           
Afgeneem hieronder op 19 Februarie 2024 in Houtbaai is die "Ouma" nou basies net 'n leë dop, nadat alle waardevolle items vanaf die skuit verwyder (gesteel) is. Reeds gedurende Oktober 2022 het Trawler Heritage die skuit se status van "aktief" tot "onaktief" aangepas, maar soos wat dinge tans daarna uitsien, sit ons met nog 'n groot kopseer...

    
  
     Selfs die whale back se handreëlings
                      het ook voete gekry...


           EERTYDSE TROTS VAN GANSBAAI
                   VERGAAN IN HOUTBAAI 

Hierso kom Trawler Heritage met 'n ruk tot stilstand - daar is geen, maar soos in geen woorde om te beskryf wat deur 'n man se gemoed gaan om twee eertydse trotse "ganse" van Gansbaai in hierdie kondisie te sien nie. Op hul dag was beide top skuite - in top kondisie. En hier staan ek, en wens ek kon vir beide "Edelweiss" en "Merlene" net hier in my sak druk en saam met my vat huis toe...

    
Hoeveel nagte was daar nie gewaak gewees oor hulle wanneer Gansbaai se noordweste storms gedreig het om hulle weg te vat nie, hoeveel gebede was nie stilletjies opgesê dat hulle mooring blokke net moet hou nie, pak nog 'n tyre-tjie uit, sit nog 'n kettingstrop uit, net om te moet sien hoe alles tot niks kom nie, hier in Houtbaai.      

Afgeneem hieronder gooi "Edelweiss" selfs 'n ringboei in die water...

    

    

                 SKUITE OP SALDANHA SE SLIP

Afgeneem hieronder 17 Februarie 2024 was drie skuite teenwoordige gewees op die Saldanhabaaiskeepshelling naamlik die twee Laaiplek-skuite, "Loeriesfontein" en "Eigeveld" asook die tunapaalskuit "Oceanic Hunter", afkomstig van Houtbaai.

       "LOERIESFONTEIN"
(voor) "OCEANIC HUNTER" (agter)
   

        "EIGEVELD"
(voor); "OCEANIC HUNTER" (agter)
 

         "KOLGANS"
ONDER DIE AFLAAIPOMP

Afgeneem hieronder op 13 Februarie 2024 laai "Kolgans" 'n vrag Rooi-oog af by Gansbaai Marine, terwyl die res van die vloot weer gereed maak om see toe te gaan.

            

Afgeneem hieronder op 13 Februarie 2024 fynkam die "ganse" die see na enige teken van vis, met "Rietgans II" (links) en "Berggans" (regs) wat help met die soektog.

             

             

 DIE TRAWLKAMPIOENE KOM SKUIL BY DASSEN

Afgeneem hieronder op 12 Februarie 2024 kom gooi "Towerkop" anker af in Huisbaai voor Dasseneiland, terwyl die res van die vloot in die agtergrond ook oppad eiland toe is vanwaar die vloot vir die dag sou kom skuil het.

       

Afgeneem hieronder op 12 Februarie 2024 is Huisbaai vol gepak met 17 pelagiese skuite wat op anker rus. En nou gaan Trawler Heritage braaf wees en elkeen van hulle identifiseer...van links na regs lê "Atlantic Endeavour", "Silver Bounty", "Silver Dolphin", "Oom Arthur", "Nossob", "Antonie W II", "Towerkop", "Silver Challenger", "Silver Katonkel", "Oceana Concorde", "Umfana", "Alert III","Oceana Neptune", "Kavalier", "Wildekus" en "Terrasan 1".

        

Met Huisbaai wat vol gepak lê van skuite, was daar nie plek vir "Adenia" nie, wat geen ander keuse gehad het om aan die suid-ooste kant van die eiland te moes gaan lê het nie, met 'n onbelemmerde uitsig oor Dasseneiland se lighuis.   

       


       

       WELKOM IN HOUT(WRAK)BAAI!

Wanneer dit kom by die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse visbedryf, staan Houtbaai tans loshande voor in die ry. Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 is talle voorbeelde van skuite en infrastruktuur wat tot niet gaan. Kom ons gaan stap eers 'n draai in die hawe, wat tans meer soos 'n oorlogsone daarna uitsien, voordat ons 'n draai gaan maak by dit wat nog dryf...

                 "MARCON"
DRYF WEER!
                (MAAR NIE VIR LANK NIE)

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 dryf "Marcon" weer hoog en droog langs die Slipkaai na 'n suksesvolle bergingspoging, vanwaar die skuit elders in die hawe langs die kaai gesink het.

     

     

Afgeneem hieronder is hoe sake tans daarna uitsien onder die whaleback.

     

Afgeneem hieronder het hierdie vlekvryestaalpyp wat bo-op die netguard vas gesweis was ook voete gekry...

     

Afgeneem hieronder het daar nie veel oorgebly van waarde nadat alle bruikbare toerusting verwyder is en op die "Ukuloba" gemonteer was.

     
Trawler Heritage het 'n meeutjie op die wielhuis se dak hoor skyt wat beweer dat "Marcon" ingerig gaan word as 'n drywende restaurant.
Trawler Heritage het nog altyd sy bedenkinge gehad oor sulke sinnelose besigheidsbesluite, en daar is talle voorbeelde daarvan wat nie solank terug heeltemal misluk het. Hier verwys ek natuurlik na wat met "Groenveld II" en "Drakenskop" gebeur het. Die feit van die saak staan so: hoeveel blikkies bier moet jy verkoop om genoeg kapitaal te genereer om een enkele rompplank te vervang wanneer instandhouding benodig gaan word? Laat staan asseblief hierdie besigheidskonsep - dit werk net nie in Suid-Afrika nie!


         "GRANT"
LOOP DEUR ONDER VANDALE

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 langs die Slipkaai in Houtbaai is dit duidelik dat talle van die bulwark plankies op "Grant" se bakboordsy doelbewus uitgeslaan is...vir wat, vir vuurmaakhout? Die skuit gaan lankal nie meer see toe nie, en geen ander skuit het oor die afgelope paar maande langs "Grant" vasgemaak nie. Wat mens egter meer bekommerd maak is die kalfaat wat uit die nate hang - Trawler Heritage reken dis nou net 'n kwessie van tyd voordat Houtbaai nog 'n wrak ryker is...

    

Ja-nee wat, dis nou tipies Houtbaai vir jou. Daar het "Grant" se silencer box ook nou voete gekry...

    
Die "pipe clamps" sal hulle seker vannag kom afhaal?...Hier in Houtbaai word niemand niks gegun nie!

                 
DIE LAASTE OORBLYFSELS
                      
 VAN "DAVID LURIE"

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in Houtbaai lê die laaste oorblyfsels van die voormalige sardynskuit "David Lurie" se planke nog op die kaai vergete...

     

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in Houtbaai tydens laagwater steek die "Spes Nova" bokant die water uit, voordat sy weer met hoogwater onder die water sal verdwyn...

             
        
                     
                  ONS GROET VIR "ANNELIESE"

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 op Houtbaaiskeepshelling is die laaste oorblyfsels van die "Anneliese" vanwaar daar nog steeds gepoog word om die skuit finaal van die skeepshelling te verwyder. Al wat nog oor is, is die hold partition sowel as die bakboord dieseltenk.

            


                              
HOLD PARTITION
    


                       PORT SIDE DIESELTENK
    


        
S.A. SEA PRODUCTS SE FABRIEKSMURE
                           AAN DIE VERDWYN

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in Houtbaai is daar nog duidelike tekens dat selfs die bakstene nou uit die mure gesteel word uit die murasies van die voormalige vismeelfabriek van S.A. Sea Products.

    

    

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in die voorgrond is al wat nou oorgebly het van die fabriek se aflaaisisteem - net leë fondasies, die res is weg gedra...

    

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in Houtbaai steek net 'n stukkie van 'n gegalvaniseerde paal nog bokant die grond uit. Hierdie einste paal het deel gevorm van 'n CCTV sisteem wat nie te lank gelede in die hawegebied geinstalleer was nie, maar waarvan die paal tesame met die CCTV kamera met bedrading en al nou afgesaag en in die niet verdwyn het.

    


       "MARTIN J"
SIEN HAAR GAT (LETTERLIK)

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 voor die Houtbaaiskeepshelling is hoe die kondisie van die "Martin J" tans daarna uitsien, nadat iemand dit goed gedink het om die skuit teen die bakkiekaai te loop vasmaak het...

              

     

Afgeneem hieronder is dit duidelik dat een van Houtbaai hawe se bekendste bakens, die ystoring ook nou die einde van sy leeftyd nader, vanwaar die wind die sypanele tot in so 'n mate verrineweer het, dat mens dwarsdeur die struktuur kan sien, soos in hierdie geval, die hele "accumulator" tenk wat nou oop en bloot staan.

     


             "KIEWIET"
GOOI 'n REDDINGSBOEI UIT

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 bo-op "Edelweiss" se whaleback lê 'n vergete ringboei afkomstig van die "Kiewiet" wat in die hawegebied gesink lê.

    

       
              KOM LAAT ONS SMOKKEL

Benewens die hardertjies wat bo-op "Edelweiss" swem, val die klem op die enorme perlemoendop wat ook bo-op die skuit se dek lê, en kom laat ons nou eerlik wees, daai dop lê nie al langer daarso as 'n dag of twee nie. Iewerste het die duikers afgekom op 'n kolonie groot perlemoene...

     


                           DIT WAT OOR IS VAN
                 "EDELWEISS"
EN "AFRICA UNITY"

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 is die hartseer gesig om vir "Edelweiss" en "Africa Unity" so te sien lê - dis oor, dis klaar, dis verby!

    


    


    


  
        HIER STEEK 'n LELIKE DING SY KOP UIT!

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in Houtbaai gaan Trawler Heritage nie name noem nie, maar wie'de bliksem gebruik "coach screws" om sy skuit se planke aan die rame mee te heg? En, dan word dit nog ewe geseël ook nog met poly putty...Huh?!

    

       

           
C-CRAFT LAAT NUWE SKUIT TER WATER
                        GOOD-LUCK "SHAYA"!

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 is die 45-voet "Shaya", die nuutste toevoeging tot die tunapaalvloot wat werksaam is vanuit Houtbaai. Die "Shaya" is gebou in die C-Craft skeepswerf in Houtbaai, waarvan die boustyl en lyne gebaseer is op haar voorganger, die "Maverick" wat gedurende 2022 ter water gelaat is.

    

Wat aanvanklik meer soos 'n vuil tyre-streep op die skuit se kop vertoon het, het Trawler Heritage die kamera laat in-zoom, waarna 'n impi-kryger sy verskyning gemaak het, tesame met die "A" letters wat in die vorm van 'n spiespunt vertoon word. It's all in the detail, soos hulle sal sê, maar soos al telkemale vantevore op Trawler Heritage bewys is, werk tierlantyntjies soos hieronder uitgebeeld doodeenvoudig nie op kommersiële vissersbote nie. Aanvanklik sal dit 'n glimlag of twee uitlok, maar op die lange duur is die instandhouding van sulke tierlantyntjies net een groot kopseer, tensy jy natuurlik 'n goeie konneksie het met 'n "signwriter".

    

             KREEFVLOOT Lê IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in Houtbaai was talle kreefskuite teenwoordig waaronder "Ocean Harvest", "Plettenberg", "Derek 1", "Zita 1", "Mbambatha" en "Potberg" om net 'n paar name te noem.

    

    

Afgeneem hieronder van links na regs lê "Patrysberg", "Potberg" en "Paulsberg.

    


            "PAULSBERG"
(links); "POTBERG" (regs)
    


                                 "SUD WEST"
    


Afgeneem hieronder van links na regs lê "Jenny Anne", "Mbambatha", "Southern Horizon", "Zita 1" en "Derek 1".

    

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 vertoon "Mbambatha" 'n effense gehawende rubbing band op stuurboord.

    


                                   "SWORDFISH"
    


                               "OCEAN HARVEST"
    


                     
NUWE KLEURSKEMAS VIR
                            "PLETTENBERG"


Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 in Houtbaai vertoon die "Plettenberg" se bulwarks nou 'n blou kleurskema, vanwaar die skuit voorheen 'n wit kleurskema vertoon het, terwyl die whaleback nou 'n wit kleurskema het, teenoor die vorige blou kleurskema.

                             "NUWE" KLEURSKEMA
        
 
En net daar kry Trawler Heritage sommer weer heimweë oor ou "Blougans"...seker maar net 'n Gansbaai ding?

                                
"OU" KLEURSKEMA
        

           
STOKVISLANGLYNSKUITE IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder op 10 Februarie 2024 is talle stokvislanglynskuite teenwoordig in Houtbaai waaronder "Oceana Amethyst", "Cape Frio", "Estrela Do Mar", "Captain De Sousa", "Monnickendam" ,"Shivon", "Valhalla" en "Esra Cruz".

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 is die "Cape Frio" besig om ys te laai vir 'n opkomende stokvis-trip.

    

                            "OCEANA AMETHYST"
    


                              "CAPTAIN DE SOUSA"
     


                          "MONNICKENDAM"
            


Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 is die "Boloko I" besig om ys te laai en laaste voorbereidings te tref vir 'n opkomende stokvis-trip.

     

          NUWE "AUTOMATED BAIT SHOOTER" VIR
                             "ESTRELA DO MAR"

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 in Houtbaai word daar nou van 'n "automated bait shooter" gebruik gemaak aanboord van die "Estrela Do Mar".

    


                            "ESTRELA DO MAR"
    


       
GOOD-LUCK "CAPE FRIO" EN "BOLOKO I"!

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 vertrek beide die "Cape Frio" sowel as "Boloko I" vanuit Houtbaai na die stokvisgronde wes van Robbeneiland.

                                   "CAPE FRIO"
    


    


                                       "BOLOKO I"
    


    


               
DIE NUWE GESIG VAN "ESRA CRUZ"!

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 vertrek die "Esra Cruz", wat oor die afgelope paar maande ekstensief herbou was in Houtbaai hawe op 'n stokvis-trip. Benewens 'n nuwe groen kleurskema, spog die skuit ook nou met 'n splinternuwe wielhuis sowel as whaleback.

Aai-ai-ai! Instede daarvan om vir die crew te wys hoe mooi "Esra Cruz" nou lyk, word die uitsig belemmer deur seile...voertsek!

    


                                    "ESRA CRUZ"
    


    


    


            
          SKUITE LANGS JETTY NO.3

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 in Houtbaai het talle skuite gelê langs Jetty No.3 waaronder "Alalunga", "Maine", "Langeberg", "Elandsberg", "Puffin", "Gary", "Waterbaby" en "Western Explorer" om net 'n paar name te noem.

     

                                   "ALALUNGA"
    

                         "CAPTAIN DE SOUSA"
    

       "ELANDSBERG"
(links);"LANGEBERG" (regs)
    

                                         "ALBATROS"
    

                                    "MAINE"
            

                                      "WATERBABY"
    

Afgeneem hieronder van links na regs is "Braveheart", "Albatros" en "Captain De Sousa".

    

                                         "PUFFIN"
    

                            "WESTERN EXPLORER"
    

                                         "DR.FISH"
    

                                     "TIGERFISH"
    

                                        "GARY"
    

                                       "HOOKED"
    

Afgeneem hieronder van links na regs is "Seawin Sapphire", "Seawin Ruby" en "Hooked".

    


                "LANGEBERG"
SE BOEGPLAAT
                         WORD SKERP GEMAAK

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 in Houtbaai toon die rooi sirkel aan dat "Langeberg" se boegplaat "skerp" gemaak is...die skuit sal darem seker so 'n kwart-knoop meer haal as voorheen, of hoe?

           


                                       
"LANGEBERG"
    


   
                     "SAT NAV DOMES" SKIET
                         OP SOOS PADDASTOELE!

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 in Houtbaai is dit duidelik dat daar nou ongekende "sat nav" koors is onder die tunapaalskuite, vanwaar talle skuite nou daarmee toegerus word, soos aangetoon in die rooi sirkels.

     
        Duidelik kan 'n mens sien wie is deel van die
             "cool groepie" in die Houtbaai-vloot...

              
TUNAPAALVLOOT IN HOUTBAAI

Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 was talle tunapaalskuite teenwoordig in Houtbaai waaronder "Fearless", "Maverick", "Grey Ghost", "Atlantic Hunter", "Tiyalina", "Common Wealth", "Covi II" en "Tiyalina" om net 'n paar name te noem.

    

    


                                  "GREY GHOST"
    
    
                                    "MAVERICK"
    

            "FEARLESS"
(links);"HOTLINE II" (regs)
    


                                     "NICKY B"
    

                         "COMMON WEALTH"
    

                                "SILVERFERN"
    


"SOUTHERN TIGER"
(links);"FRENCHY MARIA" (regs)
    

                           "SEA HUNTER"
          


    


                            "RADIANT STAR"
    


Afgeneem hieronder 10 Februarie 2024 in Houtbaai van links na regs lê "Prospector", "Easy Rider", "Christina" en "Django".

    
                      
                               "JULIETTE"